1996 4.2 SGL Petrol : Extreme workhorse
Posted: 08 Oct 2013 20:43
Ek wil graag hierdie deel met die forum.
(Terloops ek het die 4.2 Diesel weergawe - iDonki)
So twee weke gelede besoek ek St Helenabaai aan die Weskus. Loop daar n man raak met 96 Patrol soos myne maar die 4.2 petrol (groene). Het al n paar honderd duisend km op, alles oorspronklik. Hy vang professioneel vis oral oor. Hy sleep n 28vt Cape Craft snoek boot oral waar hy moet wees met daai Patrol. Dit is n reuse skuit en weeg n hele paar ton. Hy reken ek moet die rig sien wanneer hy nog 1500 snoek ook op die boot het. Daardie hele storie moet uit die water kom sleephelling op en dan nog die pad vat ook. Ek kan nie glo dat so n voertuig dag in en dag uit sulke werk kan doen sonder om doodeenvoudig net te breek nie. Boonop in n soutwater omgewing dag en nag. Al wat hy nog vervang het nou die dag was die koppelaar.....vir die eerste keer en volgens hom was dit nie heeltemal nodig nie. As ek hom weer raakloop wil ek hom tog oortuig om n post op hierdie forum te doen.
Verstommend !!