Page 1 of 1
Sub Tank pomp werk nie.
Posted: 08 Aug 2013 15:43
by Christo Grobler
Op my pad terug van botswana na my episode met die air-con pulley bearing kom ek agter my sub tank wil nie oor pomp nie . Ek het klaar die Fuse gecheck dis reg en daar is 12 V . Maar as ek die switch druk gebeur daar niks. Volgens wiring diagram kom dit van die sub tank fuel control relay af . Het enige iemand n idee waar sit hierdie relay. Gelukkig is die Diesel nou daram al oor R13/lt lt terwyl ek R8.90 /lt ingegooi het in Botswana. so ek spaar terwyl ek die fout soek.
Re: Sub Tank pomp werk nie.
Posted: 08 Aug 2013 16:48
by Alex Roux
Hi Christo
Ek het al meer as eenkeer die issue gehad.
Daar is 'n draad wat loop vanaf net bo die subtank af. Die subtank is die een onder die voete van die kind wat reg agter die bestuurder sit.
So dit is moontlik 'n kontak fout net daar bo die subtank waar hy koppel.
Die tweede potensiele probleem is dat jy eenvoudig net die kar se battery moet ontkoppel vir omtrent 5 minute (of 10 minute net om seker te maak) - dit bring die kar se elektriese stroom tot 'n total shut down.
Herkoppel en "Bob's your president", die switch werk weer.
Ongelukkig sal jy dan net weer jou radio moet instel.
Re: Sub Tank pomp werk nie.
Posted: 08 Aug 2013 18:29
by Kagiso II
di eradio se "lock" kode is ** **** ** * [maar dis in die DiensBoekie geskryf ook :-)

Re: Sub Tank pomp werk nie.
Posted: 09 Aug 2013 16:47
by Christo Grobler
Dankie ek gaan dit soek en probeer sal laat weet as ek reggekom het, Groete.
Re: Sub Tank pomp werk nie.
Posted: 27 Aug 2013 13:43
by Christo Grobler
Het Uiteindelik die sub tanlk pomp weer aan die werk gekry . 1 doen fault dianostics ,wys geen fout nie . 2 Konnek 12v direk op pomp ,dit werk . 3 Strip die hele dashboard om by sub tank control module uit te kom ,sealed unit kan niks sien nie. 4. besluit om kan in te vat , pomp helfte van tank manual oor diskonekteer battery vir 24 uur sit als weer aanmekaar en jou wragtie daar werk dit weer. Ten minste weet ek nou waar sit die module en pomp sou dit weer gebeur bypass ek net die module direk na die pomp toe met n fuse in. Groetnis.

Re: Sub Tank pomp werk nie.
Posted: 27 Aug 2013 14:33
by Herrie
Mooi man ek is bly jy het reg gekom!
Re: Sub Tank pomp werk nie.
Posted: 27 Aug 2013 15:27
by Alex Roux
So die ding sou weer gewerk het, as jy net die battery gediskonnekteer het?
Re: Sub Tank pomp werk nie.
Posted: 27 Aug 2013 20:18
by Tinus lotz
Miskien net n swak konneksie gewees of n realy wat gestick het?
Re: Sub Tank pomp werk nie.
Posted: 02 Sep 2013 00:24
by Kagiso II
Nee wat Christo -- daai ding breek te veel -- iemand het jou n pampoen gerol met die stuk roobies .. verkoop hom of skenk hom vir sending en kry vir jou n lekker nuwe Tyota ..
[dis oor 12 inni nag .. k weet'ie meer mooi wat 'k sĂȘ nie ... ]