Page 1 of 1
Damaraland routes
Posted: 20 Dec 2012 13:08
by Rooin
Hi guys,
I am planning a trip to Damaraland during Mar/Apr 2013. I've previously explored the areas from Swakopmund to Twyfelforntein up to Etosha, would like to see the areas more to the east but still west of Windhoek, as well as the Khomas Hochland area. Could anybody please advise me on where there are good campsites in the above areas? We will probably be able to go for about 16 or 17 days.
Regards
Riaan
Re: Damaraland routes
Posted: 20 Dec 2012 14:51
by Jorrie
Riaan
Daar is twee boek wat jou sal kan help:
1.
Getaway Guide to Namibia. Dit is 'n goeie algemente gids wat die meeste van jou vrae sal antwoord en is te koop by OutdoorWarehouse vir R169.95.
Hierdie boek gee 'n hele paar verwysings en webblaaie aan wat baie behulpsaam sal wees.
2.
4x4 Roetes in Namibie deur Jan H. Joubert. Hieride is 'n detail gids vir 4x4 Roetes in Namibie en is te koop by Safari Center vir R230.00.
Sterkte met die beplanning. ek is hoeka besig met soortgelyk beplanning vir ' trip na die suide van Namibie in Jun 2014.
Groete

Re: Damaraland routes
Posted: 17 Jan 2013 16:02
by Riaang
Dankie vir die inligting Jorrie.
Ek het intussen kontak gemaak met 'n persoon genaamd Johan Strydom, hy het alreeds 'n boek gepubliseer oor die Kaokoveld en gaan binnekort een uitbring oor Damaraland. Hy het vir my een van die roetes wat hy in sy boek gaan gepubliseer gestuur, lyk lekker. Ek wil 'n kombinasie doen van bekenderige kampe en boskamp. Probleem is net dat ek niemand het om saam te kom nie, gaan dit dalk uitstel na Jun/Jul 2014 wanneer die riviere droog is.
Groete
Riaan
Re: Damaraland routes
Posted: 17 Jan 2013 17:11
by Jorrie
Riaan
Jy kan ook na die InfoMaps van Namibie, die Koakoland en Boesmanland kyk. Die kaarte bevat waardevolle inligting wat handig te pas behoort te kom. Die InfoMaps is te koop by OutdoorWarehouse.
Weg! tydskrif gee elke jaar 'n Namibie Gids uit. Die 2012-Gids dek van die areas wat julle wil besoek, onder andere Damaraland, Kaokoland, Etosha, Caprivi, ens, en gee goeie informasie oor moontlike kampplekke. Die Gids is by die meeste Spar winkels beskikbaar.
Ek verstaan die 2013-Gids behoort teen middel Maart beskikbaar te wees.
Geniet die beplanning.
Groete
