Page 1 of 5

Patrol GQ pryse

Posted: 22 Nov 2012 16:24
by marakasmalan
Dagsê Alamal!

Kan almal wat onlangs 'n Patrol GQ verhandel het, gekoop het of kennis dra van sulke transaksies onlangs, vir ons laat weet wat was die verkkoopprys?

Die ouens raak deesdae heel gierig, GQ's sonder ekstras adverteer hulle vir R85. Sorry boys, too much - dan kan mens eerder bietjie meer spandeer en 'n GQ koop.

Almal sê die trollies is nog mooi. Ja, goed en wel, maar as 'n voertuig 16jaar oud is, is hy nie meer nuut nie, al lyk dit hoe mooi. 300k km dan is die ding beslis nie meer "soos nuut" nie, Patrol reliability of te not, want jy gaan iewers wiellaers, koppelaar, etc etc moet vervang.

Verder, met die huidige petrolprys ver

R85 000 is myns insiens te veel vir 'n '96 met 250 000km op, behalwe as die ding "fully kitted" is.

Ek sal begin:

1. '94 Patrol petrol, 280k km, Iron man suspension, als buiten elektriese spieëltjies werk, ekstras: 1 spaar clutch. en die ou het voor ek gery het vir my R100 gegee vir 'n wielspanner R55 000 transaksie Okt 2010

Re: Patrol GQ pryse

Posted: 22 Nov 2012 18:05
by Peter Connan
I think I was the fool driving the prices up...

R100k for a '96 with 210k km with OME suspension, dual battery system (a crappy one I had to rebuild from scratdh) and 200l fuel tanks. Everything except the diff-lock worked but the tires were the worst ever made and all the rims were cracked. There was no service history either. We live and learn, but I am mos an impacient kind of sucker. This was in Feb 2009 I think.

Re: Patrol GQ pryse

Posted: 22 Nov 2012 18:38
by Stefaansie
Howdy,

Peter, jy kan by my kom leer van "impatient" :blonde:
Ek het met my hart gekoop. Het op daai stadium n HB D/C besit met n paar probleempies, soos bv n flimsy ratkas. Die ding was seker R150K werd en het toe gedink R120K(afgestry van 139K) was n bargain vir n "indestructable" PATROL.

96 SGL-D, SAC after market turbo, climate controll etc, basies full-house, net nie leer sitplekke en diff lock nie, en ook geen ekstras nie, maar 119000 km op die clock was ook baie aanloklik, want sien hiedie voertuig gan nou by my bly tot die wielle af kom. Hopelik oor nog 15 jaar.

Ek kan nog so bietjie my gat skop oor die kopie, maar dis gedoen. Daas mossie pille vir domgeid nie.

Re: Patrol GQ pryse

Posted: 22 Nov 2012 18:39
by Stefaansie
O ja, dit was Dec 2011.

Re: Patrol GQ pryse

Posted: 22 Nov 2012 21:10
by Kagiso II
ja, ek het ook vanoggend 'n aanbod op Boezman gekry .. R60 K... Maar die omie skryf dadelik by - Hy besef die 'ekstras' op Boezman is baie -- en se ek behoort hom met gemak uit die hand te kan verkoop vir ± R100 K

Aldus, Boezman gaan mark toe - ek ek soek my silly na 'n 4x4 met ruimte vir 5 volwassenes. [Sover wen Navara loshande]

Re: Patrol GQ pryse

Posted: 22 Nov 2012 21:17
by marakasmalan
Hallo Stefaans,

Maar vir 119km het jy goed belê. Ja, ok, die enjins hou vir ewig, maar as dit jy is wat na die enjin kyk en diens en die ding bearbei hou dit vir ewig en nog 2 jaar.

Dis wat ek sê, as die ding 350 000km op het, weet jy nie, jy dra die risiko, daar is 'n waarde aan daardie risiko = jy kort 'n paar pitte in jou sak. Daarom kan jy nie te baie betaal vir die patrol nie.

Myne het 'n interkaap trip na Upington toe ingesluit, gekoop by een van daardie boere vir wie die illuminati en die FBI lig loop. Kom daar aan, toe sê ek vir die Oom ons moet nou bank toe dat ek hom kan betaal, hy reken toe hy sit nie sy voete in 'n bank as dit einde van die maand is nie, ek moet hom maar die maandag betaal as ek terug in die kaap is. Kom in die kaap, toe moet ek hoor die bank het na die briefie wat gesê het ek is "vooraf goedgekeur" eintlik my lening afgekeur... Ek moes bel: "Uh, uhm, sorry Oom maar hier is so 'n klein probleempie..." Toe ry ek vir 'n maand lank nagskof lorries en in die dag probeer ek wakker bly by die werk.

Offroadbiker Dirk het nou wel 'n goeie deal gestrike, 2012. Ek dink ons gaan nog 'n paar sulke gevalle sien, dink die geleerde mense noem dit "stresverkope".

Kostes gaan op, ons geld word minder werk en mense gaan sny aan luukses. Maar in ons omgewing is die trollies meestal noodsaaklikhede, mos nou nie so erg as die kind sonder skoene deur die winter gaan nie...

Lekker aand manne!

Re: Patrol GQ pryse

Posted: 22 Nov 2012 21:22
by marakasmalan
Hallo Oom Mac,

Sorry, maar van ons is nog groentjies hier rond: update ons net so 'n bietjie:

Lobos is 'n Safari wat 'n pers-man eens op 'n tyd by Oom geruil/(bruikleen?) vir 'n Camry en oor die storie in die Weg of iewers geskryf het? Is die weer terug by Oom.

Dan is Boezman 'n wat? Daardie Camil Dubbelkajuit nissan, wie is dit?

Dit was mos eers Weg, toe kom Wegry, maar nou is die nie eens goed genoeg vir die LR manne nie, hulle soek nou hulle eie ene: "Wegsleep" :rolling:

adios

Re: Patrol GQ pryse

Posted: 22 Nov 2012 23:17
by Kagiso II
marakasmalan wrote:Hallo Oom Mac, - Jis daar M M

Sorry, maar van ons is nog groentjies hier rond: update ons net so 'n bietjie:

Lobos is 'n Safari wat 'n pers-man eens op 'n tyd by Oom geruil/(bruikleen?) vir 'n Camry en oor die storie in die Weg of iewers geskryf het? Is die weer terug by Oom. - Heeltemal korrek -- LOBO wat toe nou nie so 'n Robbies is nie [maar die skewe pulley het sy toll ge-eis. LOBO het big-end bearing ge moer 2 weke gelede [ek navors eers die implikasies om hom te STROKE]

Dan is Boezman 'n wat? Daardie Camil Dubbelkajuit nissan, wie is dit? Boezman is daai Camil met Rewolwer Shackles Dubbelkajuit Diesel Datsun bakkie .. hy se naam is BOEZMAN [registrasie is Kagiso]

Dit was mos eers Weg, toe kom Wegry, maar nou is die nie eens goed genoeg vir die LR manne nie, hulle soek nou hulle eie ene: "Wegsleep" :rolling: -- he h ehh WEGSLEEP is al laaaankal oppi rakke :biggrin:

adios

Re: Patrol GQ pryse

Posted: 23 Nov 2012 07:12
by offroadbiker
MarakasMalan - '94 Patrol petrol, 280k km, R55 000 : Iron man suspension, als buiten elektriese spieëltjies werk, ekstras: 1 spaar clutch. - Okt 2010.

Peter Conan - 96 Patrol petrol, 210k km, R100 000 : OME suspension, dual battery system and 200l fuel tanks, - Feb 2009.

Stefaansie - 96 SGL-D, 119k Km, R120 000 : SAC after market turbo, climate controll etc, basies full-house, net nie leer sitplekke en diff lock nie, geen ekstras, - Dec 2011

Dirk (ORB) - 96 Patrol petrol, 224k km, R70 000 : Iron man suspension, air suspension, front lockers; bullbar; roofrack met high lift jack; rock sliders; duel battery system; onderste bash plate; spot lights; 28 MHZ radio; Snorkel; goeie sound system; nuwe radiator, nuwe clutch deur Nissan, 6 mags met 33" Cooper STT (20 000km) - Sep 2012

DavidT - 96 4.2 SGL, 245k km, R65 000 : bullbar, laai sisteem vir 2de battery en long range tank, bande was nie meer goed nie, - 2011.

Rudolph - 96 4.2 petrol, 322k km; R73 000 : TJM suspension, bullbar met winch en spots, mags met BF A/T in goeie kondisie gewees, interior oorgedoen deur Wild Africa, alles het gewerk behalwe die difflock - Maart 2009.

Re: Patrol GQ pryse

Posted: 23 Nov 2012 07:39
by DawidT
Hi Julle,

My 1996 4.2 SGL in 2011 gekoop vir R65 000. Het n bullbar op gehad en n laai sisteem vir 2de battery en long range tank, het omtrent 245 000 km op klok gehad. bande was nie meer goed nie, gekraak maar loopvlak nog OK.