Speel innie Duine te Richardsbaai
Posted: 15 Sep 2012 19:00
Nou ja toe ons Eshowe trip uitreen het Donald besluit ons moet by die Dros vanoggend n buffet ontbyt gaan eet ( slegs R40pp eet soveel soos jy kan ). Tydens ontbyt besluit aangesien die lorries gelaai is laat ons maar bietjie gaan ry. Ongelukkig was dit net Donald , Pieter en myself en Johan Pille het n vinnige draai in sy Safari gemaak. Johan Pille is nou n Patrol vlooteienaar met n 1986 Safari, 1995 GQ Patrol en n 1998 GU 4.5 Patrol
Ons het innie gerehabiliteerde duine van RBM gery en op een of twee oulike plekke afgekom. Een plek waar jy afry starnd toe en jy kan slegs oppie starnd omdraai so n vinnige fototjie geklap, Johan het vaarwel geroep en ons het n plekkie gaan soek om bietjie die roet uit ons enjins te brand. Donald het hom wel weer gevind. Bande afgeblaas tot so 1.1 - 1.2b en toe begin die pret. Donald soos alle 4.8 manne bietjie windgat en eers probeer om optery met n banddruk van 1.6b maar dit was te hard toe wys Jules se GQ teen 1.2b hoe word n duin geklim, jammer daar was nou nie fotos nie want die kamera is in my lorrie.
Pieter se diesel het elke keer uit stoom gehardloop, die spesifieke bult het so n lekka draai na regs gehad wat mens pootjie as jy nie spoed het nie. Moet sĂȘ Donald se Patrol klink soos n racing car nadat hy die banana freeflow opgesit het. Ek dink as dit warm is sal hierdie bultjie n perd van n ander kleur wees.
Toe ons verder die area inspekteur het Pieter sy draai nbietjie wyd gevat en vasgeval, met die gevaar van dat sy lorrie dalk net sal links afgly en moontlik rol. Gelukkig het Donald n winch en ons kon Pieter se lorrie ongeskonde red.
Hier is so n paar pics
Was baie lekka om bietjie die geelgat skoon te brand
Shalom