Page 1 of 2
GQ Mods!
Posted: 16 Aug 2012 08:49
by DawidT
More Almal,
Wil ook graag met julle deel wat ek alles aan my GQ gedoen het. Na die 3 Provinsies Patrol verjaarsdag naweek laas jaar het ek my standaard Patrol so n bietjie "gepimp". Ek het n Warn winch opgesit, suspensie met 50mm gelig, snorkel, dakrak met allerhande goodies, Cooper STT bande opgesit. Ek is nog nie klaar nie en moet nog die daktent, leertjie op die agterdeur en Bash plates (Klaar gemaak, moet nog met by Peter gaan afhaal) opsit.
Groete,

- IMG00396-20120814-1459.jpg (460.89 KiB) Viewed 3410 times

- IMG00397-20120814-1459.jpg (420.8 KiB) Viewed 3410 times

- IMG00398-20120814-1459.jpg (406.76 KiB) Viewed 3410 times

- IMG00399-20120814-1500.jpg (367.61 KiB) Viewed 3410 times
Re: GQ Mods!
Posted: 16 Aug 2012 09:12
by offroadbiker
Dang dit lyk netjies, en daar is nou maar eenmaal net een kleur en dit is wit
Gaan jy die leertjie laat maak of weet jy van iemand wat dit verkoop, my stiefpa vra my juis gister aand waar is myne
Het ook by Peter die voorste bash plate bestel, kan nie wag nie
Peter- ek sien wat jy bedoel met die wheel arches- as ek van daai swartes kan kry sal ek baeie bly wees
Re: GQ Mods!
Posted: 16 Aug 2012 09:16
by DawidT
Ek wil dit sommer self maak. Het n baie goeie drawing by Peter gekry vir die leertjie, moet dit nog net doen!
Re: GQ Mods!
Posted: 16 Aug 2012 09:26
by Peter Connan
Dawid, dit lyk nou smart. O, ek wou jou nie se nie, maar jou leer is al amper klaar gemaak. Ons sal later praat oor geld?
Dirk, my leer is bietjie anders, hy pas nie op die agterdeur nie, maar op die dakrak. Hy vou langs die dakrak in, en langs die kar uit. Hy gaan af tot by die grond, sodat die kort mense hom ook kan gebruik.
Daardie wheel-arches is die standaard, net nie ge colour-match nie. Maar ek het al baie netjiese tuisgemaaktes gesien, weet net nie waar hulle vandaan kom nie.
Re: GQ Mods!
Posted: 16 Aug 2012 09:43
by DawidT
Thanks Peter, ek moet nog by jou uitkom. Sal dan oor die leertjie praat

Re: GQ Mods!
Posted: 16 Aug 2012 10:12
by Izak
Patrol lyk mooi, is dit die dakrak wat van Alexandra af kom waarna ek ook gaan kyk het?
Re: GQ Mods!
Posted: 16 Aug 2012 11:09
by LSnyman
jislaaik Dawid dit lyk nou bakgat - wel gedaan
as ek mag vra - watse suspensie lift het jy gedoen en waar het jy die dakrak in die hande gekry, dit is die 2 dingetjies wat ek ook graag in die nabye toekoms wil doen
Re: GQ Mods!
Posted: 16 Aug 2012 11:23
by Jules
Baie mooi Dawid ek hou veral van die wasgoedlyntjies wat jy tussen jou dakrak en bullbar gemonteer het. Watse snorkel het jy op?
Shalom
Re: GQ Mods!
Posted: 16 Aug 2012 12:25
by KOOS BEST
Hoe verlang ek noe na my GQ

Re: GQ Mods!
Posted: 16 Aug 2012 13:18
by DawidT
Izak, dit is wel die dakrak wat jy ook na gekyk het. Jules, die snorkel is die "cheapies" wat 4X4 Direct verkoop - ek is heeltemal tevrede daarmee, saam met die opsit en courier kostes het ek omtrent R4000 gespaar en die kwaliteiet lyk ook nie te sleg nie - pas heeltemal goed genoeg. Die suspensie lift het ek in Witbank laat doen - Spring en general het vir my nuwe heavy duty coils gemaak met die 50mm lift. ek het nog nie die skokbrekers vervang nie, maar dit het my R3800 gekos vir die 4 Coils saam met die insit. Doen alles maar op n budget - hoop nie te goedkoop koop draai uit as duurkoop nie!!!