Page 1 of 1

4.8 Grx sub tank

Posted: 05 Aug 2012 14:28
by Trailerman
Middag julle

Ek is raad-op. My Patrol wil nie oorpomp vanaf die sub tank nie. As ek krag direk op die pomp sit dan werk hy mooi. Vanaf die skakelaar gebeur daar niks. Ek het Vrydag n nuwe skakelaar ingesit, selfde probleem.
Die sub tank liggie op die dash is heeltyd aan. Moet ek die rekenaar laat reset of wat anders kan die moeilikheid wees ??

Groetnis

Re: 4.8 Grx sub tank

Posted: 05 Aug 2012 16:34
by Tinus lotz
Kyk in die nissan manual wat jy kan download daar moet n beheerkaart erens wees wat se as. Die main tank vol is en as sub leeg is .....
Die waardes vir die toetse moet ook daar erens wees maak meer sin as om net goed te vervang :mytwocents:

Re: 4.8 Grx sub tank

Posted: 05 Aug 2012 19:06
by Alex Roux
Hi Trailerman

Ek het die probleem al gehad.
Dit het homself uitgesorteer toe ek die battery vervang het.
Ek vermoed dit moes net diskonnekteer en weer herkonnekteer. My subtenk liggie het ook pal gebrand. Ek verstaan nie die elektrisiteit daar agter nie, maar dit was amper asof die indikasie vanaf die subtenk uit siklus was?
Sedertdien 5000 + km geen probleme nie.

Ook as die main tenk vol is, sal hy nie wil pomp nie.
Hy pomp goed en pomp klaar as die main onder kwart vol is.

Re: 4.8 Grx sub tank

Posted: 05 Aug 2012 21:01
by Kagiso II
Chrisjan -- Agarob het EEN keer daai met my getraai -- toe skud ek boxxi vuurhoutjies teen suy oor -- dit was laaste :rolling: :rolling: :rolling:

O K -- errinstag: Agarob het so gemaak , toe ry ik hom tot vrek sonner diesel inni hooftenk - toe swiets ik alles af -- en toe net die "ignition" en toe druk ek die oorstoot pompie se knoppie - en toe werk hy [nooit weer sihjt mt hom gehad nie] -- [ek moes natuurlik waar daai diesel aan die gang kry DIT was nie maklik nie [het gesukkel om die bogger weer te "prime" :redface: :redface: [intussen ek bikki geleer

Terloops -- ekke sien iin WEG SLEEP jy het NUWE waentjie in jou reeks -- klein 'Kapokkie" [daar het jy sommer naam vir hom :-)) ] -- assik so vinnig kyk -- lyl vi oompie soos wenner daai .. sterkte hoor [groentes tuis en maak grootoog virri kleingoed]

Re: 4.8 Grx sub tank

Posted: 07 Aug 2012 12:27
by Trailerman
Ok
Ek gister gou die battery ontkoppel en siedaar, die liggie is af.
My tank is nog bo half so ek sal nog moet sien of hy reg werk.

Dankie vir die raad, julle manne is tops!!

Groetnis en moenie te koud kry nie.

Re: 4.8 Grx sub tank

Posted: 07 Aug 2012 12:41
by Tinus lotz
Vandag is so koud die boere in die Vrystaat dra twee kort broeke. :rolling:

Re: 4.8 Grx sub tank

Posted: 07 Aug 2012 12:49
by Peter Connan
Ja boet.

Moenie vir die Brakpanners se nie, maar dis nie regtig sneeu nie, net skilfers wat rondwaai!

Re: 4.8 Grx sub tank

Posted: 17 Aug 2012 17:01
by Kagiso II
:woo: -- Chrisjan .. gan jy nou daai trylirkjie KAPOKKIE doop of nie ?? [anners noem ik Dwergie se Jimny voortaan Kapokkie want sy laaik NIX van "Krummel" nie :rolling: