TURBO Information day / inligtingsdag
Posted: 22 Feb 2012 11:14
Ek reken die meeste van ons se voertuie is Diesel met Turbo [en dalk so een of 2 gelukkige perde wat turbo op hulle petrol enjins het???]
Ek het "TurboWorks" gevra om vir ons 'n TURBO Inligtingsdag aan te lê, en hulle het ingestem om om ons 17 Maart te akkommodeer.
Dis 'n Saterdag Oggend - so sluit by ons aan van 09:00
Daar sal die manne vir ons beduie presies wat doen die turbo vir ons, EN belangrikste, hoe om jou turbo te versorg dat jy nie daai TWAALFDUISEND Rand kwotasies by die handelaars hoef aan te hoor nie
Ek was nou onlangs deur 'n baie bekende "Performance" werkswinkel meegedeel my "waste gate" is gekraak en dis on-herstelbaar - 'n nuwe een is R12000. Omdat ek nie daai soort geld het wat rondsit nie, het ek die turbo na Turboworks geneem - Hulle het hom deurgegaan - VOILAAAA !!! die "waste gate" makeer NIKS nie - en R1700 later is die turbo weer nuut [hulle het net die vinne en aste vervang omdat hy oop was -- dit was nie eens nodig nie..]
SO - ALMAL en jou vriende is uitgenooi - Kom kuier saam [ons leer sommer mekaar van naderby ken
Ons braai 'n worsie - plak dit op 'n broodjie -EN kry waardevolle inligting oor ons turbo se werking en instandhouding.
(Navrae) Jan Visser - 012 - 653 7507
Turboworks
Unit 6, Solo Park
5 Edward Avenue
Hennopspark
Centurion
GPS co-ordinates:S25°51'48'' E28°09'47''
Om darem 'n aanduiding te gee wie daar gaan wees sodat die manne voorbereid kan wees - plant so hier - of sommer op oompie se PrivaatBlad [P M] asseblief.