Page 1 of 2
Livingstone
Posted: 31 Jan 2012 08:31
by Grootseun
Ok guys need some info here , i have friends inLivingston and im planning a drive up there un June / July but have never been up that way - the idea is to drive through Botswana and up to them and back a few days later , we have about 16 days form leaving PTA till we have to be back
Please give some ideas as far routes , places to see , things to do etc , ill get Tracks 4 Africa or something similar soon enough to help with the planning but early homework doesnt hurt
Re: Livingstone
Posted: 31 Jan 2012 09:09
by Peter Connan
Driko I agree with going through Bots rather than through Beitbridge.
My initial suggestion would be to go via Kubu Island. As far as I am concerned this should be on everybody's bucket list.
I would probably then go into Zim through Pandamatenga border post, and spend a few days in Hwange.
Coming back, I might consider a foray into the Caprivi, and perhaps a stop at the Nata bird sanctuary?
Jy't my nou sommer lus man

Re: Livingstone
Posted: 31 Jan 2012 09:11
by Grootseun
Pieter , jy maak dat ek sommer nou wil ry , se jou wat sal as ek terug is van natal af na die week se werk jou bel dan kom ons bymekaar jyt mos nou al baie meer huiswerk gedoen hieroor as ek dan kan ons gesels
Re: Livingstone
Posted: 31 Jan 2012 09:36
by Peter Connan
Sal lekker wees.
Re: Livingstone
Posted: 31 Jan 2012 10:30
by Wilfred Moore
Hi Driko,
Ons is deur Stockpoort grenspos (Baie rustig) in Botswana in tot op Francis Town. Net buite Francis Town is daar 'n kampplek Woodlands, baie mooi met gras en goeie geriewe. Indien jy verder wil ry is daar ook 'n goeie kampplek by Nata (Nata Lodge) en 'n entjie noord van Nata 'n plek Eelephant Sands, ook 'n baie mooi plek, maar die kampplek is sand. Olifante drink daar water uit die swembad met 'n mooi uitkyk punt oor 'n watergat.
Ons is ook deur Pandamatenga, redelik rustige grenspos. Hwange het ons bietjie teleurgestel, miskien was ons ongelukkig.
Die pad in Hwange is redelik sleg, 'n nagmerie as jy iets sleep.
Die laaste gedeelte van die pad sodra jy teerpad slaan is 'n baie mooi pad so tussen die bome deur met Olifante so af en toe.
Natuurlik hoef ek nie iets te se oor die doen en late in Livingstone nie, daar is baie te doen.
Terug sal ek saamstem met Peter, jy kan direk wes ry na Kasane op die Kazungula Pad deur die Zambezi Nasionale park.
In Kasane kan jy natuurlik die Chobe Nasionale park besoek en jy moet 'n boot trip doen op die Chobe rivier. Hier kom jy so 10 tree van die Olifante af wat die rivier kruis. Jy sien natuurlik ook baie voels.
Hierdie trip kan regtig great word as jy dan suid draai na die delta.
Kyk gerus om 'n Carnet uit te neem asook comesa versekering, dit help baie met die grens kruisings. Doen dit by die AA kantore in Kyalami
groete,
Wilfred
Re: Livingstone
Posted: 31 Jan 2012 11:43
by Kagiso II
AS indien ingeval julle Gazangulu grenspos gebruik - maak vorsiening var laaaang staan by die ferrie [ en nou moet jy betaal - hy is nie meer verniet nie]
By Vic valle - jy moet hom sien van beid ekante - beplan die hele dag vir daar [gaan doen gerus die bungeeeeeeeeeeee .. dis net Australiers wie se toue breek :-))]
Pieter C .. is die pad na Pandamatenge grens pos al geteer ???
AS jy Pandamatenge gaan - doen dan sommer di e"Hunters Road" roete tot daar ... once in a lifetime roete daai Slaap bhy Kazuma Pan [jy kan maar onder oompie se boom staan .. ek sal nie dan daar wees nie
Terukom?? Ek sou hel eCaprivi deeurtrek, by Mohembo grens weer in Bots inkom, [praat betyds dan reel ek vir jou GRATIS oornag in Sepupa by sendeling Leon hulle - en hy kan vir julle makorro ritte reel ook - dan kom jy af via Ganzi, met die A-2 Transkalahari [sodoende sien jy Bots van weerskanet af :-))
Re: Livingstone
Posted: 31 Jan 2012 12:03
by Peter Connan
Oom Mac, ek ken nie die pad nie, ken net mense wat al daar was.
MBT die Hunter's road, ek is al deur baie mense aangeraai dat mens hom net moet ry in oktober/november/ begin desember. Hulle redes is dat tussen Desember en April is hy te nat vir enkel voertuie en selfs vir groepe kan dit 'n hengse stryd wees, en tussen April en September is dit jagseisoen en omdat hy deur jag-konsessies loop raak die PH's baie aggro as hulle jou daar kry. Ek kan hulle punt verstaan, as 'n jagter se koel jou tref gaan die PH waarskynlik verantwoordelik gehou word, al het hy misgeskiet of dis 'n opslagkoel?
Selfs dan is daar blykbaar 'n kans dat jy deur Zim weermag gevange geneem mag word omdat die grens langs Hwange lankal weg is en hulle self ook daar verdwaal.
Wat is Oom se opinie hieroor?
Ek wil hom vreeslik graag ry, maar is nie bereid om my familie in gevaar te plaas nie.
Re: Livingstone
Posted: 31 Jan 2012 14:46
by Kagiso II
Haijj Daar Pieter - Ons het hom gery saam met Hennie Vermaak hulle - in winter 2008 - en dit was droog genoeg. Ook die vraag opgekom dat die paadjie plek plek deur ZIM loop [wat waar is, maar die Zim patrollies pla nie meer so erg daarlangs nie .. noudat dinge in Zim so affe normaliseer het]
Ek sal hom bitter graag weer wil ry [en geringste geleentheid sal ek ook] - Die pad se naam is Hunters Road - maar wat ek by Pandamatenga se manne verneem het is daar nie meer jag nie -- die jag is verder suid - Tuliblok se kant toe - en links [wes] van die Nata - Kasane teerpad] [ek sal moet dubbel tjek op daai???]
Daai grondpad van Pandamtenge grenspos na Zim hoofpad is die slegste wat ek in my hele lewe al gery het [Range Rover het 3 band op daai stuk gesny :[)) (Michelens)
Re: Livingstone
Posted: 01 Feb 2012 08:58
by Peter Connan
OomMac, JG is een van die ouens wat my afgeraai het van Hunter's road in die jagseisoen. Hy se iemand gaan jou daar skiet.
Ek het redelik onlangs (se binne die laaste 4 maande) 'n trip-report in een van die tydskrifte (ek dink SA4x4) gelees wat hulle daai pad gery het, en dit het nie so sleg geklink nie, maar ek was nog nie self daar nie.
Re: Livingstone
Posted: 23 Apr 2012 18:06
by Grootseun
Thanx for all the advice on this one guys but we have decided to put the trip off till next year wehn my troll is better kitted for overlanding