Page 1 of 1

G Teck bumper op my kar is n gemors !

Posted: 19 Dec 2011 10:20
by duckitt
Ek is regtig ongelukkig met die gedoente wat veronderstel is om n sleepstang ook te kan wees. Na 60km se gemiddelde grondpad en my eXplorer op sy stert was dit amper n helse gemors toe die tou stang uit die dun plaat geskeur het. En die ergste is toe ek die kar gekoop het was dit reeds een van my vrae aan Gerhard of daar iets is wat ek moet weet van dIe kar omdat dit deur hom versien is en ook die staal bumpers gemaak en opgesit is. Toe ek hom nou daaroor bel en se hy sal moet aandag gee aan die saak was hy gou om vir my te se dat dit nie eintlik sy probleem is nie en dat dit slegs kosmetie van aard is , ek trek dan ook in twyfel hoe sterk die voorste bumper gaan wees omdat daar nou n wenas ook in is (ook seker net kosmeties). Ek dink dit is swak werk en klaar ! Ek sal fotos later vat en opsit as ek die gemors afgehaal het.

Re: G Teck bumper op my kar is n gemors !

Posted: 19 Dec 2011 13:53
by SiasKarsten
Dankie vir info

Re: G Teck bumper op my kar is n gemors ! UIT GESORTEER!

Posted: 19 Dec 2011 20:34
by duckitt
Dankie vir die oproep en ek aanvaar jou verskoning .En in n gees van goeie besigheid sal ek ook jou aanbod om die bumper kosteloos te vervag wardeer!

Groete
Sien jou more!

Re: G Teck bumper op my kar is n gemors !

Posted: 21 Dec 2011 11:32
by Werf Otter
Charlie .... jy het mos n pel in die bumper trade. Ek het toe die 4.2 D SW by hom gekoop en is baie tevrede.