Page 1 of 3

egin Swop

Posted: 13 Nov 2011 07:47
by jeanne.volschenk
HI Guys,

Anyone swop engins on a 3,0Di to a TD42, What pitfalls and how difficult would this be? Please tell me something like a straight swop.

Cheers

JV

Re: egin Swop

Posted: 13 Nov 2011 07:59
by tour de frans
Goeie dag
Dit is n redelike eenvoudige ombouing. Krap hier op die forum by Pieter du toit se kar. Ek het sy kar omgebou na wat jy wil doen.
Groete

Re: egin Swop

Posted: 13 Nov 2011 11:51
by jeanne.volschenk
Kom Ek gee meer agtergrond.

Ek het gou eers 'n bietjie gaan lees op die forum. Ek het 'n 3,0Di stasiewa gekoop op 'n veiling baie netjies Patrol met 92000km, maar die ding in mors dood vrek ons het gou die top afgehaal getoets en gedoen , die cam laat werk by Vanderlinde standaard gehou, kompressie getoets etc . Die engin klink mooi maar die motor is nog steed net so gevrek. Ek het gehoop ek koop die voertuig vir beter brandstof etc (het ook 2 x TB45 stasiewaens en TD42 bakkie) dis nou vir as ek die langpad Kaap toe loop maar ek dink nie ek sal ooit daar uitkom met die ding nie, weens sy spoed en heel moontlik sy betroubaarheid.

Nou moet ek besluit verkoop ek die voertuig of probeer ek nou allerande dinge doen, nuwe injectors, pomp laat doen etc, dit klink my na geld mors as ek dinge reg lees(R13-15"mors). Ek het 'n volledige TB45e met ratkas spaar,Freeflow aftermarket chip etc ook TD42 wat ek kan gebruik maar die koste klink nie regverdigbaar nie. Ek hou nie van conversions nie en hoewel daar goeie ouens mag wees wat die werk kan doen is ek al soveel keer gevang deur soveel ander goei ouens. My pa se raad sou wees verkoop die ding en koop die regte ding. Ek hoor die ouens en hulle Lexus conversions maar dan oorweeg ek eerder 'n VQ56 Armada Titam Engin wat al jare in Amerika loop en ook een van die dae in ons nuwe Patrols sal wees, maar dan volg ek nog nie my pa se raad nie.

Dit klink my my twee keuses is.

Koste van 3,0Di Plus conversion
Koste van ander 4,2D stasiewa minus verkoop van 3,0Di

EK soek eenvoudige ekonomie en betroubaarhied wat my vans kan sleep.

Thx JV

Re: egin Swop

Posted: 13 Nov 2011 13:06
by Kagiso II
Swazi-man: ekki jou daddy nie - so ek nie vir jou goeie raad gee nie: (a) die fout is by die RATKAS en nie die enjin nie (b) die komputer se settings is nog vir Europa en hy verstaan nie jou hoogte bo seespieel nie
Kry die 'upgrade computer' [ECU] - DWING Nissan SA om dit te verskaf en laat die ratkas versien [torque convertor .. die tutti]

en dan?? Dan ry jy kringe om enige ander Patrol [behalwe die 4.8 .. daai bees se gat kan jt NIE skop nie]

As jy my nie glo nie .. kom ry 'n draai met Agarob...
So - HOU jou 3.0di .. sit 'n MADMAN EGT meter op - pas jou enjin op teen oorverhit - gooi 2-stroke olie in die diesel [1 op200] en jy sal nooit weer kla nie

Komputer?? weet nie
Ratkas diens?? weet nie - maar nogsteeds die koste werd [jy het mos tog die Trol verniet gekry [amper???]
OF verkoop hom aan my vir wat jy vir hom betaal het ?? :oldtimer: :oldtimer: :oldtimer:

Re: egin Swop

Posted: 13 Nov 2011 13:50
by tour de frans
Ek hou nie van conversions nie en hoewel daar goeie ouens mag wees wat die werk kan doen is ek al soveel keer gevang deur soveel ander goei ouens.
JV, dan is my raad, bly weg. Volg jou pa se raad en koop die regte ding!
Dit wat ek in Pieter se kar gedoen het, was nie n convertion nie. Dit was n transplant. Convertions is nie vir almal nie.
Groete

Re: egin Swop

Posted: 13 Nov 2011 19:21
by jeanne.volschenk
Hi Oom Mac,

My wa is a Manual uit Japan ( Jap Aid Voertuig) Sal hy nog steed 'n ratkas Computer he? :think:

Re: egin Swop

Posted: 14 Nov 2011 18:11
by Kagiso II
Jeanne - nee, in daai geval skakel jy die ratkas as die 'culprit' - en jy is al te mooi groot dat ek simpel koementyse maak van "clutch wat gly" nie - daarvoor weet jy te veel
Al wat dan oor is om weer by die "fuel supply" en die komputertjie daarmee saam

anners moet jy maar Pretoria water kom drink [ en van my Twinings Koffie] en dan vat ons di eding vir Gerhard om te sorteer ..
Frans ??? Wat reken jy - hoekom is daar nie krag nie? in wese tog mos maar dieselle enin as Agarob en daai Agarob skuiffff [selfs met sy A/T ratkas???] :think:

Re: egin Swop

Posted: 15 Nov 2011 19:55
by jeanne.volschenk
Die Manne hier reken ek moet die injectors doen en as dit nie werk nie dan ook die pomp. Hulle reken as jy eenkeer aan die injectors geraak het moet jy nuwe insit anners werk hulle nie weer nie.
Glo kwaal van die ZD30. DIe pomp is tenvolle elektronies (complicated) en die sal dan ook moet gedoen word en dit vir 'n koel en kalm R14000.

Kan dit wees?

Groete
JV

Re: egin Swop

Posted: 15 Nov 2011 20:43
by Tinus lotz
Ek dink jy moet vir meirring n lui gee en sy opinie vra miskien die patrol op n dino sit en kyk wat hy maak??? Om sommer net goed te verander is nie die regte plan nie dit kos net geld....kan julle nie daai injectors op n toetsbank sit en kyk nie? Miskien is n trip Centorion toe net nie n slegte idee nie daai manne verstaan daai motor!!!

Re: egin Swop

Posted: 15 Nov 2011 21:53
by Kagiso II
yippp - R14 000 is ± die prys - het nou in kort tydjie Terrano en die Patrol se pompe moes oordoen [met injectors vervang .. daai nommer 1 is die duur dnnr, di eeen met die draadjie aan MAAR - as hy gedoen is en jy pa shom op en gee hom gereeld sy 2-stroke-olie,, - never gaan hy weer pla nie [ten minste, eers 250 000 of later eers weer [maar dis diesel daai ...]

Weet jy wat kos AMAROK se injector?? R35 000 'n karige ou stelletjie