Page 1 of 2
Volgende groter grootte bande.
Posted: 01 Aug 2011 19:06
by georgeb
Hallo manne
Help asb - 'n maat van my het 'n 2004, 4.8 GRX met 265/75/16 bande. Wat is die volgende grootte in die 16-reeks waarna hy kan kyk om meer grondvryhoogte te bekom? Hy het 'n volstel TJM op so spasie is nie 'n kwessie nie.
Dankie en groete
George
Re: Volgende groter grootte bande.
Posted: 01 Aug 2011 20:18
by Saltman
Hallo
Standaard opgradering vir 16" vellings: 285/75/16
Tegnies is die dieselfde grootte vanaf 265/75/16 hierdie grootte: 275/70/16 en dan natuurlik 285/65/16
MAAR as jy groter grondvryhoogte soek dan gaan jy na 285/75/16. Op my handrat werk dit baie goed, hoor maar by die outomatiese manne of dit ook reg werk vir hulle.
Die enigste probleem is die prys van 285/75/16 bande - sommer rof meer as 265/75/16. Die ander (goedkoper) opsie is natuurlik 33" x 12,5 x 15" (cruiser manne ry hom)
Hoop dit help!
Herbie
Re: Volgende groter grootte bande.
Posted: 01 Aug 2011 23:08
by G-MAN
15" pas nie op 4.8 nie.
Re: Volgende groter grootte bande.
Posted: 02 Aug 2011 07:15
by David
285/75/16
Sy 4.8 gaan nie eers die verskil voel nie en sommer baie beter lyk.
Ek weet nie watse band hy na kyk nie maar kan die KM2's aanbeveel - bietjie meer pad geraas as 'n All-Terrain maar baie goeie hantering selfs op 'n nat teerpad.
Soos G-man sê - 15 duim rims gaan nie pas nie - die 4.8 se brake-callipers is te groot.
Re: Volgende groter grootte bande.
Posted: 02 Aug 2011 07:38
by georgeb
Môre manne
Bakgat - baie dankie!! Nou het hy die grootte - nou net watter bande nè.
Groete en seën vir julle almal.
George
Re: Volgende groter grootte bande.
Posted: 02 Aug 2011 13:15
by Patrol95
Die bande is reeds uitgespel BF Goodrich KM2 . Groete
Re: Volgende groter grootte bande.
Posted: 02 Aug 2011 15:11
by Tinus lotz
hi there
km2 285 /75 /16 is R2450 each vat incl ask Dawid I got him a set from the people at autowiel they give good prices to the patrol forum guys !!!!but let me know if you want a set!!were in the world are you???

Re: Volgende groter grootte bande.
Posted: 15 Jul 2012 07:08
by Henk&Toni
Saltman wrote:Hallo
Standaard opgradering vir 16" vellings: 285/75/16
Tegnies is die dieselfde grootte vanaf 265/75/16 hierdie grootte: 275/70/16 en dan natuurlik 285/65/16
MAAR as jy groter grondvryhoogte soek dan gaan jy na 285/75/16. Op my handrat werk dit baie goed, hoor maar by die outomatiese manne of dit ook reg werk vir hulle.
Die enigste probleem is die prys van 285/75/16 bande - sommer rof meer as 265/75/16. Die ander (goedkoper) opsie is natuurlik 33" x 12,5 x 15" (cruiser manne ry hom)
Hoop dit help!
Herbie
Net n vraag asb,ek het n 98model 4.5 handrat,ek weet nie wat is my grote rims nie,as ek groter bande wil opsit moet ek rims ook vervang??

Re: Volgende groter grootte bande.
Posted: 15 Jul 2012 07:40
by Gerrit Loubser
Henk, jou Patrol se oorspronklike vellings is 8JJ-16, d.w.s. 16" diameter en 8" wyd. Dit is die perfekte groote vir 285/75R16-bande, wat op vellings tussen 7.5" en 9" gemonteer kan word.
Re: Volgende groter grootte bande.
Posted: 15 Jul 2012 09:13
by Tinus lotz
33 duim is die regte grote bande. Ek sal nie groter gaan nie