Page 1 of 1

Gerrie en die Bull Run

Posted: 13 Jun 2011 15:27
by JohnBoyZA
Hallo Gerrie

Lekker om te sien jy is so betrokke op die Patrol forum. Wil maar net vra dat jy ook ’n posting hier maak van jou ondervinding met die DD-Bull Run. Jammer, ek kon dit nie bywoon nie, maar was in Tanzania. Neem aan die manne het jou besig gehou :wink:

Re: Gerrie en die Bull Run

Posted: 13 Jun 2011 17:56
by Herrie
Kan nie wag nie!!!

Re: Gerrie en die Bull Run

Posted: 14 Jun 2011 09:54
by Gerrie
Hahaha... Ja, kyk... ek is nou vir eers bietjie moeg vir kamp en kuier... dit was harde werk vir 5 dae (ons het net eenkeer voor sononder in die kamp aangekom - en dit was die laaste aand!)

Vir die wat nie weet wat die Bullrun is nie. Dit was 'n klomp ouens hier van die Kaap wat te veel Top Gear kyk! :rolling:
Hulle het vir hulleself die limiet gestel om 'n sedan (vier deure) ouer as 30 jaar te koop en wettiglik op die pad te kry in 'n goeiw werkende toestand vir minder as R15 000. Toe het ons die trippie afgele van die Kaap af tot in Calvinia vir die eerste aand (slegs 3 bande verloor op die berugte Tanka Karoo pad tussen Ceres en Calvinia).
Daar het die ouens van Hantam vleis op Calvinia meer vleis gebraai as wat 30 ouens kon opeet. (ondersteun hulle gerus as julle op Calvinia kom).
Die volgende oggend is ons verder oppad om die aand op Verneukpan te slaap. Net so 20 km van die pan af, tref die noodlot toe die ou Cheverolet Constellation - die ouens en 'n driffie in die pad het 'n meningsverskil en sy twee voorwiele kyk verskillende rigtings. Daar was 'n lang gesukkel en na donker het ons uiteindelik ook op die pan aangekom met die kar op 'n sleepwaentjie - buite aksie.
Die volgende dag was die groot pret. Drag races, chichane's en so meer. Maar intussen is die mank Constellation deur Kenhardt toe om te kyk of daar dalk iemand is wat kan help. Toe ons die middag later by die manne op Kenhardt aansluit, het hulle die jackpot getref. Herman Lintvelt op Kenhardt het meer Chev's wat op sy erf staan as wat daar vroue van losse sedes in Las Vegas is. en hy kom hulle toe help om eventually die ding weer aan die rol te kry. so druk ons toe verder aan, en na donker kom ons by ons kampplek in Keimoes by Die Punt karavaanpark.
Volgende oggend is daar so paar running repairs in Kakemas voor ons 'n vinnige draai by Augrabies gemaak het en toe deurgedruk het om by ons blyplek in Klein Pella te kom. (eers was daar gestop by die Pofadder Hotel, maar dis 'n heel ander storie!)
So het ons toerleiers (gaan nie name noem nie, Rieger en Hermie! *kug kug* ons onverwags oor die eerste deel van die Namakwa Eko-roete tussen Pella en Klein-Pella gelei (ou karre op 'n graad 2 roete - nogal nie sleg nie!) en na donker het ons tent opgeslaan by Klein-Pella. Die volgende dag is ons toe oor Pofadder op die langste stuk reguit grondpad in die wereld oor Van Rhynsdorp tot in Clanwilliam (waar ons uiteindelik in daglig tent opgeslaan het.) Ons het die aand in De Kelder 'n prysuitdeling gehou en onder andere vir die broers Cummings beloon vir hulle 1956 Wolseley (Neelsie) wat die enigste voertuig op die trip was wat heelpad gery het sonder enige probleme - dit was ook die oudste. Team Gazelle (Johan van Rooyen, Martin van Staden en Barend Thompson) was die vinnigste met al die spoed-toetse op die Pan en Sputnik (Jos Hartog, Vernon Parkins en Micheal White) vir die beste gees. (Hulle het so vinnig gery dat die parachutes oopgegaan het om die kar te briek!)

Dis die trippie in 'n neutedop... ek sal in Augustus se WegRy 'n baie meer volledige prentjie skets (ek sal maar net baie moet sensor - 30 mans bymekaar kan nogal rof raak!! QQQ :woo: :thumbup: :thumbup: )

Re: Gerrie en die Bull Run

Posted: 14 Jun 2011 11:33
by Gerrie
Net om 'n fout reg te maak wat Giepie (co-pilot van die mank Chev vir my uitgewys het) dit was 'n Chev Constantia, nie Constellation nie. :eureka:
Ek hang my kop in skaamte... maar kan myself darem verdedig dat ek 'n 4x4 joernalis is... :redface:

Re: Gerrie en die Bull Run

Posted: 14 Jun 2011 15:31
by Hermie Koen
Gerrie, die stuk laaaaaang reguit grondpad is tussen Pofadder en Kliprand en vandaar na Van Rhynsdorp.
Mooi in 'n neutedop want as jy die volle verhaal moet skryf gaan dit 'n duk boek wees !!

Re: Gerrie en die Bull Run

Posted: 14 Jun 2011 15:37
by Gerrie
ek sien baie daarteen op om te moet begin skryf aan die storie... gaan sukkel om te kies wat om te skryf en wat om te los... :think:

Re: Gerrie en die Bull Run

Posted: 14 Jun 2011 15:47
by Herrie
:woo: :clap: :clap: :clap: Dit klink nogal goed!

Re: Gerrie en die Bull Run

Posted: 15 Jun 2011 19:11
by Tinus lotz
klink lekker ons wag vir die artikel!! :thumbup:

Re: Gerrie en die Bull Run

Posted: 20 Feb 2012 11:59
by Theuhan
Gerrie

Gaan julle weer een hou die jaar, en hoe kan ons manne van Gauteng inskruif

Re: Gerrie en die Bull Run

Posted: 20 Feb 2012 12:03
by Gerrie
Hi Theuhan

Daar is planne op die tafel vir 'n volgende een - die ou wat jy moet kontak is Hermie Koen of Rieger van Rooyen - jy kan my sommer direk mail, dan kry ek jou in kontak met hulle.

gerrie@wegry.co.za