Nog 'n 4x4 rol 300 bergaf
Posted: 28 Mar 2011 16:26
BEELD
Vrou se 4x4 rol by wal af, tref boom
2011-03-28 09:57 x Louise Ferreira
’n 37-jarige vrou is ernstig beseer toe haar viertrekvoertuig op ’n 4x4-roete 300?m ver by ’n wal afgerol en ’n boom getref het.
Die ongeluk het eergistermiddag by die Bosvark 4x4 Adventure Park by Noordheuwel aan die Wes-Rand gebeur.
Volgens mnr. Jeffrey Wicks, Netcare?911-woordvoerder, het die vrou met haar voertuig op ’n veldroete gery toe sy vermoedelik beheer oor die voertuig verloor het.
“Die voertuig het omgeslaan, teen die steil wal afgerol en ’n boom getref.
“Die bestuurder is uit die motor geslinger toe dit deur die lug getrek het. Sy is byna 75?m van die verfrommelde voertuig gevind.”
Volgens Wicks het die vrou ernstige kop- en borsbeserings opgedoen.
Paramedici het haar op die toneel behandel, waarna sy per helikopter na die Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem is. Haar toestand is ernstig, maar stabiel.
Wicks het gesê die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en word deur die polisie ondersoek.
Hy het toegegee dat Vrydag se swaar reën moontlik daartoe bygedra het, maar kan dit nie beslis daaraan koppel nie.
Dit is onbekend of die vrou ’n sitplekgordel gedra het.
Mnr. Jan Killian, die eienaar van Bosvark, wou nie verdere inligting verstrek nie, behalwe om te sê dat dit nie eergister daar gereën het nie.
“Daar was geen nalatigheid nie, dit kan ek jou sê. Dit was net ’n ongeluk.”
Volgens mnr. Alan Goodway, die eienaar van die 4x4 Offroad Adventure Club in Gauteng, beïnvloed verskeie faktore die veiligheid van ’n roete.
“Dis heeltemal gegrond op die vaardigheid van die bestuurder, die vaardigheid van die voertuig, die toestande op die grond, die toestand van die bande en die banddruk.
“Jy moet jou gesonde verstand gebruik. ’n Mens sou aanneem as die vrou besluit het om te gaan ry, sou sy al die nodige voorsorgmaatreëls nagekom het, soos om uit die voertuig te klim en die hindernisse te inspekteer.
“Daar is altyd die moontlikheid dat iets kan skeefloop. ’n Band kan bars of loskom van die velling.”