Page 1 of 1

WegRy soek jou kennis

Posted: 28 Jan 2011 13:41
by Gerrie
Hello

Ek soek ’n kenner in Mpumalanga. Spesifiek iemand in die Hazyview-, Nelspruit-, Barberton-omgewing tot so ver oos as Lydenburg om ons te help met kennis. As jy ’n slim ou is en jy ken die grondpaaie daar, kontak my asseblief by WegRy. Ons soek jou brein!

Gerrie

gerrie@wegry.co.za

Re: WegRy soek jou kennis

Posted: 28 Jan 2011 14:51
by Kagiso II
Vriend van my ken dit goed - hy het my al in daai Barberton berge ingevat - tot by OU handgegraafde myne. Kom nie eens op kaarte voor nie, baie van daai paaidjies [nie eens T4A nie]

MAAR - Kontak vir Dokter Dirks op Nelspruit [dit is nou die seun van COR Dirks wie die UILE boeke geskryf het - (UILE van Kranskop, en so aan) Hy het so 'n afgeleefde Gelandewagen wat hy letterlik ORAL mee ry, en dis waar hy grootgeword het [oftewel "opgegroei het" ]

Jy mag maar vir hom se ek het sy naam en faam "uitverkoop"
Sterkte met die soeke
O-ja: Sou jy Tanzanie wil gaan toer? en daarvandaan suidwaarts? Vrint van 'n vrint van my wil met sy Cruiser op ry soontoe maar dan terug vlieg. Hy soek iemand om soontoe te vlieg en die Cruiser terug te ry .. so kuier kuier.
n/s: LOBO is terug op di ewerf, remme uitsorteer - wil jy kom kyk? En nou kan ek daai kiekies genem kry en vir jou aanstuur]

Re: WegRy soek jou kennis

Posted: 28 Jan 2011 15:00
by Gerrie
Moet ek die Cruiser alleen terugry of kom Oom en Lobo saam? :woo:
Hmmm, daai Dokter Dirks klink na die man wat ek moet kontak. Het Oom 'n nommer vir hom?

Re: WegRy soek jou kennis

Posted: 28 Jan 2011 15:12
by Kagiso II
nee man - ONS ry die Cruiser af [jy kan jou 'nuwe' SWAMBO ook saamneem] dit gaan te duur wees om LOBO soontoe te vlieg. Ons vlieg op en ry af. (die wa is blykbaar goed en deeglik toegerus mat alles wat kan kamp)

Ek het nie Dr Dirks se nommer nie - maar prebeer hierdie triek: http://phonebook.yellowpages.co.za/ :woo: oepssssssie - ek dink hy bly BARBERTON :oldtimer: :oldtimer: :thumbup:

Re: WegRy soek jou kennis

Posted: 28 Jan 2011 15:18
by Gerrie
nee Oom, daai plan klink vir my bakgat... ek sal bietjie met my baas praat (nie SWAMBO nie, die een by die werk) en hoor wat hy dink...