Page 1 of 3

Nissan Patrol 4.2 TD

Posted: 21 Jan 2011 15:39
by marinda
Ek is op soek na ‘n Nissan Patrol 4.2 TD in goeie toestand. As enige iemand dalk weet van een laat my asb. dadelik weet. Hulle is skaarser as hoendertande en verkoop so vinnig as hulle teen die regte prys beskikbaar raak. Stuur asb ook fotos. Ek sal dit baie waardeer! Ek het liefie s'n afgeskryf! Aaauch!

Re: Nissan Patrol 4.2 TD

Posted: 22 Jan 2011 00:54
by Mammoth
Aauch Marinda, Het liefie jou darem al laat weet of dit veilig is om weer huistoe te gaan......

Sal julle help uitkyk.

Re: Nissan Patrol 4.2 TD

Posted: 22 Jan 2011 02:00
by Ruben
Ek is jammer om dit te hoor Marinda. Ek hoop jy is darem ok en het niks oorgekom nie.
Sterkte met jou skattejag. Ek is seker jy sal reg kom.

Re: Nissan Patrol 4.2 TD

Posted: 22 Jan 2011 14:35
by gobi
Hoop darem liefie wil jou nou nie afskryf omdat jy sy geliefde Patrol afgeskryf het nie! As jy regtig nie geholpe raak nie, PM my. Ek wil na 'n kleiner plek toe beweeg en sal noodgedwonge dan van 'n klomp van my aardse besittings ontslae moet raak. Net om seker te maak: 4.2TD verwys na die nie-turbo-aangejaagde diesels (die kanniedood donkiemodelle!) Is dit wat jy soek?

Re: Nissan Patrol 4.2 TD

Posted: 23 Jan 2011 22:27
by Pieter du Toit
gobi wrote:Net om seker te maak: 4.2TD verwys na die nie-turbo-aangejaagde diesels (die kanniedood donkiemodelle!) Is dit wat jy soek?
Dom vraag maar verwys die "TD" gedeelte nie juis na die turbo aangedrewe enjin nie???

Re: Nissan Patrol 4.2 TD

Posted: 24 Jan 2011 00:02
by gobi
Die goed kan baie verwarrend wees. Soos ek dit verstaan verwys "TD42" na 'n spesifieke enjinmodel wat die 4.2 dieselenjin sonder turbo is. Enjinnommers begin dan ook almal met TD42........., gevolg deur ses ander syfers. Ek weet nie of die verwysing na turbomodelle dalk TD42T kan wees nie en miskien kan ander forumlede hier help. Terloops, het Nissan ooit turboweergawes van die 4.2 diesel in die Y61 modelle hier in SA vrygestel of is dit almal "aftermarket conversions" wat mens soms raakloop? Om dus tegnies korrek te wees, veronderstel ek 'n mens moet dan na die nie-turbo's verwys as die TD42 modelle en na die turbomodelle as die TD42T's, of is ek nou op die verkeerde spoor?

Re: Nissan Patrol 4.2 TD

Posted: 24 Jan 2011 20:46
by Tinus lotz
julle diesel manne confuse die rook uit my uit! maar dit wil voorkom of die dame soek na n 4.2 turbo diesel ????? :think:

Re: Nissan Patrol 4.2 TD

Posted: 26 Jan 2011 14:09
by Pieter du Toit
Hi All,

Herewith the specs as found on the Nissan Patrol Aussie site - not the 4x4 one!! Here is the link: http://www.nissanpatrol.com.au/patrol-e ... tions.html

Gobi is pretty much right - in short the spec's refers to the following models, in order of bore, engine capacity, compression ratio and power (kw & nm):


TD42 4.2 litre, water cooled, diesel engine, 4 Cycle, 6 Cylinder, OHV 96mm x 96mm 4169 cc 22.7:1 R/min 114 kw @ 3600 R/min 330 Nm @ 2000

TD42T 4.2 litre, water cooled,diesel engine, turbo, 4 Cycle, 6 Cylinder, OHV 96mm x 96mm 4169 cc 22.7:1 R/min 114 kw @ 3600 R/min 360 Nm @ 2000

TD42Ti 4.2 litre, water cooled, turbo diesel, intercooled, 6 Cylinder, OHV, 96mm x 96mm 4169 cc 22.7:1 R/min 118kw @ 3600 R/min 354 Nm @ 2000

ZD30DDTi 3.0 litre, water cooled, turbo diesel, intercooled, DOHC 96mm x 102mm 2953 cc 17.9:1 R/Min - Auto 118kw @ 3600 R/Min - Auto 354 Nm @ 2000

ZD30DDTi 3.0 litre, water cooled, turbo diesel, common rail, intercooled, DOHC from 01/2007 96mm x 102mm 2953 cc 17.9:1 R/Min -Auto 118kw @ 3200 -3400 R/Min -Manual R/Min -Auto 380 Nm @ 2000 -2400 R/Min -Manual

So in short - the TD refers to the spesific type or model of engine - the other letters following thereafter will tell you wether it is turbo, intercooled or what ever. So the way Marinda wrote it it could mean she is looking for the 4.2 turbo diesel model - her letters being after the numericals. Perhaps this will shed some light on the confusion going around!! :thumbup:

Re: Nissan Patrol 4.2 TD

Posted: 28 Jan 2011 17:17
by marinda
Die sesifieke 2000 4.2 d is deur die fabriek, na die tyd, toegerus met 'n Alpine conversion. :thumbup:

Re: Nissan Patrol 4.2 TD

Posted: 28 Jan 2011 20:07
by Stefan
Hoe vorder jou soektog Marinda?