Page 1 of 1
Who needs a Patrol?
Posted: 16 Nov 2010 16:53
by Herrie
Swambo has been pulled off by the police today for the third time and my big concern is that they do not look at the license disc or her drivers license - they want to see what the Patrol looks like inside!
IS MY PATROL GOING TO BE STOLEN OR HI-JACKED??????
Re: Who needs a Patrol?
Posted: 16 Nov 2010 20:42
by Wynvat
Herrie
Did it happen in areas that you frequent?
If so, I would be very catfood if I was you. Your suspicion is not farfetched at all.
Re: Who needs a Patrol?
Posted: 17 Nov 2010 07:36
by JG Shields
Patrols is nie baie gewild in die diefstal mark nie. Dis goed om versigtig te wees, maar ek sal nie paranois daaroor wees nie. Kobus, het jy dalk 2x radio antennas op die voertuig? Indien wel, hulle is baie bewus daarvan na die "pig spotter" sage.
Re: Who needs a Patrol?
Posted: 17 Nov 2010 23:27
by Pieter du Toit
JG,
Vertel bietjie meer - waarna verwys jy hier??
Re: Who needs a Patrol?
Posted: 18 Nov 2010 06:49
by JG Shields
Pieter,
Dalk het julle in die mooi Kaap die sage gemis... Julle het so gefokus op die Curriebeker dat julle alle ander snaakse nuusbrokkies gemis het. "Pig Spotter" was 'n keelvol lid van die publiek wat op Twitter die metro polisie se staanplekke/aftrekplekke/spoedlokvalle deurlopend bekend gemaak het soos hy hulle waarneem. Dit het baie vinnig 'n netwerk geraak wat die metro polisie se effektiwiteit redelik lamgele het.
Verder is dit bekend dat baie misdadigers 2x radios in hul voertuie het wat op polisie/verkeer/ambulans ens se frekwensie ingestel is. Hulle is sodoende op hoogte van wetstoepassers se bewegings wat genoeg info aan hulle gee om effektief misdade te pleeg. In samewerking met die "tow truckers" het dit al gebeur dat hierdie sindikate 'n "decoy" misdaad met opset skep, al die wetstoepassers haas hulle daarheen om te gaan help en die sindikaat slaan dan op 'n ander "onbewaakte" toneel toe. Die lysie is heelwat langer as dit bv, sateliet opsporingstelsels misdade, statiese waarnemingspunte wat info aan misdaad sindikate verkoop ens...ens...
Agv RICA (selfoon se FICA) word daar verwag dat 2x radios se gebruik as kommunikasie medium tydens misdade sal toeneem. Ons moet verwag dat die beheer op die gebruik van 2x radios heelwat sal verskerp in die toekoms.
Re: Who needs a Patrol?
Posted: 18 Nov 2010 22:49
by Pieter du Toit
Dankie - ja het daa een gemis!!!
Maar met al die tegnologie van vandag kan ek ook nie meer kophou nie - dis mxit, twitter, facebook, skype - you name it dis daar!!!
Waar mense die tyd kry om op al die goed rond te sit en krap is wat my verbaas - g'n wonder produktiwiteit in die land is in sy peetjie nie. Ek het amper skaars tyd om my gaai af te vee.....
Groete