Page 1 of 1
n Paar klein irriterende dingetjies
Posted: 15 Sep 2010 11:37
by Jules
Hi almal
Twee klein maar irriterende dingetjies
1) Bonnet se release kabel release nie altyd nie, kan die kabel rek? moet hom soms 5-6 keer pluk en daan moet ek amper die bonnet nog steeds oop forseer. Ek spuit Q20 OP DIE MEGANISME MAAR N PAAR DAE LATER SELFDE PROBLEEM
2) Elektroniese lugdraad gaan net n ent uit en steek vas, kan mens die ding ontkoppel en uitmekaar haal en skoonmaak of moet ek maar n meer buigbare non electrical eenheid opsit
Shalom
Jules
Re: n Paar klein irriterende dingetjies
Posted: 15 Sep 2010 14:03
by Izak
Hello Jules
Ek wil nou nie jou intelligensie in twyfel trek nie, maar soms kyk mens die klein goedjies mis. My Patrol het klein skakelaar langs die Difflock wat die lugdraad se uitstoot beheer. Kan dit dalk die probleem wees?
As nie dit is nie, dink ek 'n nuwe lugdraad is jou voorland. As jy so maand wil wag, ek gaan snorkel opsit en dan moet hy in alle geval skuif en is myne elektriese lugdraad joune as jy hom wil he. Ek haat die stywe lugdrade veral as ek in die veld ry en bekommerd is oor takke.
Groete
IJM
Ek laaik die Shalom waarmee jy afsluit.
Re: n Paar klein irriterende dingetjies
Posted: 15 Sep 2010 14:57
by Jules
Hi Izak
Ek is bly jy trek ook nie my intelligensie in twyfel nie

my vrou en kinders doen dit gereeld veral as ek n bietjie

vles gevat het
Ek dink die probleem is dalk iewers binne die lugdraad hy kom so 1/3 uit en dan kan jy hoor hy klink soos n LC wat sukkellend teen n bultjie wil uitkom waar n Patrol nou net met baie gemak uit gecruise het. Die skakelaar werk. Miskien moet ek maar kyk of ek die lugdraad nie kan uithaal en kyk of hy dalk n kinkel in het.
Shalom se betekenis
Strong's Concordance 7965 - Hebrew Shalom ..... A word study in the New King James version for SHALOM says: Completeness, wholeness, health, peace, welfare, safety soundness, tranquility, prosperity, perfectness, fullness, rest, harmony, the absence of agitation or discord
So in essence, when you speak out the word SHALOM - you are not only proclaiming peace, but all the above meanings of the word over that person - that's a mighty blessing!!!
Shalom
Jules
Re: n Paar klein irriterende dingetjies
Posted: 15 Sep 2010 16:40
by JG Shields
Jules, daai kabeltjie...vervang hom maar. Hy is in die proses om finaal die gees te gee. As hy breek terwyl die enjinkap toe is, sukkel mens nogal om die enjinkap weer oop te kry....en hy gaan nie breek as die kap oop is nie...???? Laat maak sommer een by Mr Cable.
Dis die lugdraad se kwaal daai. Binne het hy 'n plastiek spoor wat oor die ratkassie se dryftand hardloop wanner die lugdraad beweeg. Die plastiek sluit af agv die teleskopiese "pypies" wat buig of vuil word. As dit eers gebeur het maak hy soos 'n ritsluiter (zip). Hy kom nooit weer heeltemal reg nie.
Re: n Paar klein irriterende dingetjies
Posted: 15 Sep 2010 20:40
by Saltman
As jy so maand wil wag, ek gaan snorkel opsit en dan moet hy in alle geval skuif
Izak, hoekom moet jy jou lugdraad skuif wanneer jy 'n snorkel opsit? My Safari snorkel pas op my Y61 4.8 GL verby die lugdraad meganisme sonder enige probleme.
Jules my lugdraad het ook dit gedoen nadat ek die dem ding so 6 maande gelede teen die motorhuisdeur se bokant vas-gereverse het en sleg omgebuig het. Ek moes toe maar vorentoe ry en die segmente probeer reguit buig. Was nogal 'n mission!!! Het dit so 95% reg gekry! Sedertdien het die ding so 'n nuk gehad om so halfpad uit te stoot en dan daai vreeslike geluid gemaak soos wat die ratkassie sukkel / gly wat ookal!
Toe ry ons Botswana toe vir 'n maand gedurende Junie / Julie en in die bos gebruik ek mos nie die radio se lugdraad nie, so hy het omtrent so 3 weke toe gebly.
By Etsha klim ons weer op die teerpad en ek wil nuus luister om te hoor wat in die wereld aangaan, en SIEDAAR, lugdraad stoot tot heel bo uit en is sdertdien reg. Hy het nog nie een keer weer gestoor nie! Moral of the story - 1) ry vir 3 weke sonder om die lugdraad uit te laat stoot en 2) gaan hou 3 weke in Botswana vakansie om die probleem op te los! en 3) maak die segmente skoon en smeer met 'n smeermiddel wat nie ghries of olie bevat wat stof sal aantrek nie - (gebruik silikoon basis ?)
Hoop jy kom reg!
Re: n Paar klein irriterende dingetjies
Posted: 16 Sep 2010 12:22
by Kagiso II
AGAROB se draadloos-pippi maak ook so, willie alli pad af'ie en da wil hy ok 'ie allipad OP'ie ... maar die kar is 8-jaar oud [dalk verouder Datsun soo shondjies - 7jaar in een jaar ??]
Maar ek spuit hom WINFLON ... dit help nie 100% nie
Smaak my ek is oppad Botswana toe [wonner of 2 weke sal help ???]
Re: n Paar klein irriterende dingetjies
Posted: 17 Sep 2010 07:43
by David
Ek het dit weer ander kant om gedoen...
My aerial also stuck and I started to clean it with thinners - fully extending it and wiping clean about 20 times but never oiling it and it has now been fine for more than six months. I believe it is the dirt that sticks to the lubricant that forms a paste which causes resistance
Obviously if the gears slip then you have a different problem because the mechanism is shot.
Re: n Paar klein irriterende dingetjies
Posted: 21 Oct 2010 21:10
by Jules
Bietjie terugvoer
Lugdraad nog steeds nie lekka nie, maar bietjie beter = Q20
Bonnet cable release het gesien die rubbertjies "stoppers" was weer moeg en toe die raad gevolg wat op die forum is om daardie perrulles of so iets te koop 4 vir R8 EN NOU IS KABEL FINE. Die bonnet het te laag gesit met stopper papgedruk en wou nie lekka werk nie = nou werk soos n jack innie bos.
Shalom
Jules