Patrol Dieselenjins
Posted: 10 Sep 2010 14:30
Beste Almal
Ek is nuut tot die forum en wil graag leer by die manne wat weet (en dit lyk asof hier genoeg kennis is).
Ek is tans nog besig om te soek en gaan nie oorhaastig koop nie. Ek sou graag 'n diesel Patrol wil koop, maar ek is maar terdeƫ bewus van die probleme wat met ZD30 enjins ondervind word. Wat my nogal laat kopkrap het is hoekom daar nie Patrols met die TD42T3 enjins (117 kW) na Suid-Afrika toe gebring is nie. Dit lyk my die Patrols het vanaf 1997 tot 2002 met die enjins ook uitgekom en nie net met die ZD30 nie. Of lees ek heeltemal verkeerd?
Maar nou my vraag: My die Patrol Pickup wat nou met 'n 4.2 enjin beskikbaar is, is dit nie dan moontlik nie om ZD30 enjins te vervang wat opgepak het met 4.2 enjins wat seker darem nou weer in die omloop is? Enige gedagtes hieroor?
Ek sien Pieter du Toit skryf elders dat Nissan hom R 55 000 wou gee vir onderdele. Wat as Nissan hom dalk 'n 4.2 diesel enjin aangebied het?
Natuurlik is die 4.2 enjin soos dit in die Pickup voorkom heelwat swakker (maar waarskynlik goed genoeg), maar as ou 4.2 enjins gehelp kan word, waarom nie ook nuwes nie?
Groete en dankie dat ek hier mag deelneem.
Johann Strauss
Terloops, ek weet 'n bietjie van elektrisiteit so vra maar as daar iets is wat iemand dalk nog nie kon beantwoord nie. Dalk het ek 'n antwoord.