Page 1 of 4

Roofrack measurements

Posted: 18 Aug 2010 21:20
by Stefan
I'm designing a DIY roofrack,

Would anyone with a Frontrunner/Hannibal mind measuring the width and height of their roofrack for me?

Thanks

Re: Roofrack measurements

Posted: 19 Aug 2010 09:18
by KOOS BEST
Stefan, hoop dit gaan goed.
Kyk op frontrunner se web, al hulle dakrakke is dieselfde , gaan na Patrol om hulle sizes te kry. maar die rakke is slegs 3/4 die daklengte.
Wat verstelbaar is , is die pote . Sal myne gaan meet en vir jou deurstuur.As jy een bou slegs vir die Trol , vat jou eie afmetings, baie beter en mooier

As jy n dakrak maak wat in n gutter pas , baie belangrik,sorg dat die pote afkom ooreenstemmend met die pilare, maw die pote moet nie reg bo n venster afkom nie, dit sit onnnodige gewig op die dak daar , en jy sal later opmerk die deur se rubbers word beskadig, want die gutter word n bietjie afgedruk deur die gewig van die bagasie daar . N goeie plek is die pilaar tussen voor en agter deur , dan na die agter deur en dan heelagter.
Onthou ook om , vir afdakke ens plek te maak om vas te bout..
Groetnis

Re: Roofrack measurements

Posted: 19 Aug 2010 09:24
by KOOS BEST

Re: Roofrack measurements

Posted: 19 Aug 2010 13:24
by Stefan
Dankie Koos,

sover ek kan sien op frontrunner se website is die Patrol dakrakke in 3 lengtes beskikbaar: 2.2m, 2.4m en 1.4m. Hulle sĂȘ egter nie hoe breed of hoe hoog die rakke is nie.

My huidige ontwerp is 2400x1440x100mm (so miskien bietjie wyd en hoog)

Hier is die ontwerp van die dakrak
Image

en die voet:
Image

Ek het al by Landrovers gesien dat al die voete op 'n solide "bar" vas is, net nie seker of my patrol se gutters ook so reguit is nie.

Re: Roofrack measurements

Posted: 19 Aug 2010 16:08
by JG Shields
Stefan, ek het 'n Outback vollengte dakrak met "soliede bars" as voetstukke, as ek jou reg verstaan mbt die term "soliede bars". Die rak self het 4 voete aan elke kant wat op 'n aaneelopende voetstuk vas is. Dit lyk soos 'n 25x5mm platyster wat op sy kant staan. Hierdie voetstuk volg die kurwe van die Patrol se "gutter" oor sy volle lengte.

Re: Roofrack measurements

Posted: 19 Aug 2010 16:33
by Stefan
JG, dit is presies waarvan ek praat. Sal dit vir jou moontlik wees om 'n paar afmetings vir my te doen?
> Breedte van die rak
> Hoe hoog is die rak van gutter tot hoogste punt?
> Wat is die afstand vanaf die onderkant van die rak tot by die gutter per voetjie?

Re: Roofrack measurements

Posted: 19 Aug 2010 17:52
by SRXy
Stefan,

I have one....you're more than welcome to pull in to my spot and measure everything if you want too

Re: Roofrack measurements

Posted: 19 Aug 2010 20:55
by KOOS BEST
SRXy wrote:Stefan,

I have one....you're more than welcome to pull in to my spot and measure everything if you want too
So Stefan, lyk my jy is nou uitgesort.Om te steelmet jou oe is altyd die beste en met iemand anders daaroor te praat.

JG , geluk man ek sien jy is nou net mooi n jaar met die forum!!!!! :clap: dit lyk my jy geniet dit hierso, mooi so hou so aan.

Re: Roofrack measurements

Posted: 20 Aug 2010 07:38
by JG Shields
Stefan, ek sal die afmetings met plesier vir jou doen. Ek sien SRXy se dakrak is dalk beskikbaar vir jou om te "copy". Laat weet asb of jy daarmee regkom. Indien nie, stuur ek vir jou die mates.

Dankie Koos. Ja, ek geniet die forum baie...danksy 'n groot klomp ander manne wat sekerlik dieselfde voel oor baie dinge.

Re: Roofrack measurements

Posted: 20 Aug 2010 13:15
by tour de frans
Lekker program waarmee jy werk Stefan.Lyk goed,miskien moet ek weer by jou kom afkyk.