Page 1 of 1

Solar cell

Posted: 20 Jul 2010 16:23
by Vaatjie
Solarex solar cell for sale. 55w 3.33A Size 935mm x 500mm x 30mm Cost R1500.00 o.n.c.o. Works very well and in good condition. Bought two new panels 80w and 120w and will not use this 55w anymore.

Re: Solar cell

Posted: 21 Jul 2010 13:49
by tour de frans
Vaatjie,ek stel belang,moet ook sien waar ek die ding wil fit.Sal jou bel
Frans

Re: Solar cell

Posted: 21 Jul 2010 22:27
by Pieter du Toit
Vaatjie,

Waar koop jy die solar panels - en is dit die opvou / oprol tipe of solid panels?? Ek en my swaer is ook besig om na solar panels te kyk - iets wat darem my off road trailor se battery gecharge kan hou vir yskas en 12v liggies wanneer ek vir n paar dae op een plek staan. Soos bv Des gaan ons bietjie deur Lesotho / Transkei toer en kamp.

Sal jou input waardeer - ek weet maar min van die goed.

Groete

Re: Solar cell

Posted: 22 Jul 2010 10:11
by Vaatjie
Pieter sal jou later die detail gee. Biejie besig op die oomblik. QQQ

Re: Solar cell

Posted: 11 Aug 2010 15:45
by Pieter du Toit
Vaatje,

Is jou nog steeds besig?? :think:

Groete

Re: Solar cell

Posted: 16 Aug 2010 09:52
by Pieter du Toit
Hello Francois,

Ek het hierdie panel in Outdoor warehouse gesien ( 80W = 4.5 amps per hour) - maar dink die price tag is bietjie erg.

Kan jy iets soortgelyk bekom en ten watter prys ?? Ek hou van die hele pakkie soos hy daar staan - panele wat toevou, plaat aan die agterkant om panele te beskerm en sak waarin dit is. As hy toegezip is tel jy hom letterlik soos n tas op en dra dit. Daar is outlet sockets op die kant en die panele is "reverse polarity protected".

Image

Image

Image

Sorry ek post nou alles hier maar ek kan nie fotos pm nie - maar pm my jou sel no dan bel ek jou asb.

Ek wil / moet kyk na n solar panel voor ek Des die Lesotho / Transkei trip doen.

Groete

Re: Solar cell

Posted: 17 Nov 2010 08:03
by JG Shields
Pieter, het jy hierdie ondersoek van jou verder gevat? Ek is nuuskierig. Hier in Midrand is 'n elektronica plek met verskeie panele teen aantreklike pryse. Ek weet net nog te min van die sonpanele en hul eienskappe om self in te spring.

Re: Solar cell

Posted: 19 Nov 2010 09:21
by Pieter du Toit
Hello JG,

Ja ek et toe maar vir my een van daardie panele soos op die foto gekoop (maar nie by Outdoor Warehouse nie - hulle pryse is mal en dit was aansienlik goedkoper) - Vaatjie was bietjie te besig en het nooit terug gekom na my toe nie.

Ek is happy met my kopie - maar het nou nog nie die geleentheid gehad om dit te toets nie. Die hele idee van die paneel is gemik op my Des vakansie deur Lesotho / Transkei en sal ek eers daarna werlike gbruik terugvoer kan gee. My paneel wat ek toe gekoop het is n 90 Watt - maar dit is werklik baie "robust" en maklik hanteerbaar. Omdat die paneel self toevou soos in n tas is die panele self baie beskermend. Die paneel het ook n hella en gewone sigaret lighter plug ingebou. Wat ek wel graag op die paneel self sou wou by gehad het is n battery monitor - maar ek gaan sommer kyk om dit self op n manier aan te bring.

Wat ek wel weet is dit is nie die moeite werd om kleiner as 80 watt te gaan nie - ideaal gesproke moet mens eintlik so n 130 Watt paneel te he vir n deep cycle battery - maar uiteraad raak die goed ook al hoe groter soos die wattage opgaan. My swaer het n 30 watt paneel (wat lekker klein is) by n ou geleen wat hom vertel het dit sal werk - maar die ding kon nie eers vir n gewone naweek sy deep cycle vol genoeg hou om die yskas te hardloop nie.

Ek ken nou nie die tegniese spesifikasies alles uit my kop uit nie -maar ek het die papiere daarvan en sal dit vir jou post. Ek wil nou nie n klomp goed hier post en my naam met n plank slaan nie - maar dink ek sal in die omgewing van so 5 dae kan gaan met die paneel en my yskas op n deep cycle battery (as ek reg onthou).

Ek hou nie van die "kaal" paneel idee nie - mens moet te alle tye versigtig wees waar jy die ding pak en stoor - en volgens my op n overanding trip is dit n resep vir seer kry. Nou kan ek die ding in my trailer pak en ander bagasie op en rondom dit sonder om oor die glas paneel self bekommerd te wees. Ek kan nou bv die paneel plat oopvou en op my kar se dakrak neer sit waar ek staan of selfs plat op die grond.

Sal maar moet wag en sien - net my vakansie sal my leer of dit n goeie kopie was.

Groete

Re: Solar cell

Posted: 19 Nov 2010 12:48
by Kagiso II
IVOR ???? joe hoooooo - Bru, waa jy? Help bikji uit en gee regte raad man
[ek nodig ook 2 panele [een vir staanmaak waar ek kamp - en een vi saamdra waar ons op die eilandjies gaan uitreik [daaaaaaaa bo inni Delta en lakje Malawi ens ...][-hu gannit met Ibubhezi?]

Re: Solar cell

Posted: 19 Nov 2010 13:24
by David
Pieter du Toit wrote:Ja ek et toe maar vir my een van daardie panele soos op die foto gekoop (maar nie by Outdoor Warehouse nie - hulle pryse is mal en dit was aansienlik goedkoper)
Hello Pieter - Waar het jy toe gekoop en wat het dit gekos?