Ungili lek Anti-Freeze!!
Posted: 25 May 2010 08:04
Het Saterdag in Borakalalo gaan werk - is 05h30 uit Pretoria en die demister wou nie so goed soos gewoonlik werk nie. Daar was 'n snaakse reuk in die Patrollie maar kon dit nie opspoor nie.
Gister oggend by die werk sien ek nat kolle op die pad en gister middag 'n groot nat kol onder die passesiers kant.
Het die bonnet oopgemaak en sien toe dat daar anti-freeze druppels is in 'n gaatjie in die fire wall - seker waar die aircon water uit kon. Die radiator kert toe so 2 liter water.
By die huis het ek die probleem begin soek en vind toe dat die matte aan die passesiers kant nat is en dit lyk of dir miskien die heater radiator is wat lek.
Om die radiator uit te kry lyk na groot werk! Miskien wat ek moet doen is om eers kerriepoeier in te sit en sien of die lek ophou - dit het puik gewerk met die vorige engin radiator.
Enige ander voorstelle?