Page 1 of 1

Y61 Remapping

Posted: 27 Jun 2024 16:53
by Zakhil
Menere,

Ekt onlangs Wayne se Y61 gekoop waar Graham 'n turbo op gesit het. Ons het gedink dit sal 'n maklike task wees om net te remap hier onder by op die tuin roete, maar die manne vertel my anders.

So volgens Graham is die standaard ECU gebruik met 'n Dastek chip op.
Die manne by ATM Chip tuning sê hul kan nie iets vir my doen omdat die kar nie oorspronklik met turbo uit gekom het en dat ek moet kyk na 'n Diktator wat dinge sal reg stel. Die by ECOMAX sê hul kan die ECU remap maar haal dan die Dastek chip uit.

Wat is jul ervaring met aftermarket turbo en wat die beste is om te doen?

PS As ek 120 lang pad doen kry ek 6.5, dorp en bietjie lang pad 4.3 en as ek die Horsebox sleep net 4km/l!! Dit maak my dood.

Sent from my Hisense Infinity H50 using Tapatalk


Re: Y61 Remapping

Posted: 27 Jun 2024 19:22
by SJC
Zakhil wrote: 27 Jun 2024 16:53 PS As ek 120 lang pad doen kry ek 6.5, dorp en bietjie lang pad 4.3 en as ek die Horsebox sleep net 4km/l!! Dit maak my dood
Is dit nie maar omtrent wat al die 4.5/4.8’s gee nie?
Of het jy diesel? :think:

Re: Y61 Remapping

Posted: 27 Jun 2024 23:31
by Zakhil
SJC wrote:
Zakhil wrote: 27 Jun 2024 16:53 PS As ek 120 lang pad doen kry ek 6.5, dorp en bietjie lang pad 4.3 en as ek die Horsebox sleep net 4km/l!! Dit maak my dood
Is dit nie maar omtrent wat al die 4.5/4.8’s gee nie?
Of het jy diesel? :think:
Nee dis 'n petrol, net nooit kon dink hul gee 4km/l

Sent from my Hisense Infinity H50 using Tapatalk


Re: Y61 Remapping

Posted: 28 Jun 2024 05:38
by Peter Connan
Praat met Frans Fourie.

Hy is in die Kaap maar was of is baie betrokke met Dastech.

nul83 4nul9 25nul9

Re: Y61 Remapping

Posted: 28 Jun 2024 08:39
by jakeslouw
n Turbo het nog nooit brandstofgebruik verlaag nie. Inteendeel, op n petrolenjin, sal jy altyd by die pompe n boete betaal.

In plaas dat jy nou goeie geld weggooi, dink miskien aan n M57 ombouing.

Re: Y61 Remapping

Posted: 28 Jun 2024 13:37
by izakjbrt
Ek het nie eers 'n turbo op my 4.8 nie, en ek kry omtrent 4.8 lol. Net so onder die 5. My ander 4.8 het niks extra op nie en dit kry so 5.5. Ek kyk nie eers meer na saai naald nie, ek weet elke petrol stasis is omtrent 'n stop