Lobo ontmoet Atlantis
Vandat ek oom Mac ontmoet het wil hy al Atlantis toe gaan. En hy het toe ek vir Lobo gekry het vir my so paar pointers gegee oor hoe ek nou as ek daar uitkom vir Lobo teen die duine moet opstuur.
So gebeur dit nou die naweek dat ons die FWDC se jaarlikse Atlantis Funday bywoon. Ek en my vrou in Lobo. Reg vir die ding.
Maar o wee! Toe ek daar aankom, opsoek na die party waar ek moes uitkom, het ek 'n paar benoude oomblikke gehad.
Ek laat gaan die bande tot 1,0 bar. As jy by Atlantis inkom is daar so simpel duintjie en hier wou Lobo nie uitkom nie.
Ek sweer ek het al daar gery en weet hoe (het dit al selfs met 'n Isuzu gemaak!

Isuzu manne moet nou nie kwaad raak nie!)
Gelukkig kom daar toe 'n paar ouens van voor af en toe ek bo op die bultjei kom, se die ou vir my die bande is te hard.
Hy noem ook so tussendeur dat dit lyk asof die voorste wiele nie trek nie... Nou, soos julle weet het ek mos so rukkie terug die hubs vervang en my hart gaan staan toe amper. Het ek nou iets verkeerd gestaan en doen? Het ek Lobo se voorste diff vernietig? Het ek die enjin gebreek? Is die gebrek aan wêreldvrede my skuld?!!
Ek klim toe maar uit en laat die bande verder af, tot by 0.8.
Soos ek terugstoot om weer 'n bietjie momentum te kry om verder te gaan (was so teen 'n opdraande geparkeer) hoor ek so sagte "click" van die voorste hubs af en voila, Lobo se hubs lock en hy seil oor die duine soos 'n wafferse seemeeu - het darem nie gevlieg nie!!
Ek kom toe by my party uit (het eers bietjie verdwaal) en voel baie trots op myself. Later wil die manne 'n bietjie gaan duine ry en ek is heel in vir die ding. Maar weer wil Lobo se hubs nie engage nie (ek het hulle nie losgemaak nie).
So laat vaar ek maar die idee, en met reën wat rondom my uitsak sit ek en haal die Hub se coverplate af (dis toe net die regterkantste een wat nie engage nie, en wil ook nie disengage nie). Draai hom so paar keer maak seker die ratte en goed aan die binnekant kan draai, sit hom weer vas en vlieg toe weer mooi teen die duine uit!)
Die volgende dag is toe uiteindelik die groot pretdag. Ek het toe ook die bande afgevat na 0.6 bar toe - dit het baie gehelp!
Die eerste uitdaging was 'n dune charge. JY kon kies vir hoeveel punte jy gaan - afhangende van hoe ver jy van die duin af begin (hoe ander hoe meer punte). Voor my was daar 'n Cruiser en 'n Colt wat altwee nie die merk kon maak nie. Die group leader kom staan by my en sê so half vermakerig dat hy hoop die ou lady maak dit to bo.
Ek kies toe maar om vir 60 punte te gaan. (Jy kon, 100, of 80 ook kies, elkeen 'n meter nader) Sit hom in tweede rat Low Range en sit voet in die hoek. Lag-Lag maak ek dit tot bo!
Lobo het letterlik stof in hulle oë geskop en uit 11 rygoed in ons groep (nie almal het die moeilike duin gekies nie) was Lobo een van slegs twee wat tot bo gekom het!
Die res van die dag het baie goed gegaan en behalwe vir 'n paar vlaggies wat om skerp draaie voor Lobo ingespring het (weet nie hoekom hulle die draaitjies so skerp maak nie!) Lobo het homself goed gedra en Oom Mac sal baie trots wees oor hoe hy die duine aanvat. Nou moet die oompie net kom kuier dat ek hom ook kan wys!!
Ek moet net sê, ek was nogal jammer oor hoe min Patrols ek daar gesien het. Waar is die Kaapse ouens? Drie weke terug was daar 60 van ons, ek dink ek het 4 ander Patrols op die dag gesien. (een was ons group leader wat nog nooit eers van die forum gehoor het nie.)
Hier is so paar kiekies

My vrou het mooi gevra of sy ook kan bestuur op pad terug. 'n Paar kussings onder haar het die probleem om oor die stuurwiel te sien opgelos!!
