Page 6 of 9

Re: BANG!!! - DEAD!!!!

Posted: 13 Apr 2010 17:06
by tour de frans
:wink: ,Sal interesant wees Stefan.Hulle sal ook die saak ondersoek voor hulle iemand aanvat,om te sien of jy n goeie stand punt het.Ek dink ook dit kos niks.
Johndough,dis waar oor die beskikbaarheid van parte,wat die wet se en die praktyk is twee verskillende dinge.maar ek sal n verskaffer aanvat as hy na 5jaar nie meer kan voorsien nie....
Dis soos daai ou wet wat se;Jy mag nie vir n petrol joggie se om R100 in jou kar te gooi nie,hy moet vol maak.Ek dink die joggies of garage eienaars weet dit dalk nie.Ag of die wet nog bestaan weet ek ook nie,maar dit was vroeer jare so.
Groete

Re: BANG!!! - DEAD!!!!

Posted: 13 Apr 2010 22:51
by Kagiso II
Dagsê manne - ek leef nog en glo dit gaan goed, dankie ... die Uitreike hou my besig ... maar in atwoord op:

Ek sidder net om te dink as dit n voertuig was wat n inkomste maak.Jou kar staan al n maand.Ek dink dit is baie swak van Nissan om die storie uit te rek en dan jou basies onder jou agterwereld skop.Dis waar manne moeg raak en ander produkte ook koop,net oor klantediens.

Agarob staan al vanaf Oktober laasjaar ... twee weke gelde het die Sylvia mens hard en mond belowe sy "kom terug na my" binne dae ... ek wag nog
Die ene [hoogheilige obereikbare Jacques Labotski [Lubowski ??] verwerdig nie een om my terug te bel na 39 boodskappe en versoeke dat hy my moet sskakel nie - [ hy is NOOIT beskikbaar wanner ek bel nie, enoge tyd van die dag]

So -= Pieter my vrind, Agarob gaan nou 'n Lexus enjin in kry - oral op hom sal baie groot geskrywe staan hoe pateties Nissan SA se omgee is - en sy 'sticker sal sê "LEXSAN" NixSan..

Di tlaat 'n wrang smaak in mens se mond - en die ouens wat my van lankal af ken weet hoe ernstig en passievol ek opgekom het vir Nissan en die Nissan voertuie - en die hoof van hulle klantediens verwerdig hom nie om 'n oproep te beantwoord nie.
Skreiende skande. :thumbdown:

Re: BANG!!! - DEAD!!!!

Posted: 14 Apr 2010 07:09
by JG Shields
Pieter,

Jy staan voor moeilike keuses en niemand kan, of moet, vir jou voorskryf nie. Die eina daaraan verbonde le nog vlak in my eie geheue maar....die resultaat van die 4.8 se oorplanting in Lasarus se borskas gee my tans enorme plesier. Ek bly eintlik verstom oor die pure genot wat ek ervaar .. TOUCH WOOD! Dis ook te verstane dat jy die koste aspek graag so klein as moontlik op jouself wil maak. Met verwysing na die ombudsman en sy werkswyse, sou ek persoonlik dalk die proses van hier af in twee aparte stroompies verdeel het.

1. Gee die hele saak vir die ombud om te ondersoek. Hy krap op plekke en maniere wat geweldige ongemak vir die BOELIES veroorsaak. Die boelies se vertraging-/ontmoedigingstaktiek werk ook nie met hom omdat hy die fondse, tyd en wetgewing het om sy werk op sy eie tyd en teiken te doen. Indien jou klagte baie goed saamgestel is wat feite rakende ander manne se soortgelyke ervarings insluit, kan dit goeie resultate oplewer, nie net vir jou nie maar vir ons almal. (Jammer die vraggie land op jou skouers, maar ons sal help! Dis dalk raadsaam dat 'n groepie van ons hom gaan sien) Sodra die ombud bewys dat die ZD30 se probleme algemeen is, kan Nissan nie agterna weer vir enige iemand lieg deur dit te ontken nie. MAAR...MOENIE SPOED OF ENIGE GELDELIKE WAARBORGE VERWAG NIE! Dis nie waaroor die ombud se werk gaan nie.

2. Raak opgewonde oor die resultaat van jou voertuig met jou ideale enjin in sy borskas, knyp vas en kry die job gedoen. Ek weet dis makliker gese as gedaan, maar dit gaan 'n groot smile terug sit op jou gesig en in jou hart. Indien jy later dalk iets terug kry van wie ookal, beskou dit as 'n bonus.

Geniet nou eers MMC. Jy gaan in elk geval met 'n lied in jou hart terug kom.

Re: BANG!!! - DEAD!!!!

Posted: 14 Apr 2010 10:40
by AndriesS
Ek wonder of n mens nie ander kanale ook moet gebruik nie, tipies soos 702 se talk shows om te wys hoe stadig die ombudsman reageer nie en dan is daar ook die gebruikers forum ( ek dink dit is Ina in beeld) wat baie keer slaag net omdat dit slegte publisiteit kan veroorsak.

Soos JG gese het besluit om n kragbron wat die hart laat klop. Ek wonder hoekom die Lexus so in aanvraag is, vs n big block amerikaanse blok. Die parte vir die engine is maklikker beskikbaar en daar is minder elektronika, in dieselfde asem kan daar wel insputing stelsels ingesit word

Re: BANG!!! - DEAD!!!!

Posted: 14 Apr 2010 12:59
by tour de frans
Ek weet ek ry op you thread Pieter,ek wil net gou vir Johndough antwoord.Ek wil ook net se ek staan by jou wat ook jou besluit met jou kar ek SAL help,met herstel of ombou,se net. :thumbup:
Johndough,die lexus is n baie goeie enjin en jy betaal net R6500 vir hom.So breek hy gooi jy hom weg en sit weer een in.Die enjins kom taamlik voledig(aircon pomp is gewoonlik weg).Hulle is lekker lig en maak goeie krag,hulle kan ook lekker rev.Dis n baie goeie "allround enjin" wat krag,gewig,verbruik aanbetref.Dan klink daai 8 mos nog mooi ook!
Groete

Re: BANG!!! - DEAD!!!!

Posted: 14 Apr 2010 13:11
by Kagiso II
John Dough - vertel my groot asseblief watter "parte" jy na verwys wat meer beskikbaar is - teenoor watter ander produk gemeet?
Ek lees en hoor oral dat Toyota se parte in Afrika meer beskikbaar is - maar dan moet ons 4-dae in Kasane [Botswana] wag vir 'n agter wiel bearing en seël vir 'n Land Cruiser model 80 (asook 'n agter side shaft) ... en daardie selfde parte was beskikbaar vir, Terrano, 'n Hardbody en 'n Patrol in dieselfde Kasane ...
oompie vra maar net - sonner om oorlog te verklaar [is amper soos die wolhaarstorie wat rondloop dat die 'hippo' [seekoei] meer mense doodmaak in Afrika as leeu en krokodil saam .. nou vra ik met trane in my watewwerkleur oge: Wie het daai opnamme gemaak? In watter gebied? oor watter tydperk ? Wie het daardie "bevinding" ge-oudit en bevestig] ??

Met Agarob loop dit so - as SAC nie teen more 'n "import" enjin kan neersit nie dan gaan hy vir 'n Lexus enjin ... punt en klaar.

Re: BANG!!! - DEAD!!!!

Posted: 14 Apr 2010 15:53
by AndriesS
Ek het spesifiek na engine parte verwys.

Soos ek kan aflei is die Lexus 4l parte nie so algemeen nie, so as jy n nuwe stel gaskets of so iets nodig het kan jy nie sommer by Totoya instap nie. Ek het self nog nie gebel vir parte nie so dit is nou n gevoel en hear say. dan is daar die prys van die ombouing en die koste om al die electroniese gizmos te kry om reg te werk, veral met die snazzy ratkas dan by. Ek wonder ook of die engine se torque/kW sterk genoeg is vir 2.5ton lorries. Ek het verlede jaar na n' Cruiser gekyk en die het n Lexus engine ingehad en daar was menig opinies oor dit. Dit klink asof hy baie goed werk in die Hilux maar die se gewig is minder as ons lorries sin. Die sukses met die oorspronklikke ECU lyk ook nie vir my so hoog nie, so daar is dan kostes van al die ekstras. Soos Frans ook gese het as jy hom stukked ry koop jy net n nuwe een.

Ek sou eers in n wa wil ry wat die engine het, dit deur die bos vat, op sand en op oop pad. Dit is maklik om te se hy ry lekker maar is hy lui om tot op 60 te kom? kan jy met hom sleep as dit vir jou belangrik is.


Daar is n paar verskaffers in SA van VSA engine parte, RS performance is seker van die grootste en daar is n menigte spesifikasies en kennis vir kopstukke, nok-aste, spruitstukke wat dit beter geskik maak as n toere jaag V8. Ek ken egter nie die verskil in gewig nie en hoe na hy aan bevoorbeeld die 4.8l se gewig is nie.

Die vergasser V8 is tradisioneel ongewild omdat hy uit petrol raak, maar n engine met 2 drade vir die starter, 1 vir olie druk, 1 vir temperatuur, 3 dalk vir vonkverdeler en 2 vir alternator is aanloklik vir my teenoor 10 talle vir alle sensors wat net moelikheid kan gee . in die veld is dit dan is daar vonk , petrol en jy is oppad, nie 'n sneller posisie sensor, lugvloei draad ens. In dieselfde asem sal ek graag wil sien hoe maklik n insputing stelsel op s n engine gesit kan word.

Sover dit parte aangaan in Afrika, weet nie rerig die verskil tussen die Lexus en VSA V8 nie, maar ek dinknie daar is baie Lexus in Afrika nie.

Re: BANG!!! - DEAD!!!!

Posted: 14 Apr 2010 18:18
by JG Shields
Vir wat dit werd is. Toe my ZD30 gedood het, het ek ook Lexus oorweeg. Inteendeel, my enjin het al langs Lasarus gestaan, die ombouing sou die Maandag begin en die Vrydag voor die naweek het ek op die 4.8 enjin afgekom. My opsomming van die Lexus was:

1. Baie goedkoop om aan te koop.
2. Onnodig om reg te maak. Vervang hom vir dieselfde geld as 'n trecon turbo op die ZD30.
3. Teen hierdie tyd loop daar duisende ingevoerde Lexus enjins in SA. Ja, Toyota self hou nie die onderdele aan nie, maar die alternatiewe handelaars is reeds orals aan die gang.
4. Andries, daar is "fly-by-night" Lexus ombouers en dan is daar manne wat hul job ken en die snazzies baie vinnig uitsorteer.
5. Ek het in 'n Safari bakkie gery met 'n Lexus in om te bepaal of ek dit sou doen of nie. Daar was net een ding wat my afgesit het - DIE FEIT DAT DIT NIE 'N NISSAN ENJIN SOU WEES NIE. Die bakkie was soos 'n kat op 'n warm plaat. Ek glo hy gaan goed werk in die stasiewa bakwerk met daai 216kw uit die V8 uit.
6. Ek sou my GRX auto ratkas behou het. My en Attie (die oorplant chirurg) se berekening het daarop gedui dat die verhoudinge sou uitwerk. Nou na my 4.8 oorplanting en die ry ervaring wat ek opdoen, glo ek steeds die Lexus enjin, GRX diesel auto ratkas en 4.3 ratio diffs van die 3.0Di gaan baie goed kombineer. Die ratkas gaan 'n spitronics TCM kry.
7. Hy sal 'n pasmaak fan-cowl moet kry.

Dis darem ironies hoe ons skades vir ons ure se geselsgenot verskaf....

Re: BANG!!! - DEAD!!!!

Posted: 30 Apr 2010 12:45
by JG Shields
Pieter....nou wat nou? Ons het 2 weke laas van jou gehoor. Vertel asb vir ons wat gebeur met jou Patrol. Ons wag in spanning.

Re: BANG!!! - DEAD!!!!

Posted: 20 May 2010 11:52
by Pieter du Toit
Goeie dag mede forum lede,

Ek was lanklaas hier - so mismoedig was ek al die afgelope tyd dat ek John wou kontak en vra om my van die forum af te "delete". My Patrol staan ook nog steeds - maar hierdie boer klong het nog nie gaan le nie. Ek het nog geen positiewe antwoorde nie - maar hier is n kort samevatting van verwikkelinge:

Na twee weke se gesukkel om n skriftelike antwoord uit Nissan SA te kry het ek Alet Grobler (CEO Sekretaresse) gebel en gekla oor hul onbehulpsaamheid. Sy het my gevra om Tony Minnie te kontak en ook sy email adres en tel no gegee. Nou ek is mos nie n man wat hou van sulke dinge telefonies doen nie want dit raak n ek het jy het gese - en niemand weet wat eintlik gese is nie. Toe doen ek maar die email ding.

Binne 24 uur kry ek n atwoord van Tonnie Minnie dat my saak aandag geniet en her-evalueer sal word. Hy copy ook n paar ander mense in sy mail. Dit was 29 April 2010......

Wel vandag - 70 emails later - het ek n antwoord van Mnr Jacques Labotsky gekry - dat Nissan my nog steeds nie gaan help nie. Intussen het ek voortgegaan om die engin te laat trek, ek en Frans het hom gestrip en die volgende gekry:

My head is gekraak by al vier valve sets waar die glow plug deur die head kom - nog n teken van oorverhitting:
Image

Piston no 2 het n gat deur gebrand:
Image

Piston no 3 is gekraak:
Image

Die sleeve in die blok van piston 2 en 3 het seer gekry:
Image

So julle almal kan sien is dit redelike ernsitge skade - en nie ek of Frans het verwag dat die head ook gekraak gaan wees nie.

Ek vervolg met die daaropvolgende nuus anders raak die post te lank.

Groete