Goeie dag mede forum lede,
Ek was lanklaas hier - so mismoedig was ek al die afgelope tyd dat ek John wou kontak en vra om my van die forum af te "delete". My Patrol staan ook nog steeds - maar hierdie boer klong het nog nie gaan le nie. Ek het nog geen positiewe antwoorde nie - maar hier is n kort samevatting van verwikkelinge:
Na twee weke se gesukkel om n skriftelike antwoord uit Nissan SA te kry het ek Alet Grobler (CEO Sekretaresse) gebel en gekla oor hul onbehulpsaamheid. Sy het my gevra om Tony Minnie te kontak en ook sy email adres en tel no gegee. Nou ek is mos nie n man wat hou van sulke dinge telefonies doen nie want dit raak n ek het jy het gese - en niemand weet wat eintlik gese is nie. Toe doen ek maar die email ding.
Binne 24 uur kry ek n atwoord van Tonnie Minnie dat my saak aandag geniet en her-evalueer sal word. Hy copy ook n paar ander mense in sy mail. Dit was 29 April 2010......
Wel vandag -
70 emails later - het ek n antwoord van Mnr Jacques Labotsky gekry - dat Nissan my nog steeds nie gaan help nie. Intussen het ek voortgegaan om die engin te laat trek, ek en Frans het hom gestrip en die volgende gekry:
My head is gekraak by al vier valve sets waar die glow plug deur die head kom - nog n teken van oorverhitting:
Piston no 2 het n gat deur gebrand:
Piston no 3 is gekraak:
Die sleeve in die blok van piston 2 en 3 het seer gekry:
So julle almal kan sien is dit redelike ernsitge skade - en nie ek of Frans het verwag dat die head ook gekraak gaan wees nie.
Ek vervolg met die daaropvolgende nuus anders raak die post te lank.
Groete