Page 6 of 7

Re: Botswana 2019 - Forum trip

Posted: 05 Aug 2019 11:32
by Ria Pieterse
Dankie aan almal wat saamgekyk het na die foto's.

Re: Botswana 2019 - Forum trip

Posted: 05 Aug 2019 11:54
by Ria Pieterse
Gidichaa olifant kamp na Waxhu Sinkhole Wildcamp

Re: Botswana 2019 - Forum trip

Posted: 05 Aug 2019 12:46
by Tommie
Ria.

Dankie soos altyd mooi fotos en mooi herineringe

Re: Botswana 2019 - Forum trip

Posted: 05 Aug 2019 13:43
by Ria Pieterse
Plesier, ek het nog wat ek wil wys tot die einde saam met ons groepie .

Re: Botswana 2019 - Forum trip

Posted: 05 Aug 2019 15:21
by Ria Pieterse
Waxhu Sinkhole kampeerplek in die Bos.

Vanaf Waxhu Sinkhole Wildcamp ry ons na die Gwihaba Caves voorheen Drotsky Caves en geniet middagete, daarna ry ons sovêr ons kom na 'n onbegaanbare bospad wat verdwyn en ons moes omdraai, ons kamp sommer direk langs die pad vir die nag. Dit was ons laaste nag saam. Die volgende oggend het, Graham en Tony-hulle vertrek na Maun se rigting en Stockpoort grenspos die volgende dag en ons, Die Pretoriusse en Watkinse vertrek na Kang, waar ons saam gaan eet het in die restaurant en verkies het om in kamers te oornag. Die muskiete het ons behoorlik opgevreet in daardie kamers. Die volgende dag het ons vertrek na Lobatse Grenspos, daarna skei ons paaie by Zeerust, waarna elkeen in sy eie rigting huiswaarts gekeer het

Re: Botswana 2019 - Forum trip

Posted: 05 Aug 2019 15:28
by Ria Pieterse
[quote="Ria Pieterse" post_id=105512 time=1565011296 user_id=4167]
Waxhu Sinkhole kampeerplek in die Bos.

Vanaf Waxhu Sinkhole Wildcamp ry ons na die Gwihaba Caves voorheen Drotsky Caves en geniet middagete, daarna ry ons sovêr ons kom na 'n onbegaanbare bospad wat verdwyn en ons moes omdraai, ons kamp sommer direk langs die pad vir die nag. Dit was ons laaste nag saam. Die volgende oggend het, Graham en Tony-hulle vertrek na Maun se rigting en Stockpoort grenspos die volgende dag en ons, Die Pretoriusse en Watkinse vertrek na Kang, waar ons saam gaan eet het in die restaurant en verkies het om in kamers te oornag. Die muskiete het ons behoorlik opgevreet in daardie kamers. Die volgende dag het ons vertrek na Lobatse Grenspos, daarna skei ons paaie by Zeerust, waarna elkeen in sy eie rigting huiswaarts gekeer het.


Waxhu Sinkhole Camping Site in the Bush.

From Waxhu Sinkhole Wildcamp we drive to the Gwihaba Caves formerly Drotsky Caves and enjoy lunch, then drive as soon as we left to a bush road that disappears and we had to turn around, we camp just down the road for the night. It was our last night together. The next morning, Graham and Tony left for Maun's direction and Stockpoort border post the next day and we, Die Pretoriusse and Watkinse left for Kang, where we had dinner together in the restaurant and chose to stay overnight in rooms. The mosquitoes ate us in those rooms. The next day we left for Lobatse Border Post, then we parted ways at Zeerust, after which each one turned in his own direction home.

Re: Botswana 2019 - Forum trip

Posted: 05 Aug 2019 17:01
by Peter Connan
Ek het regtig gedink daai hoede is die vrugte van Schuster se verbeelding!

Jou fotos maak my lus om te ry Ria. Gelukkig is dit Donderdag RIVERTRIP!

Re: Botswana 2019 - Forum trip

Posted: 06 Aug 2019 08:01
by Ria Pieterse
Peter Connan wrote: 05 Aug 2019 17:01 Ek het regtig gedink daai hoede is die vrugte van Schuster se verbeelding!

Jou fotos maak my lus om te ry Ria. Gelukkig is dit Donderdag RIVERTRIP!
Dankie Peter . Jy moet ook jou foto's kom deel van jul River Trip.Julle moet lekker gaan ry en geniet, dit is 'n belewenis, wat ons ook eenmaal meegemaak het . Ek hoop Tinus bak sommer elke aand vir julle 'n potbrood.

Re: Botswana 2019 - Forum trip

Posted: 06 Aug 2019 08:05
by Ria Pieterse
Peter, daardie kopdoeke is tradisionele drag vir sekere stamme in Botswana en Namibië, ons het so 3 verskillendes gesien. Die tradisionele drag word verdring met moderne klere ook in Afrika.

Re: Botswana 2019 - Forum trip

Posted: 06 Aug 2019 12:49
by Peter Connan
Dankie Ria.