Page 6 of 33

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 04 Oct 2011 14:02
by Peter Connan
Solank die hubs nie gesluit is nie, nee.

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 04 Oct 2011 14:14
by Gerrie
Oukei... en dan, as ek die hubs vasdraai, iemand het gesĂȘ daai moet boute moet ge-torque wees... So hoe doen ek dit dan? :helpsign:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 04 Oct 2011 15:19
by Herrie
Check die manual wat Mac jou gegee het!

54-59 Nm

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 04 Oct 2011 15:29
by Gerrie
Ek het gewonder of dit in die manual sou wees aangesien heirdie aftermarket hubs is... sal dit dan dieselfde wees?

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 05 Oct 2011 07:19
by Peter Connan
Gerrie ek sou sy hou by die manual se syfers. Het jy toegang tot 'n torque wrench van die korrekte grote en allen sockets?

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 05 Oct 2011 08:50
by Gerrie
Reg, die hubs is op. Het hulle ge-torque (Dankie Hermie) maar die boute wat weg was het ek vervang met gewone boute vir tyd en wyl. Gewone 10 x 30 boute pas perfek.
Die ander hub het toe ook al so paar boute gehad wat 'finger tight' was. Het split washers ingesit - saam met die nuwe hub en boute aan altwee kante. so ek moet nou 6 van daai allan key boute kry...
Wat vir my vreemd was is die gasket wat tussen die hub en die wiel moes kom - was nie in die boks saam met die hubs nie - so daar is nou nie gaskets in nie, maar ons het gasket sealer ingesit...
En dan is daar ook circlips. Op die hub wat gebreek het, het die circlip nog gesit. Ons het gedink dis dalk in die binnekant van die hub en hom nie teruggesit nie. Toe ons die anderkantste hub oopmaak en sien hy het ook 'n circlip wat eers uitgehaal moet word voor ons die hub kan uithaal, het ons maar gou gespring en die anderkantste circlip terug gesit.
So my hubs werk nou weer mooi... plan vir die naweek - die brieke moet ge-bleed word en die LS diff-olie in die agterste diff moet vervang word - (hy moet ook eers skoongemaak word) die laaste ouens wat hom gediens het, het die diff-olie opgetop met gewone olie... so nou moet ek dit eers skoonmaak voor ek die regte olie insit... so hoeveel liter brake fluid en diff-olie is nodig?

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 05 Oct 2011 10:20
by Herrie
Die agter diff vat 2l olie!

Daar is geen gasket nodig vir die hub nie.

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 05 Oct 2011 10:23
by Gerrie
Maar daar was sulke dunnerige papier/karton goed gewees (heeltemal gedisintegreer intussen)... ?? :think:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 05 Oct 2011 13:25
by David
Ek dink daai diff vat +- 2.1 liter olie - Koop sommer 5l Castrol LSX vir die agterste diff dan het jy genoeg vir volgende keer :thumbup:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 05 Oct 2011 13:29
by Peter Connan
Gerrie ek stem saam met Kobus, daar hoort nie gaskets daar te wees nie, daar is mos nioe olie daar nie, net ghries.

Just for interest sake, do you know how to make a gasket? it is quite easy and may prevent a lot of frustration in the long run. If not, let me know and I can try and post a description?