Page 5 of 8
Re: My Patrol - Pics
Posted: 14 Dec 2009 07:20
by Tjaart
Toemaar Oom
Nievirlankie...

Re: My Patrol - Pics
Posted: 14 Dec 2009 11:13
by Kagiso II
Huh??? Tjaart - moet ik hulle af RY of af SKROEF ??? i o w: must I ride the off or screw them ... off ?

Re: My Patrol - Pics
Posted: 14 Dec 2009 12:11
by Tjaart
Re: My Patrol - Pics
Posted: 17 Dec 2009 16:57
by Tjaart
Uiteindelik 'n Paar Patrol manne ontmoet by die Groenkloof reservaat. Dankie tog vir reen, want dit het vir lekker modder gesorg!!
Ek, Christo, Oom Koos, Oom Louis en JG het lekker in die modder gespeel!!
Re: My Patrol - Pics
Posted: 21 Dec 2009 07:39
by JG Shields
Mooi Tjaart!
Dankie vir die manne wat die bymekaarkom gereel het. Dit was Lasarus se 1e "senuweeagtige" uitstappie die dag nadat hy uit die hospitaal ontslaan is....nog seer van die vorige dag se haelskade. Volgende keer sal hy meer selvertroue he en lekkerder deelneem.
Groete
JG
Re: My Patrol - Pics
Posted: 21 Dec 2009 15:41
by Stefan
Ek herken vir Chuck Norris en The Brave, kan iemand name by fotos sit?
Re: My Patrol - Pics
Posted: 24 Dec 2009 16:37
by Tjaart
Hallo Stefan
Die ouer Patrol is Ou Ratel, die groene is Oom Koos se Ungili. Die Witte is niemand anders as LAZARUS nie!!! JG het hom bietjie kom modder wys.
Re: My Patrol - Pics
Posted: 26 Dec 2009 11:40
by Pieter du Toit
Nou ja - ons is terug van vakansie af en het heerlik uitgerus - net nie regtig nou al weer lus vir die "rat race" nie maar daar is darem nog so n paar dae oor van saligheid en vrede voor dit weer in alle erns begin.
Hier is so foto of 2 van my Patrollie langs die see - een aand wat ek en Swambo so bietjie gaan visvang het. Dit was so n lekker aand ons het tot 23h00 die aand langs die water gesit - dit was werklik fantasties!!! Die fotos is in die Walkerbay Natuur reservaat geneem - net langs Uilenkraalsmond - en jy ry letterlik tot teen die water!!! Man dis darem lekker om sommer so uit jou Patrol uit te kan sit en visvang!! Hierdie fotos is sommer met my selfoon kamera geneem - ek was bitterlik de duiwel in vir my self want ek het my ordentlike kamera by die kamp vergeet en eers agtergekom toe ons reeds lyne in die water het!!! So darem damn mooi fotos gewees het as mens bietjie shutter speed ens kon manupileer!! Maar dis nog steeds nie te bad vir n selfoon kamera nie...kyk bietjie...
Hierdie enetjie is so net voor sononder...
Daar sak die ou nou weg op die horison...
...en weg is hy ....maar wat n fantastiese aand by die see!!!
Ons het darem geeet ook uit die see - so n paar kabeljoue en elfies gevang en so n slag of 2 gaan kreef trek ook!!
Groetnis
Re: My Patrol - Pics
Posted: 26 Dec 2009 17:57
by Tjaart
Baie mooi Pieter
Mens het nie 'n goeie kamera nodig om 'n Patrol te laat mooi lyk nie!! Great plek waar jy was!!
Re: My Patrol - Pics
Posted: 27 Dec 2009 08:11
by JG Shields
Pragtig Pieter! Dit lyk salig!!!! Julle is bevoorreg om so naby die Weskus te wees.