Page 5 of 6
Re: Petrol Pomp
Posted: 21 Nov 2012 08:14
by Kagiso II
OEPSSSSSS -- jy praat van die "dompelpomp" BINNE in di etenk?? Sorri - die BMW pomp is "external" -- KAN dalk werk as jy die een in die tenk uitgooi? Die BMW pomp moet net laer as die tenk monteer wees [hy POMP net .. hy suig nie [nou hoop ek maar Arries lees nie hier nie .. hy sal weer anner gedagtes kry

Re: Petrol Pomp
Posted: 21 Nov 2012 11:15
by Abri Hoffman
Jorrie, gaan na jou naaste Autozone of Midas en koop 'n Bosch 3bar pomp werk 100% selfs die fittings pas. Ons het een ingebou vir 'n maatjie se 4.8. Dit ook gedoen op my ou E28 525e BMW en my pa se Fiat Palio. Selfde pomp werk te lekker in almal. Prys is onder R500 en is 'n 10min werk om hom te vervang.
Re: Petrol Pomp
Posted: 21 Nov 2012 14:59
by Tinus lotz
Vir daai prys koop 2 een vir die kar en een spare in jou laai as hy erens in niemands land breek

Re: Petrol Pomp
Posted: 21 Nov 2012 15:02
by Abri Hoffman
Net soos jy daar se Tinus. Hy le saam met die waterpype in die agterdeur agter die bekleedsel.

Re: Petrol Pomp
Posted: 21 Nov 2012 19:14
by Jorrie
Abri, Tinus en Oompie
Dankie vir julle insette. Ek gaan net eers met Graham check wat hy dink.
Ek soek nie probleme vorentoe nie.
My pomp se druk is swak en ek wil nie die laaistel in die boendoes uithaal nie.
Moet nog my koppelaar ook binekort vervang.
Re: Petrol Pomp
Posted: 08 Jan 2013 22:12
by Jorrie
My Trollie se petrolpomp is vandag deur Graham vervang. Nou trek die Trollie baie beter en die flatspot is heeltemal weg.
Re: Petrol Pomp
Posted: 09 Jan 2013 08:44
by Marino4x4
Ek is bly jy het reggekom. Dit maak rerig n groot verskil.
Groete

Re: Petrol Pomp
Posted: 09 Jan 2013 22:35
by Jorrie
Marinus
Jy kan dit weer sĂȘ. Daai 4.5 trek nou soos 'n stoomtrein. Voorheen kon ek net 55km/h haal teen 'n steil bult hier naby ons. Nou klap hy sommer 85km/h daar uit. Die engin loop ook nou heelwat koeler. Ek is baie tevrede.
Dankie vir jou hulp en oorspronklike aanbod.
Groete
Re: Petrol Pomp
Posted: 10 Jan 2013 00:30
by Tinus lotz
Mooi man jorrie bly om te hoor jou patrollie is weer reg jy moet nou weer daai bult by geroteck ga ry!!!!!
Re: Petrol Pomp
Posted: 02 Nov 2013 18:00
by Tim
EK het vandag my patrol GU5 4.5 se petrol pomp uitgehaal. Dit het die volgende beskrywing. UNISIA C17E 000 0032 8Y12D. DIe enjin loop goed en die kar trek goed, maar daar is so rpm bounce/surge as ek dit sou rev tot 3000rpm en die padaal los. Die naald sal teen konstante spoed weer terug sak maar sal by +/- 1500 rpm huiwer en dan verder sak na 650rpm. Dit gebeur ook as ek ry en irriteer die verdomde hel uit my uit.
Ek het die pomp getoets en dit druk n konstante 600kpa/6bar. Teen 6bar maak die pompie se eie pressure relieve valve oop.
So wat nou, is die druk nou te hoog? Het al vonkproppe verander, MAF sensor skoon gemaak, al die ander valves en sensors skoon gemaak.
Die japanees wat die enjin onwerp gedoen het het seker te veel van daai gefermenteerde rys sous gedrink voor sy tegniese voorlegging.
Net nie n land cruiser nie.
Die kar is werklik n onsmaaklikke besigheid om mee te ry en op die stadium die laaste waarmee ek in afgelee plekke wil rond ry. Wragties soos n ou vrou met n nat broek.