Page 4 of 9
Re: GQ options
Posted: 20 Sep 2013 08:56
by Stefan
Hi Piet, jammer om te hoor van jou skade!
Hoop jy kom reg met die 4.5.
Re: GQ options
Posted: 20 Sep 2013 09:18
by Kagiso II
Peter Connan wrote:Thanks gentlemen.
Oom Mac, as daar nie Nissan op die tappet cover staan nie, en daar het nie ander soos hy in Patrols uit die fabriek gery nie, sit ek hom nie in my Patrol nie. Ek weet in sekere opsigte is dit seker kortsigtig, maar dit is die enigste manier wat vir my sin maak vir 'n toer-voertuig.
As dit 'n dorpsjapie-jaagduiwel-karretjie of 'n quarriegat-speelding was, was dit 'n ander saak.
The only issues with putting the 4.5 in that I am aware of at this stage are getting the ignition to work, and that I will have to add an electronic fuel pump?
Oompie krap sommer en trek u been Peter -- ek voel soos jy daarom het LOBO nog sy DATSUN enjin in [hoewel ek vir 6K m onder kom V8 Chev het...]
Re daai 4,5 .. die 4-keel SOLEX wat op Merc 2,8/ BMW 2,8 en Opel Commodore 2,8 gekom het is n fantastiese vergasser -- anders n 4-keel HOLLEY sal ook daai 4,5 GENOEG sous kan gee deur die hele 'rev range' .. Anders daai 38 Weber wat le en louf?? Sy venturies en jets is beskikbaar by LEEUBRUG -- EN oom Albert sal seker nog kan adviseer watter kombinsies daai 4,5 beste sal voer
Andersins -- Asb PRAAT as daar iets is wat oompie kan doen of mee help? [al is dit net om die spotlight vas te hou :-)
Re: GQ options
Posted: 20 Sep 2013 10:58
by Rudolph
Sorry to hear about this Peter, good luck in the decision making which route to take. If it was me I would firstly check the cost for replacing with new head, after that the 4.5 engine sounds like a good option. Would be interesting to know if the 4.2 inlet manifold will fit onto the 4.5 as a bolt on, this will help alot. Then any of the carbs oom Mac is referring fitment will be easier. Can you get the 4.5 with aircleaner. All the best, Rudolph.
Re: GQ options
Posted: 20 Sep 2013 11:58
by Tinus lotz
Ek kan nie sien hoekom die 4.2 carb nie sal werk nie?????die grote van die boor is net 300cc groter miskien net n jet of so....Piet as ons kwaad word daar le 4 sidedraft 40 webers rond by my swaer ek dink dit kan ook werk as regtig wil moeilikheid maak!!!!
Re: GQ options
Posted: 20 Sep 2013 16:00
by Peter Connan
Martin, volgens die slimste mechanic wat ek ken moet ek ten minste die ringe en big-ends vervang as ek die head vervang. Hy sy die blok sal effens anders trek met die op-torque en dan sal hy begin rook. Ek het gesoek vir 'n diesel, maar al wat ek kon kry is enjins wat oorgedoen moet word, wat dit buite my budget plaas.
Ek glo egter die bestaande carb sal heel waarskynlik relatief goed werk aangesien die hoeveelheid brandstof wat hy gooi tot 'n groot mate afhang van die hoeveelheid lug wat hy trek, en die enjins eintlik baie eenders is. As dit nie werk nie, sit ek 'n Weber of iets op. Inspuiting is buite die kwessie aangesien die enjin wat ek gekry het nie 'n MAF het nie.
Dankie Stefan.
Tinus niks is vir my mooier as 'n ry sidedraughts op 'n sessilinder nie, maar eerstens dink ek 40s is te klein (maar dalk kan hulle tog werk aangesien die enjins nie eintlik rev nie) en tweedens weet ek nie of hulle so lekker gaan werk teen die steiltes nie?
Oompie, is reg so, maar ek hoop van harte Murphy is my vir eens goedgesind en die 4.2 se manifold bout net so op die 4.5 se head. Ek weet die exhaust manifold pas presies, so dalk is ek gelukkig. As dit nie werk nie, sal ek heel moontlik daai Weber opsit, maar dan gaan ek uitmis op Rust de Winter...
Rudolph, ek het 'n 4.5 gekry met omtrent 2/3 my enjin se kilos op (dus hopelik net mooi ingeloop). Ek dink dis Allen van Schoor se motor wat hy uitgehaal het om die V8 in te sit, maar ek is nie doodseker nie. Ek het reeds begin onderhandel, maar dit blyk my ek kan hom kry vir omtrent dieselfde as wat dit my gaan kos om my enjin reg te maak met 'n nuwe head.
Re: GQ options
Posted: 25 Sep 2013 12:23
by christolemmer
Hi Peter ek is nie seker op watter sisteem die 4.5 se ignition werk nie maar as dit elektronies van die crank opgetel word kan Spitronics vir jou n module bymekaar sit waar jy jou oorspronklike sensors kan gebruik. Ek het al hulle produkte gebruik met n lexus ombouing in n jeep lerado wat ek gedoen het. As die 4.5 n distriburor tipe ignision het sal ek dalk kan help as ek die ding gesien het. Die GQ se carb kan werk jy moet die voertuig net laat dyno sodat jy kan seker maak die enjin loop nie te lean nie. Ek het op my Patrol die main jet verander met n 7% kleiner jet en die co is nog binne spec.
Ek hoop jy kom reg met die enjin en sterkte met die transplant.
Groete Christo
Re: GQ options
Posted: 25 Sep 2013 12:32
by Jules
Peter ek hou hierdie transplant met valk ogies dop, as dit lekka werk weet ek wat ek gaan doen as my lorrie se enjin ook besluit om ander weivelde te soek.
Sterkte
Shalom
Re: GQ options
Posted: 25 Sep 2013 17:08
by Peter Connan
Christo, die 4.5 het 'n dizzy, maar anders as die 4.2 is die coil binne-in die dizzy. Die enigste deel wat my nou bietjie pla, is dat die 4.5 se dizzy nie 'n vacuum advance op het nie.
Ek wil baie graag wegbly van enige rekenaars af. Ek het al twee ander karre gehad met "aftermarket" rekenaars op, en hulle het my al altwee meermalig langs die pad laat staan. As ek dan wel 'n rekenaar moet insit, sal ek heel moontlik brandstof-inspuiting ook insit...
Re: GQ options
Posted: 25 Sep 2013 18:51
by Silverfox
I was looking for a motor back in 2008. The guys doing the Lexus conversions do have the Gq engines and the 4500.
Re: GQ options
Posted: 25 Sep 2013 18:53
by Silverfox
You are right about the Lexus low down torque. No good for towing.