Page 4 of 9

Re: Diff-lock (vacuum solenoid) problems? - We can help..

Posted: 12 Sep 2011 12:31
by tour de frans
Jules,ek maak hom oop en skoon.Almal wat ek in die laaste paar dae beet gehad het kon ek fix.Hulle kry water in en roes vas.Die wat ek skoongekry het wys nie n vlek van roes of skade nie.Ek het my eie ook so gefix.En as Pieter die sien gaan hy vies wees,want hy het n genuine set by Nissan gekoop.
Groete

Re: Diff-lock (vacuum solenoid) problems? - We can help..

Posted: 12 Sep 2011 12:42
by Jules
Nou hoekom laat weet jy ons nou eers dat jy die goetertjies regmaak, maar ten minste het ek nou n afstammeling van Oompie Mac se MAC donald en hy werk erg vinnig, het vanoggend weer by die steengroef hom bietjie laat werk.

Die eenhede wat jy oopgemaak het was dit die Hitachi's waarmee die lorries uitgekom het? want ek en Gerrit het gekyk en dit lyk nie of mens dit kan oopmaak sonder om heeltemal op te donner nie :biggrin:

Shalom

Re: Diff-lock (vacuum solenoid) problems? - We can help..

Posted: 12 Sep 2011 12:49
by tour de frans
:rolling: Jip die std goed,ek het eers nou loop sit en die goed bekyk en oop gekry.Almal en ek inkluis het gese die Nissan se solinoid is nie van die beste nie,maar na ek gesien het wat binne aangaan kan daar nie fout gaan met die goedjies nie solank die coil heel bly.
Groete

Re: Diff-lock (vacuum solenoid) problems? - We can help..

Posted: 12 Sep 2011 13:03
by Peter Connan
Frans as jy weer een doen, wil jy nie asseblief fotos neem en opsit nie?

Re: Diff-lock (vacuum solenoid) problems? - We can help..

Posted: 12 Sep 2011 13:05
by tour de frans
Ek maak so.ek het nog n uitmekaar een.Sal kiekies vat en opsit.

Re: Diff-lock (vacuum solenoid) problems? - We can help..

Posted: 12 Sep 2011 20:59
by Dries
Hi! Ek is nou n' bekeerde Land Cruiser man wat nou n' Patrol ry.Het Saterdag Susspensie gelig, want die Patrol was n' bietjie
laag. Maar een ding pla my? Werk die difflock slegs in 4x4 of moet dit ook in 4x2 kan werk, want sy het my lekker in die verleentheid gehaad.

Dries.

Re: Diff-lock (vacuum solenoid) problems? - We can help..

Posted: 12 Sep 2011 23:09
by Stefan
Welkom Dries! :clap:

Gaan loer in daar in die "Social" afdeling en vertel bietjie van jouself.

Re: Diff-lock (vacuum solenoid) problems? - We can help..

Posted: 12 Sep 2011 23:10
by Gerrit Loubser
Dries, watter Patrollie het jy? Die ouer Y60 (voor 1998) laat jou toe om die ewenaar te sluit selfs in 2H, maar in die Y61 (na 1998) werk dit net in 4H of 4L.

Re: Diff-lock (vacuum solenoid) problems? - We can help..

Posted: 13 Sep 2011 07:41
by Peter Connan
Welkom Dries

Gerrit ek sien hy se hy ry 'n GL, daarom kan ons waarskynlik aanneem dis 'n Y61.

Dries na gelang van bogenoemde, glo ek jy moet in 4H of 4L wees, maar darem nie soos die Hiluxe waar die diff lock net in 4L werk nie.

Re: Diff-lock (vacuum solenoid) problems? - We can help..

Posted: 19 Sep 2011 09:01
by PECS
Kagiso II wrote:wat issit meddie wereld se mense dat hulle my naam so lukraak gebruik om hulle goeters naam te gee? eers was daar die trokke met 'n "K", toe kom die ou wat staal wil verkoop en die ou meddei burgers [HY sprei sy vlerke sommer wereldwyd -- en nou hirr kleppe ook ..
\- Darem maar 'n grennd naam - die MAC :thumbup: :thumbup:
:oldtimer:
Weet jy, die rede vir dit is dat alles (of amper alles, die burgers is nie so lekker nie) met die naam MAC is bleddie goed! Ek is proud om MAC Solenoid Valves te verteenwoordig in S.A. en eks bly dat my valves jou grennd naam kan deel! :thumbup: