Hi Gerrie
Oom Mac het my na die link verwys, ek kom nie deesdae baie op die forums nie.
EK het nie die hele thread gelees nie maar net so bolangs deur ge-"speed read".
In anycase, daai ICV op LOBO is 'n BMW sin. Dit was die enigste keer dat ek ooit 'n Bosch ene gebruik het en lyk my nou dit was 'n fout. Die ander tipe wat ek meestal gebruik het op van Hilux 2.2's, 2.4's, Lexus v8's, ander Safari's en even platkarre was die VDO plunger tipe wat van VW Golfs/Jetta III, Audi 500, sommige kombi's etc afkom. In plaas van 'n valve wat draai binne soos die Bosch sin het hy 'n plunger binne wat nie so maklik vassteek as hy vol gemors raak nie. Die VW VDO ene lyk so:
Hier is ene wat ek op die Lexus V8 geit het
Het toevallig eenkeer een by Barnetts gesien daar in jou geweste toe ons daar na parte op soek was. Jy sal wel die proppie ook moet vervang, die VDO gebruik dieselfde tipe Bosch connector maar is 'n 3 pin en nie 'n 2 pin casing nie. Die VDi ICV gebruik 'n 3 pin casing maar die binneste pin is nie.
Maar... Voor jy beigin ICVs change hoe seker is jy daar is nie 'n lekkasie iewers op jou manifold nie. As jy se die idling is soms op en soms af, suig jou manifold nie iewers lug in by een van die injectors of teen die head nie??
Daai ou Datsun injectors met hulle groot bakeliet housings is bekend daarvoor dat hulle vol nonsies raak, kraak en lug suig as hulle oud word. Die ander Safari wat ek gedoen het se injector manifold het reeds gelek toe ek die conversion moes doen. Ek het toe die Datsun injectors en fuel rail weg gegooi, Bosch tipe injectors gekoop waarvan die punte mooi met 'n O-ring geseel het teen die aliminium op die manifold, het toe een van die DIY aftermarket fuel rails gekoop en hom geboor om die agterkant van die injectors te mount en die werk soos 'n bom (nie letterlik nie

)
Ek sal jou aanraai om dalk eerder by 'n plek soos Ferroli Performance Centre uit te kom (
http://www.ferroli.co.za/). Robbie is 'n Dicktator agent en hy ken die goed. Het hom een keer ontmoet en moet sê ek was impressed gewees. Hy sal jou goeie raad kan gee en die probleem opspoor, seker maak als is reg gestel en gekalibreer op jou stelsel ens. EK is skrikkerig oor die timing issue waarvan jy vroeër genoem het. Ek wil niemand in die gesig vat of iets nie maar ek het al hele paar keer gesien dat wanneer mense wat dink hulle ken die goed en begin karring aan distributors ens. terwyl hulle dink hulle fix iets, dan maak hulle eintlik droog. As die timing wel uit as moes iemand daarmee gepeuter het tussen die tyd wat ek laas LOBO onder hande gehad het nadat iemand in Botswana ook aan die distributor gekarring het, want ek het die distributor en Dicktator perfek gekalibreer.
Kom ek stel dit so aan jou. EK het nog nooit 'n Dicktator gehad wat se programming "sommer net" uit gegaan het nie. Timing kan nie uit raak by hom self nie Elke keer as iemand 'n Dicktator na my gebring het om te fix was die probleem met iets buite die Dictator te doen. Probleme wat ek al opgetel het was soos volg:
1.Dicktator ECU raak korrup - die persoon se LAPTOP het die program vol errors gelaai omdat die kabel tussen sy LAPTOP en die ECU electrical noise opgetel het en hy permanent met die laptop ingeplug gery het.
2. Rook het uit die Diktator gekom - DIe Fuelpomp Relay was vol water en het 'n kort sluiting gemaak. AlL het daar rook uitgekom het die ECU nog gewerk want een van die resistors op die input circuit (wat soos 'n slow blow fuse werk) het gebrand nie geblaas nie, en na die relay vevang is het die voertuig weer gewerk. DIe ene het ons sommer die fout oor die foon opgespoor (was Richard "DADZ TOY" daar in die kaap gewees) hy het nog steeds net ingeval die ECU terug gestuur na Dicktator toe en Chris het die beskadigde komponente gratis herstel.
3. Pap batterye is een van die grootste redes hoekom enige fuel injection engine nie wil start nie. As die battery voltage onder 'n seker waarde van skakel die relays en ECU af al draai die starter dalk nog want hy steel al die krag van die engin af weg. (Dit sal even met 'n carburator en pinte en kondensor ook gebeur as die battery spanning onder 'n seker vlak val)
4. iemand het sy timing chain vervang en vergeet om een van die earth drade weer terug te koppel aan die head.
5. Vuil toevoer na die petrol pomp. As die pertol pomp die behoorlik petrol kry nie overheat hy, en kan even beskadig. Ons het even een bakkie gekry waar daar ystervylsels in die tank was en as jy oor 'n hobbel ry spring die goed in die pick up se bek in en en blok hom, na heelwat geskud kon die voertuig weer verder ry.
5. Foutiewe Fuel Pressure Regulators wat geen druk in die stelsel maak nie of verkeerde regulators soos een vit 'n normal aspirated model op 'n turbo charged engin etc
6. Mense wat distributors gedraai het om timing te probeer stel in plaas van om dit in die ECU te stel.
In elk van die bogenoemde gevalle is die ECU altyd eerste verdink omdat mense nie verstaan hoe die stelsel wark nie. Even als was hierdie 'n Factory fitted ECU sou die meeste van die bogenoemde foute nog steeds gebeur het.
As jy nog verder wil gesels stuur my 'n boodskap op Facebook ek loer meer gereeld daar in.
Sterkte