Page 27 of 33
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 18 May 2012 10:54
by Grootseun
Gerrie E36 BMW het daai Idle control valve gebruik asook die ou 5 reekse
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 18 May 2012 14:31
by Gerrie
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 18 May 2012 16:54
by Tinus lotz
Sien jy ek het jou gese iemand sal weet

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 18 May 2012 17:22
by ChristoSlang
Die 2.0 liter 16V Opel engines ook...
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 18 May 2012 22:30
by Kagiso II
WOWWWWWWWWit WWWWooooooooooooooooooo WOLFIE !!!! en dan issi Lobo se petrolpomp hoeka ook uit "n E36 BMw
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 21 May 2012 13:35
by Gerrie
Dit is toe nie die E36 een nie - hy is 'n three wire idle control motor en die een wat ek kort is 'n two wire idle control motor... Ek eht by 'n scrap yard 'n E36 s'n opgespoor, amar gelukkig het ek die oorspronklike een uitgehaal en kon ek toe vasstel dat dit nie regte een is nie - so Lobo sit nogsteeds met 'n sukkelende idle... of hy sou daarmee gesit het as hy vanoggend wou start - maar ek weet nie of dit die koue of 'n pap battery is nie, maar nou is ek weet heel omgekrap - hier moet iets anders fout wees
Ek het die naweek met my vrou se kar rondgery (ligter op brandstof en sy was nie hier nie) So Lobo het Donderdag-laas geloop - maar ook nadat ek die idle control teruggesit het Saterdag het ek hom gestart en hy het toe ook al nie lekker geklink nie... en toe is hy vanoggend dood. Die battery kon nie soveel afgeloop eht van drie dae se staan nie? eks nou weer moedeloos gesukkel - wat as ek die idle control vervang het en hier is nouw eer 'n ander probleem? hoe ver gaan ek dan kom voor ek met die volgende ding sukkel wat my keer om Lobo te gebruik en te geniet...

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 21 May 2012 14:22
by Kagiso II
kyk daar by die battery sit so 'n geel tweevurktand fuse -- as hy blaas da wil die ou donner ook nie start nie [ek het jou dourietyd gewys toe jy die ou hier kom haal het... onthou jy??] Dit behoort 30 Amp te wees [of 20 ??? kyk maar eers?
Sterkte - oompi
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 21 May 2012 14:26
by Gerrie
Maar as die fuse geblaas het sal hy geen krag deurstuur nie... hy swaai, maar vat nie... wat my laat dink hy het dalk nie genoeg brandstof nie of kort dalk lug... so dit moet iewers daar rond wees - kan ook nie dink die koue speel so groot rol nie - dit is koud, maar ook nou nog nie regtig koud nie - so koud soos wat dit in die Kaap word... en eks van die Vrystaat af - hier word dit nie koud nie, dit word net koel...
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 21 May 2012 14:30
by Kagiso II
Jy hoor nie mooi nie - ek se tjek daai geel fuse --- dit het niks met sy starter se swaai te doen nie - dis die fuel injection se krag
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 21 May 2012 14:46
by Gerrie
ORaait - sal so maak, maar waar gaan ek nog 'n idle control valve kry - die mense hier het geen idee nie...