Page 23 of 33
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 05 Mar 2012 15:38
by Peter Connan
Gerrie, ek verstaan jou probleem, maar benader dit gewoonlik self van die ander kant af:
Dit waarmee jy hom vervang, het jy geen kennis van nie. Hoe kan jy dan vertoue in hom he? As dit 'n nuwe voertuig is, goed en wel, dan kry jy 'n waarborg, maar dit help jou nie wanneer hy breek (en die forums is vol stories van nuwe karre wat breek ook, kyk maar) om terug by die huis te kom nie. Maar sover ek weet het jy nie geld vir iets nuuts nie. So jy sit dan heel moontlik met nog erger probleme.
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 05 Mar 2012 15:43
by Gerrie
Hoeveel sou oompie sê is hy werd?
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 05 Mar 2012 17:27
by Kagiso II
Nou vra jy die verkeerde ou -- onthou, ek het 'n emosionele belang in di eou krok ..
Assik kyk na Gumtree se advertensies [en by die liegterye verbylees] kan hy R45000 gevra en gekry word [net daai fuel injection ombouing is bykans R10 000 werd] -
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 07 Mar 2012 15:29
by martyn
Hi Gerrie, ek is n soutie (daar is n verskoning) en ek het jou storie van Gerrie en Lobbo regtig genit. Ek stem 100 percent met Pieter saam, jy het amper alles met die enjine gedoen en geleer, nou om die voertuig te verkoop sal nie die beste wees, liewer ry hom en toets hom vir n rik en sien as hy poef maak. ek is seker die probleem is nou opgelos. A par vra as ek mag, het jy die gatte waar die boude gestrip weer getap om skoon te maak? omdat as stikies van die ou bolt nog in die gat sit sal die neewe bolt nie heltamaal vas maak en sal weer loos kom.
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 07 Mar 2012 15:43
by Gerrie
martyn wrote:Hi Gerrie, ek is n soutie (daar is n verskoning) en ek het jou storie van Gerrie en Lobbo regtig genit. Ek stem 100 percent met Pieter saam, jy het amper alles met die enjine gedoen en geleer, nou om die voertuig te verkoop sal nie die beste wees, liewer ry hom en toets hom vir n rik en sien as hy poef maak. ek is seker die probleem is nou opgelos. A par vra as ek mag, het jy die gatte waar die boude gestrip weer getap om skoon te maak? omdat as stikies van die ou bolt nog in die gat sit sal die neewe bolt nie heltamaal vas maak en sal weer loos kom.
Op hierdie stadium staan dinge so (meer om my vrou gelukkig te maak). Lobo is tentatief te koop, maar vir my om hom te laat gaan meot daar aan die volgende vereistes voldoen word. Ek moet die prys vir hom kry wat ek vra - geen onderhandeling. Ek moet dan vir daai geld die volgende dag 'n ryding met soortgelyke vermoëns kan koop. Dis dit, geen onderhandeling oor dit nie.
hy loop nou weer en kruip so stukkie vir stukkie weer in my hart in - die storm is verby! "Maaaaaaaaaaaaa, dis nie meer winter in my hart!" (soos ou Carike Keuzenkamp mos gesing het!)
Ja Martyn, ons het darem die gate mooi skoongemaak. Nou wil ek hoor - van sy vorige olie-lek dae af is die onderstel en ondrkant vna die enjin 'n redelike oliegemors? Kan ek dit laat steamclean of hoe gaan ek dit afkry?

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 07 Mar 2012 17:04
by Herrie
Los die olie - want dan roes hy nie daar by die see nie

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 07 Mar 2012 23:38
by Alex Roux
Gerrie
My (baie) beskeie opinie is soos volg:
Hoe ouer die kar, hoe eenvoudiger is hy.
Hoe envoudiger hy is, hoe minder dinge is daar wat KAN fout gaan.
D.w.s. hoe meer probleme al verby jou is, hoe minder is daar wat nog kan kom.
Die nuwe goed, as hulle eers oud raak, gaan nog baie baie meer eindelose probleme oplewer wat ons nog nie eers van weet of kan verwag.
Soos Peter Connan eenkeer gese het, hy gaan enige dag eerder met sy Y60 Serengeti toe, as met 'n splinternuwe Y62.
Maar dit help darem seker ook baie om baie kennis met jou saam te kan vat, en die toerusting om die meer algemene problem mee te kan oplos....
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 08 Mar 2012 09:15
by firessafari
Die vraag is wat koop jy vir R45000 wat meer betroubaar is. Die voordeel van die Safari is dat by alle scrapyards is daar 'n
Skyline of Laurel wat dieselfde enjin het so 'n crank ,head of blok is nie 'n probleem nie .Ek het my Safari se enjin oorgedoen uit Autozone uit onder die ses duisend rand. (boor , sny ,nuwe pistons olie pomp ,die tuti ). Doen dit met 'n Land-rover en kyk wat kos dit .So my advies is , maak lobo oordenlik reg en jy het 'n kar vir 'n leeftyd.
Johan
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 16 Mar 2012 11:02
by Gerrie
firessafari wrote:Die vraag is wat koop jy vir R45000 wat meer betroubaar is. Die voordeel van die Safari is dat by alle scrapyards is daar 'n
Skyline of Laurel wat dieselfde enjin het so 'n crank ,head of blok is nie 'n probleem nie .Ek het my Safari se enjin oorgedoen uit Autozone uit onder die ses duisend rand. (boor , sny ,nuwe pistons olie pomp ,die tuti ). Doen dit met 'n Land-rover en kyk wat kos dit .So my advies is , maak lobo oordenlik reg en jy het 'n kar vir 'n leeftyd.
Johan
Jy sal nie glo nie, hier in die Kaap is daai Safari-parte skaarser as hoendertande in die Richtersveld (ek was nou 'n week daar - nie een hoender gesien nie!)
Ek sal darem nie sommer die Rand Rower pad stap nie... Ek sal 'n 60-series Cruiser oorweeg - wat mens vir min of meer dieselfde prys kan optel - maar Water - Brug - See - maak die konneksie...

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 16 Mar 2012 13:45
by Tinus lotz