Die avonture van Gerrie en Lobo

Showcase your baby
User avatar
Stefan
Moderator
Posts: 1692
Joined: 28 Apr 2009 08:43
Full Name: Stefan de Villiers
Nickname: Stefan
Home Town: Bothasig, Cape Town
Current 4x4: 2002 3.0 GL Patrol
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Has thanked: 175 times
Been thanked: 50 times
Contact:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Stefan »

Hoe lyk 'n paal in Teazers?? :think: :confused: :think:
User avatar
Kagiso II
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3461
Joined: 10 Jun 2009 16:58
Full Name: Mac Mc Menamin
Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
Home Town: BrentwoodPark, Benoni
Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe]
Home Language: AFRIKAANS
Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
Has thanked: 299 times
Been thanked: 160 times
Contact:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Kagiso II »

'n paal kan ek uitmaak - maar die teazers ding klop my ????????? :doh: :think: :helpsos: :tool:
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

Oraait, ter wille van volledigheid - en om vir myself 'n geheelbeeld te skep, gaan ek die volgende lys opstel.
Probleme wat ek met Lobo in die 6 maande wat ek hom besit al gehad het:
1. Die Crank pulley kom heel af op die heel eerste trip en beskadig die crankshaft - die pulley word teruggesit, sonder 'n key - maar Lobo het weer geloop.
2. Twee dae later het die crank pulley weer afgekom en ek was gestrand in Douglas waar 'n man my gehelp het om hom weer reg te maak en vas te sit met 'n nuwe key. Weer loop Lobo.
3. Lobo se oorverhittingsprobleme begin. Ek haal die thermostat uit en sit 'n nuwe een in, maar dit werk nie - eindelaas haal ek die waterpomp af en sien dat hy HEELTEMAL uitgewear en weggevreet is, so ek moet 'n nuwe een opsit. Nou lyk dit asof hy weer reg is en Lobo loop weer.
4. Lobo se waterpomp cease op 'n trip in Vredendal en ek is weer gestrand - gelukkig kry ek iemand wat 'n ou tweedehandse waterpomp het wat ek kan vassit en ons doen dit in die Vredendal se hitte. Lobo loop weer, maar gooi 'n fanbelt af oppad terug en moet vervang word in die hitte van Clanwilliam en ons kom einderlaas by die huis.
5. Toe ek terug is kry ek 'n nuwe waterpomp en vervang die tweedehandse een - hy was in elk geval nie heeltemal reg nie - een van die oortjies waar deur hy vasgedraai word was afgebreek. Teen die tyd het ek al so baie antifreeze gekoop die ou by die partewinkel spot dat ek moet aandele koop in antifreeze.. ek sit die waterpomp op, en soos my luck dit wil he - draai ek een van die boutjies af toe ek hom vassit - so hy lek weer en die volgende dag meot ek die hele exercise herhaal. Maar daarna loop Lobo weer.
6. Op 'n trip na Citrusdal begin sy oorverhittingsprobleme weer en ek sien dat hy die gasket by die waterpomp geblaas het - so hy lek water - dit beteken ek moet elke 100 km stop en wag dat hy afkoel sodat ek weer water kan bygooi en verder kan ry - gelukkig het my pel wat saamgery het Job se geduld gehad met dit... Ek kom terug in die Kaap, sit die waterpomp WEER op en Bob's your uncle, Lobo loop weer
7. die timing chain - Lobo vrek in Stellenbosch en die mechanic gee vir my slegter nuus as enigiets - dit gaan hom R5000 kos om reg te maak - lang storie kort, ek besluti om dit self te doen (met hulp) en kom toe so agter dat die hele head oorgedoen moet word, al die valves word vervang. Met die afhaal kom ek agter die gefix'te crank pulley van Douglas af het ook in die hek geduik en ek meot 'n nuwe een kry. Met die afhaal van die timing cover kom die olie sump se gasket ook in stukke af, so ek moet dit ook vervang. intussen verhuis ek en dit raak nou elke aand 'n 80 km roundtrip vir my vrou om my te kom haal as ek na werk klaar aan Lobo gewerk het - sonder om die einde eers in sig te kry. Een ou belowe om my te kom help en daag nie op nie, 'n ander een kan my net nou en dan help want hy is besig met sy eie dinge en ek kan ent in die aande na werk aan die kar werk, want ek moet ook my regte werk nie afskeep nie.
Met die terugsit van die timing chain se guides breek die ou wat my help 'n boutjie af en ons meot wag tot die volgende dag om die boutjie te kan uithaal. Toe ons die timing chain en alles op het, kry ons ook 'n pulley wat ge-merge is in 'n ander pulley om een werkende pulley te maak, maar met die terugsit kom ons agter die bout waarmee die pulley vaskom is gestrip so ons moet weer wag tot die volgende dag om 'n ander bout te kry sodat ons hom kan vassit. Ek spoor 'n bout op, en ons sit die pulley vas en na 'n lang gesukkel al die ander goed ook en die oomblik van waarheid kom - Lobo meot weer loop. Ons draai die sleutel en hy proes en hoes en skiet soos 'n siek soldaat in die oorlog en mis soos 'n koue lister enjin. hierdie kant toe en daardie kant toe met die timing om dit te probeer regkry, maar niks wil blyk of dit werk nie. Terwyl ons besig is, skree iets soos 'n kat wat vasgevang is onder 'n kar en glo dit of nie - die waterpomp cease weer... dit is al na 11 die aand, so ek besluit om terug te kom en die volgende dag daaraan aandag te gee...
die volgende dag vat ek af by die werk om Lobo finaal te probeer red, en sit die nuwe waterpomp op (die een wat oom Mac vir my gestuur het) maar ook nie sonder probleme nie - die kort boutjies wat hom vasdraai strip toe ook altwee in die gate waar hulle moet vaskom, so ek moet sukkel sukkel om die gate weer oop te kry en die boute in te kry. Toe dit in is en alles is weer vas, meot ons ent die timing uitsort. die ouens wat my gehelp het tot dusver is ook oopad weg vir die anweek, so hulle kon my nie help nie. ek kry toe 'n ander mechanic vriend in Brackenfell nader (Willie van Modjects - as julle ooit 'n kar moet laat diens, gaan sien hom - hy is briljant) elkgeval, hy kom help my die middag nadat hy klaar gewerk het uit en een dooie spakrplug (Wat nuut was) en een valve se tappet wat te styf gestel was alter kry hy Lobo se timing weer reg en Lobo loop weer soos hy geloop het en 6h op 'n Vrydagmiddag, nadat Lobo al vir twee weke en een dag staan, loop hy weer huistoe en my vrou hoef my nie te kom haal nie. Ek het amper begin tjank toe Willie die probleem opspoor en my op die skouer klop en sê: "Moenie worry nie, jy ry vanaand nog huistoe!"

so dis my hele tirade van wat ek nou al met Lobo ervaar het. is hier IEMAND wat vir my kan regverdig hoekom ek soveel slegte geluk met een ryding kon he, nadat ek tot voor dit nog nooit eers iets meer as 'n gat in 'n exhaust of gladde bande gehad het om mee te deal nie? Is ek verkeerd om daaraan te dink om van Lobo ontslae te raak? :helpsign:
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6138
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1124 times
Been thanked: 1038 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Peter Connan »

Gerrie, I have been driving old cars for almost my whole life. I have only had two relatively new cars, all my others have either been more than 12 years old or had more than 250k km behind them.

As a result, I have rebuilt several engines, a couple of gearboxes and numerous other parts. I guess it helps that i am fairly technical anyway and can usually do a job myself.

However, my experience has been that trouble sometimes seems to come in waves. All sorts of things break, one after the other, untill you are totally frustrated, and then the car gives several years of totally trouble-free service and all is well with the world again.

I cannot tell you where your troubles will end, but I will say this: compared to the monthly installments, dealer-price services and insurance of any new vehicle of comparable capabilities, I bet you you are still saving money, and lots of it.

I cannot critisize you for wanting to get rid of Lobo, but I do feel that anything you replace it with, if it is of similar value and capabilities, then it will also be relatively old, and therefore you stand a pretty good chance of a repeat performance.

I do have one comment to make though: I suspect you are over-tightening every single thing you fasten, including your fan belts. Use more loctite, and less force.
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
User avatar
Marino4x4
Patrolman
Patrolman
Posts: 520
Joined: 19 Oct 2011 12:15
Full Name: Marinus Potgieter
Nickname: Marino4x4
Home Town: Bloemfontein
Current 4x4: Nissan Patrol
Home Language: Afrikaans
Location: Bloemfontein
Has thanked: 17 times
Been thanked: 87 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Marino4x4 »

Hi Gerrie

Om nou van Lobo ontslae te raak is soos om ontslae te raak van jou baba omdat hy saans huil en teveel vuil doeke het. :think: Dit is so Pieter sê: Iewers sal die probleme ophou en die pret begin. Jy gaan jare se plesier uit die kar kry. :biggrin: Ek dink jy en Willie van Modjects gaan die wa deur die drif trek. Ek het ook ’n ouerige Patrol gekoop, glad nie so oud soos Lobo nie moet ek by sê, maar ek moes ook al ’n paar goed vervang het en my “to do” lysie is nog lank. Soos die engelse sê “bite the bullet” nou maar. Dit sal beter gaan.

Een plus punt is, jou tegniese kennis van karre is seker 1000 keer meer as wat dit was voor Lobo.

Groete

:salute: :salute: :salute:
Patrol 4.5 GL 1998

Terrain 4X4 Parts
User avatar
ChristoSlang
Patrolman
Patrolman
Posts: 896
Joined: 07 Apr 2009 16:54
Full Name: Christo van Rensburg
Nickname: ChristoSlang
Home Town: Pretoria, ZA
Current 4x4: Nissan 4.2 GL Patrol
Home Language: Afrikaans
Location: Garsfontein, Pretoria
Has thanked: 29 times
Been thanked: 136 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by ChristoSlang »

Gerrie, ek dink ook jy moet vir Lobo nou 'n kansie gee om homself te bewys. Jy't nou 'n klomp dinge reggemaak, kry bietjie waarde uit al die geld wat jy gespandeer het :thumbup:

Peter se comment het mooi ook laat wonder... julle Kapenaars eet of te veel mielipap, of die boute hier bo is baie sterker as daar onder :lol:
Christo (the snake man)
1998 4.2 GL Patrol (Chuck Norris)
2007 350Z twin-turbo coupe (Batmobile)
Image
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

ChristoSlang wrote:Gerrie, ek dink ook jy moet vir Lobo nou 'n kansie gee om homself te bewys. Jy't nou 'n klomp dinge reggemaak, kry bietjie waarde uit al die geld wat jy gespandeer het :thumbup:

Peter se comment het mooi ook laat wonder... julle Kapenaars eet of te veel mielipap, of die boute hier bo is baie sterker as daar onder :lol:
Onthou, eks 'n Vrystater... Ek sal dit gee, die boute wat afgedraai is, is my eie skuld, maar ek het nou al alle vertroue in hom verloor. Plus, my vrou weier om langpad met hom te ry (ons het al amper in die skeihof gedraai oor die laaste twee weke se stories)want sy weet nie waar en wanneer hy emt ons gaan breek nie. En dis waaroor ek ook benoud is... As ek alleen ry, kan ek nog plan maak, maar as sy saam is, wil ek haar nie in gevaar stel nie...
User avatar
Herrie
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 2999
Joined: 08 Apr 2009 07:17
Full Name: Kobus Pienaar
Nickname: Herrie
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1999 Patrol 4500e GRX
1983 Datsun Safari
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 55 times
Been thanked: 94 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Herrie »

Welgedaan Gerrie :salute:
Herrie op Safari/Patrollie
1983 Safari
1999 Patrol 4500 GRX
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

My groot kwelpunt is of Lobo nog betroubaar is of nie... mens moet vertroue he in jou ryding as jy die boendoes invaar... :confused:
User avatar
Kagiso II
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3461
Joined: 10 Jun 2009 16:58
Full Name: Mac Mc Menamin
Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
Home Town: BrentwoodPark, Benoni
Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe]
Home Language: AFRIKAANS
Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
Has thanked: 299 times
Been thanked: 160 times
Contact:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Kagiso II »

Verkoop hom - as hy tussen jou en MAggi kom stane karring, is hy nie vir julle nie.
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
Post Reply

Return to “08a. Your Patrol”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests