Ek het in 2023 my patrol ingeruil vir vir 'n voertuig wat bietjie meer geskik is vir die allerdaagse skool en stad rondrits.
Dit was baie hartseer, maar ek kon nie aanhou met die astronomiese petrolverbuik van die 4.8 nie.
Dit was 'n aswemrowende voertuig vir die 4x4 roetes wat ons elke nou en dan gedoen het. Dit was ook seker die beste voertuig wat ek kon gebruik vir langafstand toere soos die een :
https://patrol4x4.co.za/viewtopic.php?t=10047 (ek moet ophou lui wees en daai trip report klaar maak eendag).
Daai trip het R16 000 net in brandstopf gekos. Ek wil nog baie sulke toere doen, maar om te beplan rondom brandstof versuur die planne 'n bietjie.
Nou dat ek 'n "daily runner" het wat my sak bietjie beter pas, wil ek begin beplan om weer 'n Patrol te kry spesifiek om Patrol dinge te doen.
Ek hou verskriklik baie van die GQ's. Hulle is oud, so dit beteken daar is nie baie wat verkeerd kan gaan met al die fancy goed van nuwe voertuie nie. Dit maak dit dalk ook bietjie makliker as ek self aan die kar kan werk om dinge reg te maak.
Ek sit heeldag voor 'n rekenaar so my "skill set" met meganiese dinge is nie baie waffers nie.
Die ander ding is ook dat dit wil voorkom dat hulle bietjie ligter is as die GU's, so ek vermoed dat pertrol verbuik dalk laer kan wees.
Ek gaan vermoedelik (as ek na die laaste paar jaar kyk) in Julie erens 'n paar rand op sy kan sit sodat ek 'n voertuig met kontant kan koop. Ballpark is so tussen R100 000 op na R150 000). Ek wil hierdie gebruik om ons weer in staat te stel om op nog toere te kan gaan. Ook 4x4 roetes.
Ek onthou die een jaareindfunksie by Moegtle waar ek van die hindernisse moes verbygaan omdat my "stock" patrol bietjie te laag was en ek te bang was en maak die voertuig seer. Ek wil nie weer daai gevoel he nie, dis aaklik.
So hierdie is solank 'n lys waaraan ek begin werk vir voorbereiding waarna ek wil kyk vir Julie.
Ek vra hiermee bietjie hulp met raad wat sal werk en wat kak idees is van julle af.
1. Iets wat minder brandstof sal gebruik as 'n 4.8.
Ek was mal oor die krag van die 4.8 want dit is lekker om vir 'n taxi wat voor my wil inry by die robotte uit te trek.
Ek iwl graag nie hoef nie te bekommer oor steil hindernisse op 4x4 roetes nie.
2. Diesel i.p.v. petrol
Ek het 'n vermoede a.g.v. punt een dat ek eerder na 'n diesel Patrol moet kyk.
As ons die roete van 'n GQ gaan, wat is die opsies? Die TD42? Is hulle gesik vir moelike roetes? As die GQ opsie nie uitwerk nie, sal ek gelukkig wees met 'n ZD30?
3. Verkieslik iets wat nie geroes is nie.
Ek sal eerder 'n klein bietjie meer vir 'n ding betaal wat niks roes het nie as om uit te cheap op iets wat nou goedkloper is en dan later alles uitmekaar te moet haal om dit reg te maak.
4. Lift vs. Geen lift.
Hierdie is 'n moeilike ene. Ek gaan defnitief 'n lift wil doen sodat ek ook op Moegatle-tipe bane kan saamspeel, maar is dit beter om iets te kry wat klaar gelift is of dit self te doen.
Ek vermoed daar is seker regte manier om 'n Patrol te lift en seker verkeerde maniere om dit te doen. Sal 'n mens die "verkeerde" manier lift maklik kan regmaak?
5. Is dit beter om 'n Patrol te koop met 'n klomp kit op wat mens op toere gebruik, soos bar work vir spaar wielle en jerry kanne, of it dit beter om iets te koop wat nie aan gepeuter is nie en dit self te doen?
Watter ander dinge moet ek in gedagte hou sodat ek hierdie keer iets kan kry wat my sak pas, maar ook terselfde tyd my nie gaan laat wens ek het slimmer keuses gemaak nie?
My droom patrol lyk soos hierdie :
met ordentlike bar work vir wanneer mens verby bome en oor groot klippe moet ry.
Of hierdie, maar met een van daai nice cannopies waat mens al jou goed in rakkies kan insit (en kombuisware):

- dtwiwofj1wgb83gzfsxrfvspr.jpg (151.25 KiB) Viewed 2025 times