Page 3 of 5

Re: Patroliax in ICU

Posted: 20 Nov 2009 11:16
by yamiax
Wel na baie gesprekke gister en ek was vanogend self by die Patrol......sy start nie...
Al die fuses is reg...al die regte liggies kom op, op die dash.....maar niks....hulle kry haar nie eers aan die brand gesleep nie...
Ek het hulle oorreed om Johannes van Visio Motors te kontak....maar dit lyk my as sy nie teen Maandag se kant start nie, skryf hulle haar af.....

Sooooooooo, ek moet nou my kop reg kry.......

Van die kontak punte op die bedraading en fuses boxes, het al reeds van daai wit roes op. Die voor diff en ratkas is nog nie gedrein en skoon gemaak nie, en staan nou amper twee weke so. Die kar binne is nog steeds nat en stink soos.....Die clutch is suspect en en en...die aircon, altinator en starter willie draai nie, vas vas vas.....hulle het die starter nou af....en die hulle warehouse se vloer is nou gerubberise met BFG KM2 Mud rubber, soos hulle haar met die forklift rond sleep...maar sy start nie....

Die spider gears in my koppie wat die wieltjie moet lat draai gly nou.....hoekom start sy nie? ECU of wat?

Sou ek haar kan reg maak, sal sy helemal reg wees? Of sal ek dan met 'n oop blik wurms sit, waar daar enige tyd 'n onbepaalde hoeveelheid kan uit klim?

Wat sou nou beter wees....

1. "moontlik" 'n Patrol wat onbetroubaar is? (wat reken julle is die moontlikheid/waarskynlikheid hiervan?)
of
2. Maak vrede as hulle besluit om haar afteskryf, vat die nok (kan groot wees, weet nog nie) en begin maar weer met 'n ander Patrol....

Ek kan nie reguit dink nie en het julle raad nodig asb...
:helpsign:

Re: Patroliax in ICU

Posted: 20 Nov 2009 12:29
by Wynvat
Ai man. Dis hartseer.

Wag tot hulle 'n besluit geneem het. Oorweeg al jou opsies daarna. Moet niks oorhaastig besluit nie. Praat met pelle.

Ek is seker jy sal oor 'n rukkie weer lekker kan smile en speel, met 'n Patrol.

Re: Patroliax in ICU

Posted: 20 Nov 2009 12:37
by Herrie
Baie moeilike besluit!!!!

Ek wonder net of die ouens by wie jou Patrol staan regtig kennis het van 'n Patrol. Het hulle gekyk of daar vuur by die plugs is - miskien is die distributer nog vol water! Al wat 'n engin nodig het is kompressie, brandstof en vuur - is al drie daar?

Is die MAF skoon of vol modder?

Die ECU sit bo die tonnel agter die radio - het die water so hoog gekom?

Ek hoop regtig alles kom reg.

Re: Patroliax in ICU

Posted: 20 Nov 2009 13:10
by tour de frans
Yamiax,ek hou jou storie dop,en dis jammer wat gebeur het.Ek wil net vra.
Dit klink of die enjin nie draai nie en die stater sal nie reg werk agv dit nie,my vraag is,as jou enjin vassit van water wat kon ingeloop het ,het iemand al die sparkplugs uitgehaal en dan die enjin probeer draai?
Frans

Re: Patroliax in ICU

Posted: 22 Nov 2009 10:41
by yamiax
Dit lyk nie of die ECU in die water was nie. Die MAF en engin olie, asook bo op die pistons is skoon, die snorkel het die uit gehou. Die engin is nie vas nie, wil net nie start nie. Ja die starter is kis toe maar mense behoort nog steeds hom dan aan die gang gesleep te kry. So dit lyk my die ECU en related goed het moontlik gegaan, kortsluiting of so iets....

Re: Patroliax in ICU

Posted: 22 Nov 2009 17:35
by Tjaart
Yamiax!!!!

Ek het al water gehad :thumbdown: , en my IMMOBILIZER het nat geword en dit het veroorsaak dat die Patrol nie wou start nie. Die ding sit in die bestuurderkant se voete, langs jou regtervoet agter die plastiek paneel. Haal hom daar uit, maak droog / vervang, en kyk dan. Kyk ook na jou battery. Dit kan wees dat hy gekalf het in die water. Dit het met my gebeur toe my winch gebrand was sonder dat ek dit weet. Die battery het 'n pool verloor. Ons het vir 2 ure gesukkel en toe agtergekom dat dit die battery was.Die liggies het alles aangekom, maar wou nie start nie. Batterye geruil en siedaar. Aksie

Jy moet ook alle elektriese goed oopmaak en droog maak en elektriek cleaner spuit. maak jou diffs en ratkas leeg voor jy start. die goed het nou dalk al vas geroes of die olies het verslyt agv water, en die ratte se tande kan afslyt. Het julle al die sparkplugs vervang? Die distributor skoon gemaak? al jou plugs en konneksies losgemaak en droog gemaak en skoongemaak? Jou MAF sal nie pla om te start nie, hy sal net nie bo 2500rpm rev nie. Ek't myne in die Olifantsrivier verloor :redface: . EK't te veel ander ouens uitgesleep. :thumbup: .

Waar staan Patroliax? Erens in Pta? Dalk moet ek probeer kom kyk volgende naweek as ek terug is Pta...

Re: Patroliax in ICU

Posted: 23 Nov 2009 09:42
by yamiax
Dis nou die ding daai.... :thumbup:

Ek dink dit is dat die IMMOBILIZER geblaas het want hy was so 20 uur onder water.......as hy daar by die pedels sit.....

Re: Patroliax in ICU

Posted: 23 Nov 2009 12:33
by yamiax
Dankie Tjaart.... :salute:

Goed of sleg, net die tyd sal leer... :oldtimer:

Sy is oppad terug Visio Motors toe, Johannes moet vir A&G 'n qoute gee en hopelik sal ek dan uit eindelik rus vir my siel kry...reg of weg...die laaste twee weke voel soos twee jaar......

Re: Patroliax in ICU

Posted: 25 Nov 2009 11:39
by yamiax
Na 'n dag in bekwame hande en Patroliax sing weer 'n liefdes lied soos net sy hom kan sing.....pragtig!!!!! Hulle gaan teen vrydag die finalle pryse reg he vir die goed wat vervang moet word, soos die altinator en so aan.

My breathers het het soos 'n droom gewerk.
Soos die engin, geen water in die diffs of ratkas nie. :thumbup:

So as Johannes klaar is, is dit nog net haar makeup wat weer gedoen moet word...en ons kan weer gaan dans.... :clap:

Hoop net nie die storie vat baie lank nie...begin al klaar lei aan KSS..

Re: Patroliax in ICU

Posted: 25 Nov 2009 12:29
by Wynvat
Saam met jou bly! :thumbup: