Page 3 of 7

Re: Long Range Fuel Tank

Posted: 09 Feb 2010 23:09
by Pieter du Toit
Sias,

Baie dankie vir jou moeite met die fotos ook om die tenk te wys. As ek mag vra - hoeveel het hulle jou geruk vir daardie 140L tenk?? En het hulle dit ingesit of kon jy dit self doen??

As ek so kan vra - cm gewys omtrent hoe ver steek die tenk onder die bumper uit - my kar lyk bietjie anders van agter af omdat ek n off road bumper op het - so ek vermoed hy gaan nog verder onder my bumper uitsteek. En ja ek doen redelike "ernstige" off roading en berg trails (baie oor klippe ens)

My kar is het darem ook n 2" OME lift met nog 20mm spacers onder al 4 die coils en dan ook 33" wiele op - sal darem seker ook bietjie help. Ek het nou nie n mooi foto van my Patrol so laag van agter af nie.

Wat dink jy??

Groetnis

Re: Long Range Fuel Tank

Posted: 09 Feb 2010 23:12
by Pieter du Toit
Herrie wrote:Sub-tenk 45 liter???? As ek myne leeg maak en by die garage vol maak vat hy net 37 liter weet nie waar die ander 8 liter wegkruip nie!
Ek het myne al getoets - dol leeg vat hy 45 L :think:

Ek het al so 138 l ingegooi met die petrol liggie wat PERMANENT brand op die main tenk!!! :surprised:

Dalk le daar n dooie rot of slang of iets in jou subtenk :rolling: :rolling:

Re: Long Range Fuel Tank

Posted: 10 Feb 2010 06:45
by Sias
Pieter
Jy't seker 'n leer nodig om in jou kar te kom!!!
Ek het R6500 betaal vir die tenk en die insit - jy kan dit seker self doen as jy al die spanners en tyd het - dis 6 boute wat los en weer vas gemaak moet word en dan natuurlik al die pype en dinge. Ek het gevind dat die tenk kap teen die body en het toe 3 washers ingesit en die probleem is opgelos.
Die tenk steek seker so 10 tot 15cm onder die bumper uit, maar hy is 'n klein bietjie ge-"angle" en soos jy kan sien op die foto is daar twee stukke "angle iron" opgesit om te keer dat hy nie skuur nie. Op jou kar wat so gelig is sal hy nie skuur nie, maar dit sal dalk snaaks lyk met die ander bumper...
Ek het nog nie meer as 41l in die sub-tenk gegooi nie, dalk is dit 45l saam met die filler pyp?

Re: Long Range Fuel Tank

Posted: 10 Feb 2010 08:05
by JG Shields
Herrie, jy moet altyd by daai pomp gaan ingooi. Dit klink my na 'n plek waar mens net kan wen!!! Ha...ha...

Re: Long Range Fuel Tank

Posted: 10 Feb 2010 08:11
by KOOS BEST
JG Shields wrote:Herrie, jy moet altyd by daai pomp gaan ingooi. Dit klink my na 'n plek waar mens net kan wen!!! Ha...ha...
:clap: :clap: :clap: :clap: :clap: :clap: :clap:
goeie een JG , jy ken n goeie deal

Re: Long Range Fuel Tank

Posted: 10 Feb 2010 17:34
by Saltman
Nee manne

Hier is ek saam met Herrie
Volgens my boekie is die 4.8 l se tenke 95 + 40 = 135 liter
En ek gooi altyd die subtenk eerste vol en kon nog nooit meer as 40 liter ingooi nie.

So ek is saam met Pieter en Frans - miskien moet ons kyk na 'n groepkoop en 'n klomp 140 liter tenks bestel?

EK is egter nog self bietjie versigtig vir die Excel tenk en sy krake. Wat se julle?

Herbie

Re: Long Range Fuel Tank

Posted: 10 Feb 2010 20:29
by Pieter du Toit
Sias wrote:Pieter
Jy't seker 'n leer nodig om in jou kar te kom!!!

Sias,

:rolling: :rolling: - My vrou "moan" omtrent as sy in die kar moet klim - want sy is nogal n shorty!!! Maar ja my kar staan regtig lekker hoog en lyk goed - dis my baby " MONSTER TRUCK"!!! Ek self moet darem ook daai grab handle gryp om in te kom!! Hier is n foto van my kar met die 33" wiele MAAR VOOR ek nog die 20mm spacers reg rondom ingesit het. Dis geneem die dag net toe ek terug gekom het van Johan Tyres af.

Image

Mooi ne!!!

Re: Long Range Fuel Tank

Posted: 10 Feb 2010 20:34
by Pieter du Toit
Saltman wrote:Nee manne

Volgens my boekie is die 4.8 l se tenke 95 + 40 = 135 liter
En ek gooi altyd die subtenk eerste vol en kon nog nooit meer as 40 liter ingooi nie.
Ok miskien is ek dan nou verkeerd - weet nou nie lekker nie maar ek is darem blond so julle sal my verskoon as ek verkeerd is. My kar is nou nie by my nie en my petrol boekie le in die cabbyhole - maar ek sal dit weer check wanneer ek my kar terug kry. Dit maak tog geen sense dat daar n verskil op die Patrols se tenke sal wees nie.

Re: Long Range Fuel Tank

Posted: 10 Feb 2010 20:54
by Pieter du Toit
Sias wrote:Pieter
Ek het R6500 betaal vir die tenk en die insit
Is maar ook n lekker duur exercise ne!!!

Re: Long Range Fuel Tank

Posted: 11 Feb 2010 12:47
by JG Shields
Die standaard tenks is inderdaad almal 40L (sub) en 95L (main). Die grappery met Kobus (Herrie) omdat hy net 37L in sy leeg sub-tenk inkry dui vir my regtig op 'n swak gekalibreede vulstasie pomp. Die vulstasies se pompe laat soms veel te wense oor. Ons betaal meestal vir daai foute. In hierdie geval doen die vulstasie eienaar homself in - DIS ALLES TE SE AS HERRIE SE TENK NIE DALK OM EEN OF ANDER REDE 'N ANDER FOUT HET SOOS 'N 3Liter DUIK WAT HY DALK NIE VAN WEET NIE. (Ek twyfel egter oor die duik want Kobus is deeglik en ken sy lorrie goed) Hy het egter net 'n 3L fout en nie 'n 8L fout soos hy dink nie. As hy gereeld by dieselfde pomp ingooi, soos ons mos geneig is om te doen, kan my teorie dalk waar wees.

Over-geset-synde......Ek het nog nerens gery waar ek meer as die 135L plus 2 gerry-kanne se brandstof (totaal 175L) nodig gehad het nie...en ek het al redelik wyd in Afrika rondgery. Ek glo dat deeglike beplanning en selfs 4 kanne my orals gaan bring waar oom Kingsly ook al was.