Page 3 of 4
Re: Dastek Chip in my GRX
Posted: 07 Sep 2009 12:49
by Patrol4.8
Saltman wrote:Cornelius
Dit smaak my ons 2 is in dieselfde bootjie!
My Patrol gaan nou eers die week na Nissan toe om sy brein te kalibreer en seker te maak alles is reg ingestel, aangesien die perd nog onder waarborg is.
Ek is nie gelukkig met wat voel soos die solenoid wat op 'n overrun heeltemal afsluit en dan die Patrol met sy neus in die grond laat duik nie. As jy dan vet gee dan moet jy die pedaal saggies kielie anders ruk jy jou nekwerwels tot in volgende week in!
Daarna sal ons begin krap!
Dis reg so, maar ons kan nog steeds iewers bymekaar kom en saam kuier en Patrol gesels.
Kom ons wag 'n rukkie om te sien wat die ander ouens dink.
Ek het met Frans gepraat en hy wil vir Kosie Swanepoel saambring sodat ons hom kan ontmoet
Groete
Re: Dastek Chip in my GRX
Posted: 09 Sep 2009 07:02
by Lunar
Ek dink dat die "free-flo" uitlaat volgende op my lys is.
Re: Dastek Chip in my GRX
Posted: 09 Sep 2009 12:57
by Abri Hoffman
Is this a plug and play chip or do they have to weld it in?
Re: Dastek Chip in my GRX
Posted: 09 Sep 2009 13:06
by tour de frans
Abri,op die meeste petrol karre is dit in weld of splice.Op die diesels is dit plug+play,DIe manne met ecu's,nie soos my diesel donkie nie wat nog meganies werk.Dastek het plug+play connectors vir sommige petrol voertuie,maar ek is nie seker van Patrols nie.Connectors maak die instelasie nie net makliker nie maar,dit maak dit wel duurder.
Groete
Re: Dastek Chip in my GRX
Posted: 05 Oct 2009 13:56
by Patrol4.8
Ek gaan woensdag die chip laat verwyder.
My Patrol se ECU hou blykbaar nie baie van die chip nie, wat jammer is want die petrol verbruik het met ten minste 0.5 km/L verbeter.

Gelukkig is daar darem 'n paar van julle vir wie die chip gewerk het.
Re: Dastek Chip in my GRX
Posted: 05 Oct 2009 20:05
by Pieter du Toit
Cornelius,
Ag nee man - wat is dan nou fout??

Wat maak jou kar dat jy se hy werk nie vir jou nie??
Re: Dastek Chip in my GRX
Posted: 05 Oct 2009 20:36
by Vaatjie
Ek wil ook weet wat nou. My patrol was geboek vir die chip. Is dit die chip of moet jy dalk 'n ander vervaardiger se chip gebruik.
Re: Dastek Chip in my GRX
Posted: 05 Oct 2009 20:43
by Patrol4.8
Pieter du Toit wrote:Cornelius,
Ag nee man - wat is dan nou fout??

Wat maak jou kar dat jy se hy werk nie vir jou nie??
Pieter
Daar is 'n paar probleme:
-Soms sukkel die enjin om te aan te skakel en dan gaan die "engine warning light" aan, hy swaai maar vat nie.
-Die naweek het ek agtergekom dat wanneer ek die ignition aanskakel dan begin die revcounter se naald op en af spring totdat ek die enjin aanskakel.
-Die ergste was egter toe ek vanaf Klawer se kant op die N7 draai en die enjin sny omtrent 3 keer uit vir 'n sekonde op 'n slag, nogal scary as daar 'n swaar voertuig op jou afpyl en jy kan nie versnel nie.
Ek weet nie of dit 'n fout met my Patrol is nie want ander ouens het al chips met sukses in 'n 4.8 gesit.
Re: Dastek Chip in my GRX
Posted: 06 Oct 2009 05:42
by JohnBoyZA
Sjoe Cornelius
klink nogal ernstig. Wie het die installasie gedoen - wat se hulle? Hou ons op hoogte asb.
Re: Dastek Chip in my GRX
Posted: 06 Oct 2009 06:35
by Patrol4.8
Dit klink seker erger as wat dit is.
Ek dink julle moet dit net vooraf bespreek met die persoon wat die installasie doen want die meeste 4.8 Patrols het geen probleme met die chip nie. Dit kan dalk 'n probleem met my Patrol se bedrading wees

As ek reg verstaan kan daar sulke dinge gebeur as die chip nie genoeg volts vanaf die kar se bedrading kry nie. My 4.8 is baie ouer as meeste van julle se Patrols (2003)

Wat dink jy Frans?