Page 3 of 3

Re: Ironman, ARB or TJM Shocks

Posted: 30 Nov 2012 16:57
by Kieries
Hallo Marinus
Eks nuut op die forum en is ook in Bloem. Het so pas 'n patrol 4.8GRX gekoop en wil ook shocks opsit. Wie is die verskaffer in Bloem wat jy gebruik het?
Dankie
Eugene

Re: Ironman, ARB or TJM Shocks

Posted: 01 Dec 2012 12:27
by Marino4x4
hi Eugene

Baie welkom op die forum.

Ek het die shocks by HCRT gekry. Hulle is in krause str nommer 50. Ons kan bietjie by mekaar uitkom as jy wil kyk hoe die shocks lyk. Ek is nog baie tevrede met my aankopie.

Sal lekker wees as ons n paar Patrol manne in Bloem kan bymekaar kry.

Groete.
Marinus

Re: Ironman, ARB or TJM Shocks

Posted: 29 Apr 2015 07:14
by SJC
Marinus, het jy nog steeds Bilstein skokbrekers in jou patrol? Het hulle goeie diens gegee? Sal jy hulle aanbeveel?

Re: Ironman, ARB or TJM Shocks

Posted: 04 May 2015 10:23
by Marino4x4
Hi Fanus

Ek het die shocks nog op my Patrol. Ek is baie gelukkig met hulle. Was verlede week in die Richtersveld en het BAIE sinkplaat gery. Geen probleme gehad nie en was baie gemaklik. Die manne in die Fortuners het nie baie gelukkig gelyk nie en n oom by die ontvangs kantoor het gevra wat is die kortste pad teerpad toe. Hulle was moeg geskut in hulle Hilux. :biggrin: Ek gebruik die Bilsteins saam met OME coils. Werk baie goed.