jy gaan kyk onderaan die "post reply" skoon blad, daar is twee "tabs" klik op "upload attachment" -
* Options * Upload attachment
kies nou die 'tab' 'Browse', nou gaan soek jy op jou rekenaar waar jy ookal jou kiekies stoor [ ek vermoed joune sal onder "My Pictures" wees ???]
Nou kies jy die kiekie wat jy hier wil wys, as die "roete" nou daar onder in die blokkie wys, dan klik jy op "Add the file" -
EN dan en dan en dan ... dan spring die blad boontoe en iewers staan in ROOI letters dat die kiekie wat jy gekies het te root is om te plaas ... NATUUUUUUUUUUUURLIK, want jy het nie die kiekie ge-'krimp' nie...
Orraait, dis nie 'n treinsmesjj nie - Gaan heeltemal uit jou program na jou "Browser" toe [Firefox is vinniger as 'Internet Explorer, maar daai is jou eie keuse .. nou gaan Google jy vir "IRFAN VIEW" - installeer dit op jou rekenaar [dis gratis] as jy dit nou eendga klaar gedaan het - kom nou maar weer terug na
http://www.patrol4x4.co.za/ - en begin van vooraf met die kiekie plasing - MAAR , eers gaan jy die kiekie wat hier wil plaas oopmaak met IRFAN VIEW - jy sal sien bo in die "menu" raampie is 'n opsie ('Tab') "IMAGE" - klik op die, dan is dar so 'n lys keuses wat afval, kies "Resize/Resample" - gaan nou daar na "width" toe en oorskryf die syfer wat daar staan met "495" en dan klap jy sommer "enter" [dis vinniger] Kies nou die blou blokke wat beskryf "SAVE AS" - klik op die, kies 'n naam vir jou kiekie en "enter" - hy stoor vir jou die verkleinde kiekie ook onder "My Pictures" maar as 'n aparte file, nie is dieselfde "folder" was wat jy jou groot kiekie uitgehaal het nie
Nou het jy nog jou oorspronklike kiekie - maar ook 'n verkleinde weergawe. Doen nou weer daai "rigg-ma-role" waddi oompi hierbo virt jou beduie het - en diekeer sal jy sien hy sit die kiekie in die ry [gaan aan tot jy DIK of g/vol {

sies, ou vuilbek !!!} is van kiekies uitsoek, en dan klik jy op op die venstertjie "place in line"
Dan "Submit" jy jou posting .......... en WHALLAAAAAA - ons kan kiekies kyk [maar maak gou, ek raas hard as ouens nie kiekies plak nie
AS DIE KIEKIE TE KLEIN IS OM BEHOORLIK TE SIEN - verander dan die "495" na 'n groter nommer ['495 - 500' is geskik vir kameras met hoƫ p/Gb resolusie [pixels per g/b] tipies myne is 15 .. speel rond tot jy ons heppi het - maar munie TE lank vat nie
