So die pulley het toe nie uitgewerk nie - ek waardeer die ou se bereidwilligheid omd it vir my te stuur, maar die pulley is so uitgewear dat dit sal wobble soos jellie op die crank - en dan sal skade maak - wat ek regtig nie nou meer kan bekostig nie!
Ek is soos ek nou hier tik op die rand van 'n psigiese ineenstorting...
Lobo maak my klaar. Eintlik nie hy nie, my eie onvermoë is wat my inhaal.
Dit is nou al amper twee weke sedert sy enjin vir my gegrom het, en ek mis daai geluid. En ek mis dit om my eie ryding te he en nie orals heen hoef te ry in my vrou se piepklein Golfie met bokkerol beenspasie nie!
Die aanvanklike skade was net die timing chain (het toe ons oopmaak gesien dis die guide se tensioner wat gebreek het, daarom het die ketting gegly) maar die hele head is toe afgehaal en al twaalf valves is vervang. Om die timing cover af te haal het ek toe ook die gasket op die sump beskadig (dit was basies vasgeweld aan die timing cover van ouderdom) so al duisend van daai klein boutjies moet ook uitkom om die sump af te haal en dan moet dit skoongemak word sodat hy weer geseel kan word - en daarvoor moes die olie ook getap word.
So op daai stadium was dit net die blok en crankshaft wat nog gesit het waar dit moes. Jammer dat hier nie foto's by is nie - dis vir my te hartseer om af te neem..
My groot probleem is dat ek nie weet hoe om hierdie goed weer self aanmekaar te sit nie. Ek het die head verlede week Donderdag al terug gehad, en as ek geweet het wat om alles te doen, sou ek deurnag gewerk het om hom Vrydag weer aan die loop te kry. Maar ek weet nie en moet myself begewe op ander ouens se goedheid om my te help. Ouens wat my ent na-ure kan help want hulle het day-jobs ook - nes ek.
So die naweek kon ek niks doen nie - of niks noemenswaardig nie, want ek moes trek. Toe ek Saterdagmiddag klaar getrek is, piekel ek toe weer al die pad van Strand af Brackenfell toe om te gaan werk - en al wat ek kon doen was om die blok mooi skoon te skuur en die intake en exhaust manifolds aan die blok vas te sit (wat ook 'n gesukkel afgegee het van epidermiese proporsies!).
So kom en gaan nog 'n naweek wat ek aan Lob werk - tussendeur trek ek en my wonderlike vrou kry dit reg om nie heeltemal haar cool te verloor en my te vermoor nie (as ek binnekort doodgaan van vergiftiging, weet julle wie om te soek!)
Gisteroggend kom die pulley uiteindelik hier aan (moes Saterdag al hier gewees het), ek ry om al die laaste goedjies te gaan kry wat ek sal nodig hê sodat Lobo vanaand kan start, en vol hoop gaan ek na werk soontoe om dit te gaan aanpak.
Wel, die head is darem gisteraand opgesit (nog nie ge-torque of vasgedraai nie), die timing chain is ook opgesit en die timing is reg gestel en toe die ou wat my help die timing guides vasdraai, breek hy 'n bout af en omdat ons nie die gereedskap by ons gehad het om dit reg te maak nie, kon ons toe ook nie verder werk nie! So nog 'n aand gaan verby wat Lobo nie start nie!
Ek het toe die pulley wat vir my gestuur is se derde ring afgehaal en vandag engineering toe gestuur sodat hy aan die ander pulley wat ek het wat net twee ringe het, vasgesit kan word. Ek hoop en bid nou maar dat dit vanmiddag kan klaar wees, anders gaan ek weer net hang vanaand en niks klaarmaak nie. Ek is regtig nou al baie naby aan skisofrenie...

WWW
