Page 19 of 33

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 20 Feb 2012 10:42
by Herrie
Hi Gerrie, ek het 'n head as jy een nodig het - ek vlieg Saterdag Kaap toe want my seun trek terug Kempton toe en ek gaan saam met hom terug ry.

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 20 Feb 2012 10:52
by Gerrie
Dankie Oom Kobus. Ek sal vanoggend hoor wat hulle my gaan vra vir die head, maar as dit te ver bo my vuurmaakplek is, sal ek op oom se knoppie druk. Sal oom die head kan afvlieg of sal ons 'n ander plan moet maak?

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 20 Feb 2012 10:59
by Herrie
Ek sal hom seker kan af vlieg - ek weet net nie of die brandsof inspuiting op hom sal pas nie.

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 20 Feb 2012 11:04
by Gerrie
Herrie wrote:Ek sal hom seker kan af vlieg - ek weet net nie of die brandsof inspuiting op hom sal pas nie.
Ech, dis natuurlik weer die ander ding... hoeveel werk meot gedoen word om hom FI te maak? (Onthou, ekw eet eintlik omtrent bokkerol van heirdie goed - hoor net die woorde - dit was die naweek die eerste keer in my lewe dat ek gesien het hoe lyk 'n head en 'n gasket en die pistons en alles...)

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 20 Feb 2012 11:13
by Herrie
Ek is nie seker nie maar ek dink daar is ekstra holtes nodig vir die injectors.

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 20 Feb 2012 11:27
by Kagiso II
Jy sal vir BEN HUR moet vra wat behels dit .. beterder opsie sal amper wees om 'n GTX Skyline enjin te kry wat klaar ge F I is en dan die sump en so paar anner goedjies oor te dra..
Daai enjn in Alexanderbaai het reeds F I op .. ???

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 20 Feb 2012 11:51
by Peter Connan
Oom Mac anders moet ons daai Weber wat Oom vir my gegee het en die manifold (as Oom hom nog het) ook, dan sit hy weer vergasser op?

Gerrie, as daar enigiets is wat moet kaap toe maar wat Kobus nie in sy baadjiesak kan inprop nie, laat maar weet?

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 20 Feb 2012 11:57
by Gerrie
Thanks Peter

So terloops, ek het Vryadgoggend daardie pakkie wat jy gestuur het gaan optel... Net jammer ek gaan nou die head gasket baie vinniger nodig he as wat ek gehoop het.
Sal sommer die starter en al die ander goed ook vervang terwyl ek nou mos besig is!
Dankie Oom Mac vir die sparewheel carrier... Die as waarom hy meot draai, is dit 'n spesifieke een, of kan ek sommer enigeen wat inpas daar indruk?
Ek moet erken, ek het Saterdagmiddag 'n bietjie trane in my oë gehad oor die hele gedoente... Maar dit was 'n stofwolk wat onverklaarbaar opgekom het... ahem!

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 20 Feb 2012 12:00
by Gerrie
Oh, en ek het vergeet om te noem...
Die crank pulley wat vir my op Douglas reggemaak is, het ook toe ons hom afhaal gewys dat hy heeltemal gekraak het (die een deel wat op die olieseel hardloop, het sommer heeltemal uitgebreek, so ek moet 'n nuwe een kry ook. Het Saterdag in my haas een gekoop by 'n Scrapyard vir 'n Nissan NA20 enjin (enige idee watter enjin dit is?) wat die regte grootte is vir die crank waarop hy moet pas, maar hy kort die pulley vir die powersteering, so ek meot nog iewers tyd kry om hom op 'n manier te fix sodat hy ook kan werk op Lobo - of ek meot iewers vir 'n ander een begin soek....

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 20 Feb 2012 12:06
by Kagiso II
Haijj aa Gerrie [jy munni alleenag voel'ie -- ek ook sad oor Lobo se dinge .. mens het dit nie verwag nie
Daai spaarwielcarrier draai op die as van 'n Venter sleepwaendjie [die laaste stuk, waar die bearing oppas en dan die "stub"]
Ek het gedink dta was nog vas aan die bumper self ??? - maar die dat Chris hom skeef aangeweld het oorsproinkliik kon hy ook al afgekom het ?? [ :oldtimer: :oldtimer: :oldtimer: :oldtimer: OLDSTIMERS?? kanni ondou nie.
Maak net diekeer seker Lobo staan waterpas voor jy die as-bussie aanweld :confused: