Page 18 of 33

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 07 Feb 2012 07:54
by beast
:woo: Gerrie, jy het die hele koop van Lobo vir ons ander so interessant en nice om te lees gemaak, dat dit amper soos n vervolghaal is. Dit is nice dat iemand so verlief is op hul voertuig. Ons hier in Gauteng het so n jaar of wat ook iemand gehad wat ons vermaak het met sy Fear Factory. Toe gaan verkoop hy die masjien en nou het ons net vir jou en Lobo. Hou so aan, jy is n ster. Sal erns n groepie bymekaar maak en vir jul in die Kaap kom kuier. Groete daar :thumbup:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 07 Feb 2012 08:40
by Gerrie
Ek het laas keer toe ek die waterpomp vervang het die hele gril afgehaal en die radiator ook om nou mooi ordentlik te kyk hoe alles inmekaar pas - met die het die flikkerligte in die slag gebly. Moet hulle net weer opsit, maar het nog nie so ver gekom nie... As ek vir hom eendag 'n nuwe bumper opsit voor,s al dit in elk geval nie meer nodig wees nie...

Nee, dit moet ek nog doen... kort net TYD!! :rolleyes:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 07 Feb 2012 08:47
by Gerrie
beast wrote::woo: Gerrie, jy het die hele koop van Lobo vir ons ander so interessant en nice om te lees gemaak, dat dit amper soos n vervolghaal is. Dit is nice dat iemand so verlief is op hul voertuig. Ons hier in Gauteng het so n jaar of wat ook iemand gehad wat ons vermaak het met sy Fear Factory. Toe gaan verkoop hy die masjien en nou het ons net vir jou en Lobo. Hou so aan, jy is n ster. Sal erns n groepie bymekaar maak en vir jul in die Kaap kom kuier. Groete daar :thumbup:
Jy sal my mos nou laat bloos soos 'n skoolseun wat uitgevang is dat hy na 'n meisie staar... :redface: :redface:
Thanks, ek bly julle geniet die lees... ek moet net 'n bietjie meer tyd kry om als en als van voor tot agter skoon te maak...
My volgende plan is om die petrol wat nou in is uit te ry en dan die petroltenk af te haal en die hele fuel line skoon te maak en heel te maak... Want nadat ek laas keer die petrolpype in die enjinruim vervang het, is daar steeds 'n petrol reuk terwyl ek ry... so nou moet ek verder soek... En ek wil sommer kyk of ek die petrol guage se thingy in die petroltenk kan regmaak dat hy akkuraat wys... hierdie geraai-raai oor hoeveel petrol ek oor het werk nie goed vir my senuwees nie... en dan is daar die kwessie van die olielek...
Ek vermoed met die toe die crank pulley afgekom het, het die seel voor op die crankshaft dalk sakde gekry, want daar is 'n olielekkie wat my bekommerd maak. Gelukkig brand Lobo nie olie nie, want anders sou dit seker iets meer ernstigs gewees het, maar ek wil dit graag uitsorteer sodat ek die enjin ook mooi skoon kan maak (fisies aan die buitekant). Dan gaan dit mos makliker wees om te onderhou...
Maar nou ja, gelukkig trek ek einde van die maand in 'n nuwe huis in wat stap afstand van die stasie af is en daar is 'n garage... so ek kan aan Lobo werk in die aande en ek hoef nie te worry dat ek moet klaarkry voor more oggend nie, want ek stap sommer stasie toe om die lang-kar te vang!

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 17 Feb 2012 07:34
by Gerrie
As ek nou moet se hoe ek regtig voel sal ek skel en ek kan dit nie doen nie want hier is oredentlike mense!
Ek was gister in Stellenbosch vir 4x4 opleiding met Lobo. Toe ek die oggend by die huis ry, klink Lobo asof die enjin effens koud is en hy so sluk-sluk mis. Wel. Die kort en die lank van die storie is dat toe ek in S'bos stilhou, toe klink als weer fine. Die enjin het getrek soos altyd en alles het geloop. Toe ek n rukkie later weer in Lobo klim, toe swaai hy maklik oor en ek trek hom langs die pad - reg om op ons roete te ry vir die opleiding, Lobo het so gestaan en idle en toe poef! vrek hy! Ek probeer hom swaai maar dit klink asof iets los is. Ek vra toe nou maar een van die ouens wat daar is wat nogal redelik vqn enjins weet om te kyk. Hy luister toe en nadat ons gekeky het of daar vuur en petrol is, se hy dit klink asof iets nie saamdraai nie wat die enjin laat oorswaai. Hy bel n vriend wat n mechanic is om te kom kyk, en ek ry toe nou maar saam met hom op die roete sodat ons nie die groep ophou nie.
So hier en daar laat hy my toe om sy Fortuner te bestuur en ek moet se, daai ding ry lekker in die veld, net so voor een erge opdraand waar daar glasstukke in die veld le as getuienis van n ou wat sy bakkie daar gerol het, bel die mechanic en deel die nuus met ons.

LOBO SE TIMING CHAIN IS KAPUT! Sy kwotasie is R5000 en ek begin amper huil. Ek bel rond en my goeie vriend Allan Venter - wat bekendstaan as Mnr Hilux (maar wat self ook lank Safari gery het) bied aan om my te help om dit self te doen . Die chain en kit kos maar R500, dis die arbeid wat so duur is. So raai wat doen ek die naweek en elke aand volgende week tot Lobo weer loop? Dink maar aan my almal wat sometime die naweek n braaivleisvuur aansteek en bid maar saam dat dit net die chain is en dat daar nie nog skade is nie - want dan is ek in my kanon in!

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 17 Feb 2012 07:47
by XenoBlitz
Ag nee man. Dis nou nie reg nie.

Sterkte daar.

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 17 Feb 2012 08:16
by Peter Connan
Eish Gerrie

Jammer man, ek hou styf duim vas!

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 17 Feb 2012 10:42
by Kagiso II
einaaaaaaaaa -- sorri Gerrie man .. As Lobo net staan en "idle" het behoort daar nie iets te gebreek het nie ...
Ek sal by Stratford hoor of hy nog die spaar 2.8 enjin daar in die stoor het - as hy hom nie weggegooi het nie - dan "ship" ek hom vir jou [dan doen jy daai enjin in jou spaartyd oor en as Lobo jou weer drop - dan plak jy jou eie nuwe enjin in sy bek in [diekeer sal jy met kaarvryttur tevrede moet wees ??]

Oompie hartseer om te hoor man .. dis sommer 'n DEMMIT om oor te kom..

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 17 Feb 2012 11:09
by jwilkinson
Aiaiai....Ek wou se dit was lobo wat ek daar by 4x4CO gister sien staan het oppad huistoe. Voorsped!

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 20 Feb 2012 09:26
by Gerrie
Raait, soos my luck natuurlik is, is dit so erg soos wat ek gehoop het dit is nie. Lobo se hart is gebreek (myne ook - ek was 'n paar keer naby aan trane Saterdag soos ons die enjin oopgemaak het).
Vandag word Lobo se top ingestuur om reggemaak te word. Hy het valves gebuig en pretty much elke slegte ding wat kon gebeur het. Ons het nog nie eers by die oorsaak van die timing chain se sterfte gekom nie. So vandag word die top ingevat en ek wag in vrees om te hoor hoeveel dit gaan kos. Dit alles terwyl Lobo veronderstel was om die naweek wat kom 'n lekker laaaaaaaang sleepwa te sleep met my trek Strand toe (moes nou maar 'n maatskappy nader om die trek te doen - wag nog vir hulle kwotasie ook.)

so ek wil nou vra, as hier iemand is wat voel ek het hulle sleg behandel en wat al hierdie slegte karma na my kant toe stuur, eks jammer,oukei! Was nie so bedoel nie!! Hehehe!
Ek is op die oomblik bietjie gatvol en moedeloos. Dis hartseer om Lobo so oopbek te sien staan met die enjin blok en alles uit en ek weet nie wanneer dit weer gaan reg wees nie... Donasies in die vorm van die wen-nommers vir die Lotto is welkom... (ek het reeds Saterdagaand gesien my nommers het nie gewen nie!)

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 20 Feb 2012 09:39
by David
Jammer om te hoor Gerrie :thumbdown:

Moet bysĂȘ ek was self al in daai bootjie toe my Safari se cam-pulley bout losgekom het. (My eie skuld... :rolleyes: )
Die goeie nuus is dis baaie goedkoper om vir Lobo regtemaak as baie van die nuwe masjiene maar ek verstaan mens raak gatvol. Wonder wat die oefening my sal kos met my 4.8 se multivalve top...

Sterkte en voorspoed met daai Lotto kaartjies :thumbup: