Page 17 of 33

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 25 Jan 2012 17:13
by Tinus lotz
blink plan koppel hom sommer op die agterdif dan gaan jy eers jaag!!!!!! :rolling: :rolling:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 26 Jan 2012 18:46
by Kagiso II
hier naby is 'n omie wat 'n Briggs & Stratton wil verkoop .. mette GROOT wiel en kleintjie oppi as en sterk 8-slag belt kan jy ver kom... :rolling: :rolling:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 27 Jan 2012 15:00
by Gerrie
Ek dink Lobo is bietjei swaar vir dit - onthou dis OU yster daai... nie hierdie dun sink plate wat hulle deesdae gebruik nie!!

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 06 Feb 2012 09:16
by Gerrie
Lobo het die naweek weer beindruk...
Ek was weg saam met klomp ouens van die Isuzu Offroad Club na 'n plek naby Citrusdal. Die Gatjie Boskamp en Goudini Veepos. Vreeslik lekker, kan dit beslis aanbeveel.
Ons het die Vrydag-aand daar aangekom, tent opgeslaan en begin saamkuier. My vrou kon nie saam nie, toe vat ek maar 'n pel saam - sy eerste 4x4 ondervinding - en hy is nou hard opsoek na 'n ryding soos Lobo. (paar Isuzu-manne ook, dink ek!)
Image
Elk geval, die roete loop teen die berg op en dan weer aan die anderkant af in die veepos in. Die familie wat die veepos sedert 1875 besit, is steeds op die plaas en Andre, die huidige eienaar van die plaas, gaan altyd saam. Ek sê wel dit was die Isuzu-ouens, maar daar was op die ou einde 21 voertuie oor die berg (meeste ooit) wat gestrek het van my stok-ou Lobo, oor Fords, Toyotas, Mazda's en selfs 'n splinternuwe FJ Cruiser. En nog 'n Hardbody sodat ons darem twee Nissans was...
Image

Almal wat al daar op was sê die terugkom die volgende dag is die moeiliker deel. En daarvoor word 'n ewenaarslot aanbeveel...
Elk geval, so loop dit toe. Saterdag-oggend trek ons weg teen die berg op. Dis redelik maklik - net steil maar geen groot klippe in die pad nie en net so een of twee as-knopertjies - nothing serious.
Johan Botha van Bantam-trailers het saam met sy pa agter Lobo gery en hy vertel my die aand dat dit lyk soos 'n spinnekop soos Lobo se agterwiele beweeg om vastrapplek te kry.
Die berg is toe onder die fynbos en dis regtig iets wat jy moet sien - baie tipes plante en volop - glad nie deur mense of oorbeweiding aangeraak nie - behalwe vir die paar klipsringers en steenbokkies is daar net 'n trop donkies in die berg.
Image
Image
Image
Mens noem dit klipblommetjies - ek het nog altyd gedog dis net mos wat drooggeword het of iets - maar klaarblyklik is dit 'n plant wat op sy eie groei...

Van bo-op die berg af is dit 'n redelike steil trippie tot in die veepos. Dis hier waar ons more weer moet uit - geen ander opsie nie. Jy meot heelpad tot onder in Low Range met jou voet swaar op die briek afgaan - anders begin hy baie vinnig met jou weghardloop.
Image
elk geval - ons is daar af sonder enige voorvalle met Lobo wat foutloos tot onder geloop het en daar was net een Crusier wat 'n band verloor het op 'n skerp klip om 'n draai - maar dis 'n fout wat enige ou kan oorkom.

So pak ons toe af en sit om die vuur terwyl 'n skaap op die spit draai tot laat in die aand en luister na die stories van die ou manne wat al lewenslank in dié vallei bly. Lekker stories...

Party van die ouense het die volgende oggend opgestaan en gekla dat die berg uit heel aand by hulle gespook het en dat hulle sleg geslaap het... Ek het soos 'n klip op die grond, in die vars lug reg voor Lobo se neus geslaap.Image
My pel wat saamgekom het snork verskriklik en ek sou nie nog 'n aand 'n tent kon deel nie... :rolling:
Elk geval - so staan almal en maak moed bymekaar en een vir een pak ons die paadjie aan. Van waar jy onder in die kamp staan - kan jy die ouens op die regtige moeilike deel sien stof opskop - daar waar jy difflocks nodig het - en ek raak beitjie benoud. Eerste blaas ek my bande af tot op 1 bar. Met die volgende ou wat sukkel gaan ek af na 0,9 en net voor ek wegtrek om dit self aan te pak - gaan ek af na 0.8.

Net voor my is daar 'n Amerikaanse sendeling in sy Isuzu Frontier met sy hond, Salem, wat heelpad saamry (het ym baie na my eie hond laat verlang - maar my hond wil net te graag op my skoot sit terwyl ek bestuur, so ek sal hom nooit so kan saamvat nie!
Image

Hy vat so twee probeerslae - difflock en al om daar deur te kom. Net voor hom het die man emt die Hardbody gegaan en hy het lag-lag deurgekom - met difflocks...
Toe kom my beurt. Ek het my strategie goed beplan - hou hom op so 2000 revs en maak seker ek verloor nie momentum nie. Andre het my van bo af laat weet dat as ek sukkel kan ons 'n sandsak of twee ingooi vir ekstra vastrap op die agterwiele.
Image

Soos ek die eerste stukkie aanvat gryp Thys, die pel heir langs my, die vashou bar hier op Lobo se dashboard so styf vas sy kneukels staan wit uit. Jy ry reguit en dan is daar 'n draaitjie na links en 'n draai na regs onmiddelik daarna tussen twee groterige klippe deur wat vir jou forseer omd eru die asknoper te gaan. En dis sanderig. Ek en Lobo kom daar aan, draai links en hou momentum, draai regs en net so toe Lobo wou begin om vas te sit gryp die voorwiele vas en trek on deur... Ek juig en ons hou aan met die laaste stuk tot bo met almal wat al deur is wat vir ons staan en cheer. En almal is vreeslik verbaas dat Lobo dit so maklik gedoen het...
Image
Bo staan ons en kyk hoe die res dit klaarmaak en vat die pad huistoe... Lobo het so paar kloppies van my af op sy dashboard gekry op pad huistoe - hy't my regtig trots gemaak!
Almal wat daar deur is glo dit is 'n graad 5 roete - ek dink weer dis hoogstens 'n graad 4 maar jy gaan dit nie met 'n Kia Sportage of adner softroader kan maak nie. 'n Difflock sal help, maar as jy die regte lyn en genoeg momentum behou, sal jy nie sukkel nie - dit is net die los grond wat jou rondneuk, maar as jou bande pap genoeg is, kan jy dit ook oorkom.

En dis wat ek en Lobo die naweek gemaak het!

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 06 Feb 2012 09:58
by Peter Connan
:woo: :thumbup:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 06 Feb 2012 11:00
by Herrie
Baie mooi :thumbup:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 06 Feb 2012 12:52
by Tinus lotz
gaan groot gerrie!!!!! :thumbup: :thumbup: :thumbup: :thumbup:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 06 Feb 2012 16:11
by Kagiso II
bring trug my kar en kom vat jou Camry :sad: :sad: :sad: :sad:
Mooi man Gerrie man - en Lobo LAAIK daai klop oppie dash - baie ... en ek sien daai Toyota omgooi taaijirs op hom verras nog steeds een almal [M/T is OVERRATED ... :surprised: :oldtimer:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 06 Feb 2012 16:34
by Gerrie
Nee oompie, daai is nuwer Toyota-omgooi tires wat ek by 'n vriend hier in die Kaap opgetel het - die wat was het net TE dun begin lyk na my sin... Ek wag nog vir 'n stel AT's wat ek iewers kan optel...

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 06 Feb 2012 16:59
by Kagiso II
O.....
bai-de-wy - Waar is Lobo se uitpeuloog flikkerliggies ?? [die moere her het my gedwing om dit op te sit anners wou hulle hom nie roadworthy nie -- kwansuis as jy HOE buk of staan is di eei eflikker nie sigbaar nie ./

HET jy al daai diff skoongemaak van die non l/s olie wat Autobox daar ingeneek het???? :redface: :surprised: