Page 16 of 33
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 05 Dec 2011 15:51
by Gerrie
Dit tickle my ook waar daai yster heen is... miskien moet ek maar tog dit opvang en hom ordentlik uitspuit... kan nie skade doen nie, ne?
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 05 Dec 2011 16:10
by Kagiso II
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 19 Jan 2012 16:05
by Gerrie
So toe ek nou die naweek bietjie saam met 'n klomp Hiluxe naby Vredendal gaan roete ry het, het Lobo besluit dis tyd om die nuwe waterpomp te laat cease. Het my die horries in gehad, maar ek reken dit was seker maar net 'n dud part of iets dergeliks... Kan nie aan 'n ander rede dink nie. Maar in elk geval, die punt van my storie is dat ek die nuwe waterpomp hopelik vervang sal kry, en dan sal ek vanaand bietjie TLC gebruik om hom weer mooi te maak werk.
Maar soos julle kan onthou het ek die waterpomp vir R130 gekoop in November laas jaar... Ek bel toe nou vanoggend vir Nissan in Parow om te hoor wat sal hulle my vra vir 'n genuine Nissan waterpomp. Die antwoord het my amper laat vergryp aan rooi koeldrank en slegte vrouens!

R1280 sonder VAT!! Is hulle bejimpels of is dit maar wat Nissan-parte kos?!
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 19 Jan 2012 16:09
by Gerrie
O ja, maar om sommer nou te vertel van die naweek se speel ook. Dis 'n lekker roete met ietsie van alles (bygesê die oom moes water in die een gat inpomp (Paddagat) sodat osn darem bietjie modder ook kan hê (dit was Sondag dan 43 grade toe ek staan en die tweeehandse waterpomp wat die oom iewers gekry het opsit!).
Die modder was die enigste plek waar Lobo nie hond haaraf gemaak het nie - maar met die slicks wat hy vir bande ophet voel ek darem nie hy het skande gemaak nie!
Waar hy wel naam gemaak eht was op die sand. Groot duine waar die oom met se Cruiser en al die Hiluxe gesukkel het om oor te kom het Lobo kafgedraf! Tjoef tjaf! Daar is selfs 'n klein rally-baan waar hulle jou tyd vat as jy hom ry (Lobo het gewen) en ook 'n drag race op 'n reguit stuk van seker so 500m het Lobo ook los onder daai Hiluxe uitgejaag! Het my sommer trots gelaat! Tot die waterpomp besluit eht dis tyd om te groet! Ai! Maar nou ja... dit gebeur ook maar!
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 19 Jan 2012 16:17
by Tinus lotz
Masterpart in die slaapstad ek dink die man se naam is dean piet het n regte nissan een by hulle gekry vir ek dink dit was R450 :eureka Gerrie normaal weg is daar pirate spares en pirate
So probeer maar kyk om die beter meer bekende make te koop bv vir pistons KS ens
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 20 Jan 2012 14:28
by Gerrie
Ja, so het ek nou my les geleer met pirate spares - ek dog toe nogal hoeka die ou by die plek waar ek dit gekoop het sou verstaan dis vir 'n enjin wat hard werk en dat hy nei vir my die goedkoopste ding gaan probeer verkwansel nie! Maar nou ja, so het hy en so het ek gedink dis maar wat dit kos. so leer mens...

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 25 Jan 2012 12:10
by Stefan
Tinus is reg Gerrie, bel vir Dean by Masterparts
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 25 Jan 2012 12:27
by Gerrie
Ek het nou die pomp omgeruil vir 'n nuwe een en gefit - vir tyd en wyl - Oom Mac stuur vir my 'n spare af wat hy destyds vir Lobo gekoop het - sodra die ander pomp weer gees gee sit ek die ander een op - of ek sit hom op sodra ek hom kry, het nog nie besluit nie...

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 25 Jan 2012 12:35
by Peter Connan
Hou hom op tot hy marakas maak.
Murphy se as jy 'n spaar pomp saamry, hou daai een ver ewig

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 25 Jan 2012 12:37
by Gerrie
Miskien meot ek sommer net 'n hele spaar enjin agter in gooi (daar is mos baie plek!) dan sal ek nie probleme he nie!!

Hoekom het niemand al ooit daaraan gedink nie!!