Die avonture van Gerrie en Lobo

Showcase your baby
User avatar
Kagiso II
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3461
Joined: 10 Jun 2009 16:58
Full Name: Mac Mc Menamin
Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
Home Town: BrentwoodPark, Benoni
Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe]
Home Language: AFRIKAANS
Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
Has thanked: 299 times
Been thanked: 160 times
Contact:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Kagiso II »

Hmmmm - hy lyk meer na 'n elsysjin asse Wolf [jy weet, daai vriendelike poelieste honne?]
wat van so -iets? jy kan met die "lettering" rondspeel.??
LOBO LOGO 1.JPG
LOBO LOGO 1.JPG (52.18 KiB) Viewed 1593 times
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

Julle het gedink ek is weg, ne?
Wel die naweek het ek weer 'n bietjie tyd gehad en my plan was om te begin om die roes op Lobo te behandel. Maar toe het toeval vir my ander planne...
Toe ek Vrydag-oggend met Lobo werk toe ry, kom ek agter die temperatuur hardloop 'n bietjie hoog.
Ek hou toe maar 'n ogie daaroor - want ek sit in die verkeer en ek reken dit kan ook 'n invloed hê. Die aand toe ek terug ry in geen verkeer - toe word hy weer warm. As ek nou sê warm bedoel ek die naald is tussen drie-kwart en kook - hy kom darem nog nie by die eerste strepie voor hy heel-bo aankom nie - as julle verstaan wat ek bedoel.
Saterdag-oggend begin ek toe nou maar sistematies. Die thermostat is uitgehaal en dit lyk asof hy op sy einde was - hy sluit nie eers heeltemal nie, so ek reken hy kom dalk 'n bydraende faktor gewees het. Ek het die reservoir weer vol water gemaak, die thermostat-housing ordentlik toegemaak en die enjin geswaai. Hy word nog steeds vinniger warmer as gewoonlik - maar hy word nie meer SO warm nie - so volgende op my lys is om te kyk of die waterpomp nog werk - daar is 'n effense snaakse geluid daar voor by sy bek as hy luier (idle vir julle wat nie Afrikaans verstaan nie).
So as dit die waterpomp is, hoeveel moeite gaan dit vir my wees om te vervang? En wat is die belangrike goed wat ek ingedagte moet hou? :helpsign:

Ek het deesdae so vuil spesmaas dat daai keer toe die crankshaft pulley heel aan die begin afgeklim het, het hy so bietjie skade gemaak voor in Lobo se bek... So ek moet maar net 'n hand daar hou en enige probleme uitsorteer soos hulle opduik...
Dan het ek darem 'n ekstra boksie gemaak vir bo-op die radio.Daar was 'n bracket vir 'n tweerigting radio, maar sodra ek een van hulle kry, sal ek 'n roof console insit. Die boksie wat ek gemaak het is om ekstra goed wat gewoonlik op die sitplek rondle te bere - my huissleutels, beursie, banddrukmeter, en as ek toer sal my kamera ook daar inpas. Die paneelkissie (cubbyhole) is vol met die EFI se computerboks, so dit skakel die gebruik daarvan uit.

Op 'n ligter noot - Lobo is darem uiteindelik ook verseker - Dial Direct het vir my 'n kwotasie gegee - en toe OutSurance hoor wat hulle vra - toe raak hulle sommer opgewonde en gooi vir my baie ekstra's by. So nou bly ek maar by Outsurance...
User avatar
Kagiso II
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3461
Joined: 10 Jun 2009 16:58
Full Name: Mac Mc Menamin
Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
Home Town: BrentwoodPark, Benoni
Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe]
Home Language: AFRIKAANS
Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
Has thanked: 299 times
Been thanked: 160 times
Contact:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Kagiso II »

dassyy - Bly by OUTsurence.. Lobo was alli tyd by my ook maar OUT surence gedekt.

Dalk moet jy Lobo se 'viscous' waaier oook bikki bekyk ??? - hy is so oud soos wat hy in die Nissan geleder loop al.
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6138
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1124 times
Been thanked: 1038 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Peter Connan »

Hello Gerrie

as die termostaat nie ordentlik toegemaak het nie, dan sal die kar langer vat om sy werkende temperatuur te bereik. Onthou dat terwyl die termostaat toe is, sirkuleer die water net binne-in die enjin rond en gaan nie radiator toe om afgekoel te word nie, en die temperatuur word in die enjin gemeet, nie in die radiator nie. Dit is 'n goeie ding, want die enjin werk op sy beste teen sy normale temperatuur, en hou ook langste so.

Die waterpomp sal nie maklik sommer gou-gou ophou werk nie, as dit die waterpomp is sal die temperatuur geleidelik oor 'n periode van maande hoer raak. Hy kan egter skielik beginne lek.

Ek wil voorstel dat jy begin deur die stelsel te flush om die radiator mooi skoon te kry, as dit nie werk nie is dit dalk die moeite werd om die kar na Silverton toe te vat, die een daar by julle is blykbaar redelik goed.

Ek sou egter dink dat as die situasie skielik agteruitgegaan het, is dit waarskynlik die viscous coupling?
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

Nadat ek die termostaat uitgehaal het - lyk dit asof hy nou nie meer so warm word nie - maar hy werk nou sonder 'n termostaat - wil more 'n nuwe een insit - maar intussen trek ek ook nog - so dit hang alles af van hoe vinnig ek klaar getrek kry!
het ook gedink om die radiator te flush... radiator flush? Wat werk, wat werk nie?
Die rede hoekom ek die waterpomp suspect is omdat dit klink of daar 'n bearing daar voor is wat bietjie raas soos die enjin draai... Oom Mac, was dit altyd so of is dit 'n nuwe ding? Ek kan nie onthou of hy altyd so geklink het of nie... :doh:
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6138
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1124 times
Been thanked: 1038 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Peter Connan »

As jy sonder 'n termostaat ry vir lang tyd, kan die waterpomp cavitate, so maak dit maar 'n prioriteit.

Jy kan 'n lang sroewedraaier soos 'n stetoskoop gebruik om die aard van die geraas op te spoor, dit kan dalk makliker die alternator wees. Hou die handvatsel teen jou oor, nie die skerp punt nie.

Terwyl die termostaat uit is, haal die radiator pype af en pomp water deur beide die enjin en die verkoeler met 'n tuinslang. Daarna kan jy flush gebruik. Ek dink hulle is maar omtrent dieselfde.
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

Een lekker ding van Lobo is dat hulle het hom gebou voor die Japannese se handjie begin klein word het - groot boere hande kan die radiator baie maklik uithaal (vier boute en die fan cover en hy lig uit - maklik soos dit!) Nuwer karre is mos gebou sodat net Japannese met klein handjies daaraan kan werk - sal mor e'n termostaat gaan kry en sommer die radiator flush - kyk of dit werk...
User avatar
Tinus lotz
Moderator
Posts: 7590
Joined: 29 Aug 2010 13:07
Full Name: Tinus lotz
Nickname: Tinus lotz
Home Town: Centurion
Current 4x4: Nissan patrol 4.8 GRX 2005

Toyota 2.7 legend 35 LWB 4X4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 802 times
Been thanked: 562 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Tinus lotz »

gerrie check die viskus!!! :oldtimer:
User avatar
Kagiso II
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3461
Joined: 10 Jun 2009 16:58
Full Name: Mac Mc Menamin
Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
Home Town: BrentwoodPark, Benoni
Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe]
Home Language: AFRIKAANS
Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
Has thanked: 299 times
Been thanked: 160 times
Contact:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Kagiso II »

Daai radiator is Aug laasjaar [2010] ge-flush [ek het van daai Rad flusg gutters by Midas gekoop en ingegooi, paar dae en so 100km verder dit by Jacques gehad en AL die ou water uitgedrein en nuwes gegooi tot dit blink uitkom, toe alles laat uiloop, die pyp teruggesit en vasgedraai, toe CASTROL anti-vries ingegooi en vedun met 50% water..

Daai enjin het spookstil geloop as hy staan en luier Gerrie - [was altyd een van my "BRAG" punte op Lobo, as ek sy Germiston-stok ingesit het en laat di emanne luister hoe hy fluister ..
O-ja, ek het jou 'starter' ]LOBO se starter opgespoor, en die spaar alternator en die spaarwiel draer lê ook nou inni graats [as jy hoor vanne "lift" Kaap toe]

EN SAL JAY DAREM WAT WIL GEE AS LOBO SO KON STREK !???????????
IMG_0089.JPG
IMG_0089.JPG (370.91 KiB) Viewed 1569 times
IMG_0088.JPG
IMG_0088.JPG (373.03 KiB) Viewed 1569 times
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6138
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1124 times
Been thanked: 1038 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Peter Connan »

Gerrie, net 'n woordjie van raad, 'n les wat ek al self menigmaal gemaak het en steeds maak:

Moenie komponente vervang net omdat hulle oud is en dalk moeilikheid kan gee nie.

Probeer altyd om eerste die probleem te identifiseer, eerder as om met 'n proses van eliminasie alles te vervang wat dalk die fout kan wees.
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
Post Reply

Return to “08a. Your Patrol”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest