Page 13 of 33
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 08 Nov 2011 12:52
by Peter Connan
In my bietjie ondervinding, hoe meer roas daar is hoe beter werk die goed.
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 08 Nov 2011 13:05
by Gerrie
dan moet ek maar vir my emmers en emmers vol daarvan kry... sal volgende naweek begin om vir Lobo af te skuur en alles af te haal wat moet afkom...
Daai twee stukke flat bar wat op die dak vasgebout is, maak my nervous - dis die ideale plek vir roes om te broei... Die ou wat vir oom Mac 'n dakrak moes bou, het verkeerd verstaan en die flatbars wat in die gutters moes ingaan sommer so plat op die dak vasgebout...
Dit moet eerste afkom, en dan moet ek die gutters ook regruk - ordentlik skoonmaak, afskuur en behandel met die roes-goed... maar omdat ek nou in die fraaie Kaap bly, sal ek dit seker ook maar gereeld moet doen... gelukkig ry ek nie sommer naby die see nie...
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 08 Nov 2011 15:37
by Stefan
Gerrie, die ander ding wat ook lekkker vir roes werk is 'n angle grinder.

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 08 Nov 2011 15:59
by Gerrie
Hahaha! Maar as ek hom grind gaand aar omtrent niks van die deure oorbly nie... dis roes wat seker al naby aan 30 jaar oud is... DIT SIT DIEP!!

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 08 Nov 2011 17:35
by Kagiso II
nee wat ou gerrie - jy het 'n kat inni sak gekruil... gaan kletter daai outoppi teenie kop en vat jou Kanry trug en los hom met sy hoop roes .. of verkoop die ou ding en kyk uit vir 'n roesvrye 'uit die vrystaat' 4x4 [soos 'n jeep of landrower .. of so iets]
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 08 Nov 2011 20:44
by Gerrie
Kagiso II wrote:nee wat ou gerrie - jy het 'n kat inni sak gekruil... gaan kletter daai outoppi teenie kop en vat jou Kanry trug en los hom met sy hoop roes .. of verkoop die ou ding en kyk uit vir 'n roesvrye 'uit die vrystaat' 4x4 [soos 'n jeep of landrower .. of so iets]
Nooit gesien nie!! Dis die beste ruil wat ek nog gemaak het!! Die uiteinde van alles gaan wees dat ek dit met my eie hande gaan regmaak tot hy lyk soos die dag toe hy uit die Datsun-fabriek gerol het!

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 09 Nov 2011 00:25
by Kagiso II
Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 09 Nov 2011 15:07
by Gerrie
Kagiso II wrote:]oepsss - ek het gedog dis JUIS Lobo se snorkel .. dubbelde tjek net eers met Pieter..
Monie 90 grade hoeke op die lugvloei maak nie - maak eerder die pyp een boog .. andres "starve" jy net weer die ou van vooraf ,met asem [die lug "bots" teen mekaar daar by die elmboë]
En hier is vir LOBO 'n Logo [net agter die voorwiel, op elke fender ...
lobooo.jpg
Wat van hierdie een?

Eks net bang Amarok-eienaars sê vir my ook: "Welcome to the Wolfpack"

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 09 Nov 2011 15:47
by Peter Connan
Gerrie se net vir hulle hulle moet eintlik mooi kom vra by jou of hulle by die wolf pack kan aansluit, aangesien LOBO laaaaank voor hulle al die veld platry

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo
Posted: 09 Nov 2011 15:52
by Gerrie
Wel jy weet mos, 'n wolfpack het 'n leader... en hy loop voor om die pad te wys... so ek sal maar net vir hulle sê: "Val agter my in..."
