Page 13 of 15

Re: Patrol 60th - Melkbos 4x4 - 24 Sept 2011

Posted: 26 Sep 2011 10:47
by Kagiso II
eisjjjj - my harkjie sommer seer oor Lobo jou loop stane drop - ek skryf daai 'mishap' toe aan Menlyn Brake & clutch wat halwe werk gedoen het toe hulle die hubs opgesit het -
Gerrie - Oompie sal vir jou nuwe stel koop en pos - jy moet net SGM vir my weer die splines tel op daai dryf-as [en DINK dis 31 .. maar maak baie seker, laat weet my SGM, ]
ek voel dis skade vir my sak daai - maak net verdomp demmit goed seker die nuwe stel is DEEGLIK vas en ge-"torque".

Re: Patrol 60th - Melkbos 4x4 - 24 Sept 2011

Posted: 26 Sep 2011 10:58
by Gerrie
Ai oompie, dis nie oom se skuld nie. ek sal eers kyk of ek hier kan regkom, dan laat weet ek oom. Ek kom die naweek op vir 'n troue (met die vliegtuig) so ek bring sommer oom se kamera vir oom. Wanneer ry oom Richtersveld toe?

Re: Patrol 60th - Melkbos 4x4 - 24 Sept 2011

Posted: 26 Sep 2011 11:03
by Kagiso II
Richtersveld is PAK EN LAAI - = Vrydag 30e; vertrek R/veldt toe: Satrag oggend vroeeeeeeeeeggg.. - so jy gaan my nie sien nie [ maar asskik kan reel dat jy dan sommer self di ehubs optel in Jhb - dan issit mos ewe maklik. - stuur mar die kemra saam met Johann Lemmer [sien i-muil oppad na jou vir kontak beezondergeite.
TEL NET DAAI SPLINES ...

Re: Patrol 60th - Melkbos 4x4 - 24 Sept 2011

Posted: 26 Sep 2011 11:24
by Gerrie
Ek sal dit vanaand gaan tel en vir oom laat weet... Fanks oompie!

Re: Patrol 60th - Melkbos 4x4 - 24 Sept 2011

Posted: 26 Sep 2011 13:49
by Stefan
Pieter du Toit:
Image

Re: Patrol 60th - Melkbos 4x4 - 24 Sept 2011

Posted: 26 Sep 2011 14:56
by jan.dup
Nog 'n paar,
Patrol 60 (5).jpg
Patrol 60 (5).jpg (134.76 KiB) Viewed 2426 times
Patrol 60 (4).jpg
Patrol 60 (4).jpg (125 KiB) Viewed 2426 times
Patrol 60 (3).jpg
Patrol 60 (3).jpg (80.32 KiB) Viewed 2426 times
Patrol 60 (2).jpg
Patrol 60 (2).jpg (108.84 KiB) Viewed 2426 times
Patrol 60 (1).jpg
Patrol 60 (1).jpg (98.39 KiB) Viewed 2426 times

Re: Patrol 60th - Melkbos 4x4 - 24 Sept 2011

Posted: 26 Sep 2011 15:26
by Stefan
Lekker!

Jannie, wil jy al jou fotos van die dag op 'n CD vir my stuur nie, asb?

Re: Patrol 60th - Melkbos 4x4 - 24 Sept 2011

Posted: 26 Sep 2011 16:25
by jan.dup
Stefan, Het nie veel meer as die nie maar sal sorg dat wat ek het by jou uitkom.

Re: Patrol 60th - Melkbos 4x4 - 24 Sept 2011

Posted: 26 Sep 2011 19:32
by DirkD
Naand Kagiso, dit is die SWAMBO van DirkD (pampoen). Hy het nie nodige fasiliteite omself comment nie.

Ons vertrek ook vir die Richtersveld op 30 September (saam met Kraamsaal), sal uitkyk vir julle.

Ek het ook 'n probleem met die voorste hubs en moes noodgedwonge omtrent die hele 3 Provinsies in 2x4 ry. Daar is 'n klapgeluid regs voor sodra daardie wiel moet "tracktion" dra (slegs as hubs gelock is). Ek vermoed dit is omdat die hub locks nie diep genoeg indraai nie. Is my vermoede reg en kan ek dit self regmaak of moet ek maar laat oorstaan tot na Richtersveld? Help asseblief!

Re: Patrol 60th - Melkbos 4x4 - 24 Sept 2011

Posted: 26 Sep 2011 21:04
by Jules
Ek het ook op n stadium so n klap geluid as ek my lorrie se hubs gelock het, die oorsaak was dat een van die vorige werkswinkels waar ek die linker wheelbearing vervang het het die een cone verkeerd omgesit toe hul die re-assembly doen en sodoende kon die hub nie behoorlik lock nie, hy sou elke nou en dan uitglip.

Shalom
jULES